Esegiël 28:1-26

28  En die woord van Jehovah het verder tot my gekom en gesê:  “Mensekind, sê vir die leier van Tirus: ‘Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “‘“Omdat jou hart hoogmoedig geword het+ en jy bly sê: ‘Ek is ’n god.+ Op die sitplek van god het ek gaan sit,+ in die hart van die oop see’,+ terwyl jy ’n mens is+ en nie ’n god nie,+ en jy jou hart soos die hart van god bly maak—  kyk! jy is wyser as Daniël.+ Geen geheime was vir jou te duister nie.+  Deur jou wysheid en deur jou onderskeidingsvermoë het jy vir jou rykdom verwerf, en jy bly goud en silwer in jou skatkamers kry.+  Deur die oorvloed van jou wysheid,+ deur jou handelsware,+ het jy jou rykdom oorvloedig gemaak,+ en jou hart het hoogmoedig geword weens jou rykdom.”’+  “‘Daarom, só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “Omdat jy jou hart soos die hart van god maak,+  daarom, kyk, ek bring vreemdelinge oor jou,+ die tiranne van die nasies,+ en hulle sal beslis hulle swaarde teen die prag van jou wysheid trek en jou stralende prag ontheilig.+  In die kuil sal hulle jou laat afdaal,+ en jy sal die dood sterf van iemand wat in die hart van die oop see omgebring is.+  Sal jy vir seker voor die een wat jou doodmaak,+ sê: ‘Ek is god’, terwyl jy bloot ’n mens is in die hand van dié wat jou ontheilig, en nie ’n god nie?”’+ 10  “‘Jy sal die dood van onbesnedenes sterf deur die hand van vreemdelinge,+ want ek het gespreek’, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah.” 11  En die woord van Jehovah het verder tot my gekom en gesê: 12  “Mensekind, hef ’n klaaglied oor die koning van Tirus aan,+ en jy moet vir hom sê: ‘Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “‘“Jy verseël ’n voorbeeld, vol wysheid+ en volmaak in skoonheid.+ 13  In Eden, die tuin van God, was jy.+ Allerhande edelstene was jou bedekking: robyn, topaas en jaspis; chrisoliet, oniks+ en niersteen; saffier, turkoois+ en smarag; en van goud was die werk van jou monterings en jou kassies in jou. Die dag toe jy geskep is, is hulle gereedgemaak. 14  Jy is die gesalfde gerub wat beskut, en ek het jou aangestel. Op die heilige berg van God was jy.+ Tussen vurige stene het jy rondgewandel. 15  Jy was onberispelik in jou weë van die dag af dat jy geskep is+ totdat onregverdigheid in jou gevind is.+ 16  “‘“Weens die oorvloed van jou handelsware+ het hulle jou binneste met geweld gevul, en jy het begin sondig.+ En ek sal jou as onheilig van die berg van God verdryf, en ek sal jou tussen die vurige stene uit vernietig,+ o gerub wat beskut. 17  “‘“Jou hart het hoogmoedig geword weens jou skoonheid.+ Jy het jou wysheid verderf weens jou stralende prag.+ Op die grond sal ek jou werp.+ Voor konings sal ek jou stel, sodat hulle op jou kan neersien.+ 18  “‘“As gevolg van die oorvloed van jou oortredings,+ weens die onreg met betrekking tot jou handelsware,+ het jy jou heiligdomme ontheilig. En ek sal ’n vuur uit jou laat uitgaan. Dit sal jou verteer.+ En ek sal jou as op die aarde maak voor die oë van almal wat jou sien.+ 19  Wat almal onder die volke betref wat jou ken, hulle sal jou beslis verbaas aanstaar.+ Skielike verskrikkinge sal jy word, en tot onbepaalde tyd sal jy daar nie meer wees nie.”’”+ 20  En die woord van Jehovah het verder tot my gekom en gesê: 21  “Mensekind, keer jou gesig na Sidon,+ en profeteer teen hom. 22  En jy moet sê: ‘Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “Kyk, ek is teen jou,+ o Sidon, en ek sal beslis in jou midde verheerlik word;+ en mense sal moet weet dat ek Jehovah is wanneer ek strafgerigte in hom voltrek+ en deur middel van hom geheilig word.+ 23  En ek sal pes in hom stuur en bloed in sy strate.+ En die een wat omgebring word, sal in hom val deur die swaard wat van alle kante teen hom is;+ en mense sal moet weet dat ek Jehovah is.+ 24  En daar sal nie meer vir die huis van Israel ’n boosaardige stekel+ of ’n pynlike doring wees onder almal rondom hulle nie, dié wat hulle met minagting behandel; en mense sal moet weet dat ek die Soewereine Heer Jehovah is.”’ 25  “‘Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “Wanneer ek die huis van Israel bymekaarmaak uit die volke waaronder hulle verstrooi is,+ dan sal ek onder hulle geheilig word in die oë van die nasies.+ En hulle sal beslis in hulle land woon+ wat ek aan my kneg Jakob gegee het.+ 26  En hulle sal in veiligheid daarin woon+ en huise bou+ en wingerde plant,+ en hulle sal in veiligheid woon+ wanneer ek strafgerigte voltrek aan almal rondom hulle wat hulle met minagting behandel;+ en hulle sal moet weet dat ek Jehovah hulle God is.”’”

Voetnote