Esegiël 29:1-21

29  In die tiende jaar, in die tiende maand, op die twaalfde dag van die maand, het die woord van Jehovah tot my gekom en gesê:  “Mensekind, rig jou aangesig teen Farao, die koning van Egipte,+ en profeteer teen hom en teen die hele Egipte.+  Praat, en jy moet sê: ‘Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “Kyk, ek is teen jou, o Farao, koning van Egipte,+ die groot seemonster+ wat in sy Nylkanale uitgestrek lê,+ wat gesê het: ‘My Nylrivier behoort aan my, en ek—ek het dit vir my gemaak.’+  En ek sal hake in jou kakebene sit+ en die visse van jou Nylkanale aan jou skubbe laat kleef. En ek sal jou uit jou Nylkanale optrek, saam met al die visse van jou Nylkanale wat aan jou skubbe kleef.  En ek sal jou aan die wildernis oorlaat, jou en al die visse van jou Nylkanale.+ Op die oppervlak van die veld sal jy val.+ Jy sal nie bymekaargemaak of versamel word nie. Aan die wilde diere van die aarde en aan die voëls van die hemel sal ek jou as voedsel gee.+  En al die inwoners van Egipte sal moet weet dat ek Jehovah is,+ omdat hulle, as steun, ’n riet vir die huis van Israel was.+  Toe hulle jou met die hand gegryp het, het jy geknak,+ en jy het ’n skeur in hulle hele skouer veroorsaak. En toe hulle op jou geleun het, het jy gebreek,+ en jy het al hulle heupe laat wankel.”+  “‘Daarom, só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “Kyk, ek bring ’n swaard oor jou,+ en ek sal mens en mak dier uit jou uitroei.+  En Egipteland sal ’n verlate woesteny en ’n verwoeste plek word;+ en hulle sal moet weet dat ek Jehovah is, omdat hy gesê het: ‘Aan my behoort die Nylrivier, en ek het dit gemaak.’+ 10  Daarom, kyk, ek is teen jou en teen jou Nylkanale,+ en ek sal Egipteland verwoeste plekke, dorheid, ’n verlate woesteny maak,+ van Migdol+ af tot by Siëne+ en tot by die grens van Etiopië. 11  Die voet van geen mens sal daar deurgaan nie,+ en ook sal die poot van geen mak dier daar deurgaan nie,+ en dit sal veertig jaar lank nie bewoon word nie.+ 12  En ek sal Egipteland ’n verlate woesteny tussen verwoeste lande maak;+ en sy stede sal ’n verlate woesteny tussen verwoeste stede word, veertig jaar lank;+ en ek sal die Egiptenaars onder die nasies verstrooi en hulle in die lande versprei.”+ 13  “‘Want só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “Na verloop van veertig jaar+ sal ek die Egiptenaars bymekaarmaak uit die volke waaronder hulle verstrooi is,+ 14  en ek sal die groep gevange Egiptenaars terugbring; en ek sal hulle terugbring na die land Patros,+ na die land van hulle herkoms, en daar sal hulle ’n geringe koninkryk word. 15  Dit sal geringer as die ander koninkryke word en hom nie meer oor die ander nasies verhef nie,+ en ek sal hulle so min maak dat hulle die ander nasies nie in onderworpenheid kan hou nie.+ 16  En dit sal nie meer die huis van Israel se vertroue wees,+ wat oortreding in herinnering bring deurdat hulle omdraai agter hulle aan nie.+ En hulle sal moet weet dat ek die Soewereine Heer Jehovah is.”’” 17  En in die sewe-en-twintigste jaar, in die eerste maand, op die eerste dag van die maand, het die woord van Jehovah tot my gekom en gesê: 18  “Mensekind, Nebukadreʹsar,+ die koning van Babilon, het sy krygsmag ’n groot diens teen Tirus laat verrig.+ Elke kop is kaal gemaak en elke skouer is deurgeskaaf.+ Maar wat loon+ betref, was daar vir hom en sy krygsmag niks uit Tirus vir die diens wat hy teen hom verrig het nie. 19  “Daarom, só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Kyk, ek gee Egipteland aan Nebukadreʹsar, die koning van Babilon,+ en hy sal die rykdom daarvan wegdra en ’n groot buit daaruit neem+ en dit grootliks plunder; en dit sal die loon vir sy krygsmag word.’ 20  “‘As sy vergoeding vir die diens wat hy daarteen verrig het, het ek hom Egipteland gegee, omdat hulle vir my opgetree het’,+ is die woord van die Soewereine Heer Jehovah. 21  “In dié dag sal ek ’n horing vir die huis van Israel laat uitspruit,+ en aan jou sal ek die geleentheid gee om die mond in hulle midde oop te maak;+ en hulle sal moet weet dat ek Jehovah is.”

Voetnote