Esegiël 3:1-27

3  En hy het vir my gesê: “Mensekind, eet wat jy vind. Eet hierdie rol+ en gaan, praat met die huis van Israel.”  Toe het ek my mond oopgemaak, en hy het my geleidelik dié rol laat eet.+  En hy het vir my gesê: “Mensekind, jy moet jou maag laat eet, sodat jy jou ingewande kan vul met hierdie rol wat ek jou gee.” En ek het dit begin eet, en dit was in my mond so soet soos heuning.+  En hy het verder vir my gesê: “Mensekind, kom, gaan onder die huis+ van Israel in, en jy moet hulle met my woorde aanspreek.  Want jy word nie gestuur na ’n volk met ’n onverstaanbare taal+ of wat swaar van tong is+ nie, maar na die huis van Israel,  nie na baie volke met ’n onverstaanbare taal of wat swaar van tong is nie, wie se woorde jy nie met begrip kan hoor nie.+ As ek jou na hulle toe gestuur het, sou hulle na jou geluister het.+  Maar wat die huis van Israel betref, hulle sal nie na jou wil luister nie, want hulle wil nie na my luister nie;+ omdat die hele huis van Israel hardkoppig en hard van hart is.+  Kyk! Ek het jou aangesig net so hard soos hulle aangesig gemaak+ en jou voorkop net so hard soos hulle voorkop.+  Soos ’n diamant, harder as vuurklip,+ het ek jou voorkop gemaak. Jy moenie vir hulle bang wees nie,+ en jy moenie met verskrikking vervul word weens hulle aangesig nie,+ want hulle is ’n opstandige huis.”+ 10  En hy het vir my gesê: “Mensekind, al my woorde wat ek tot jou sal spreek, moet jy in jou hart opneem+ en met jou ore hoor. 11  En kom, gaan onder die ballinge,+ onder die kinders van jou volk in, en jy moet met hulle praat en vir hulle sê: ‘Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê’, ongeag of hulle hoor of dit nalaat.”+ 12  En ’n gees het my meegevoer,+ en ek het agter my die geluid van ’n groot geruis+ begin hoor: “Mag die heerlikheid van Jehovah vanuit sy plek geloof word.”+ 13  En daar was die geluid van die vlerke van die lewende wesens wat aan mekaar geraak het,+ en die geluid van die wiele reg langs hulle,+ en die geluid van ’n groot geruis. 14  En die gees het my meegevoer+ en my weggeneem, sodat ek gegaan het, verbitterd in die woede van my gees, en die hand van Jehovah op my was sterk.+ 15  En ek het in Tel-Abib onder die ballinge ingegaan, wat by die Kebarrivier+ gewoon het,+ en ek het gaan woon waar hulle woon; en ek het sewe dae lank daar gebly, verstom in hulle midde.+ 16  En na verloop van sewe dae het die woord van Jehovah tot my gekom en gesê: 17  “Mensekind, ’n wag het ek jou vir die huis van Israel gemaak,+ en jy sal woorde uit my mond hoor en jy moet hulle namens my waarsku.+ 18  Wanneer ek vir ’n goddelose sê: ‘Jy sal sekerlik sterf’,+ en jy waarsku hom nie en praat nie om die goddelose teen sy goddelose weg te waarsku om hom in die lewe te hou nie,+ dan sal hy, omdat hy goddeloos is, in sy oortreding sterf,+ maar sy bloed sal ek van jou hand terugeis.+ 19  Maar as jy ’n goddelose gewaarsku het+ en hy hom nie van sy goddeloosheid en van sy goddelose weg afkeer nie, dan sal hy vir sy oortreding sterf;+ maar wat jou betref, jy sal jou siel verlos het.+ 20  En wanneer ’n regverdige hom van sy regverdigheid afkeer+ en onreg doen en ek ’n struikelblok voor hom moet sit,+ dan sal hy sterf omdat jy hom nie gewaarsku het nie. Vir sy sonde sal hy sterf,+ en aan sy regverdige dade wat hy gedoen het, sal nie gedink word nie,+ maar sy bloed sal ek van jou hand terugeis.+ 21  En wat jou betref, as jy ’n regverdige gewaarsku het dat die regverdige nie moet sondig nie,+ en hy sondig nie, dan sal hy vir seker bly lewe omdat hy gewaarsku is,+ en jy sal jou siel verlos het.”+ 22  En die hand van Jehovah het daar op my gekom, en hy het vir my gesê: “Staan op, gaan uit na die valleivlakte,+ en daar sal ek met jou praat.” 23  Toe het ek opgestaan en na die valleivlakte uitgegaan, en kyk! die heerlikheid van Jehovah het daar gestaan,+ soos die heerlikheid wat ek by die Kebarrivier gesien het,+ en ek het op my gesig geval.+ 24  Toe het gees in my gekom+ en my op my voete laat staan,+ en hy het met my begin praat en vir my gesê: “Kom, sluit jou toe in jou huis. 25  En jy, o mensekind, kyk! hulle sal beslis toue om jou sit en jou daarmee bind sodat jy nie onder hulle kan uitgaan nie.+ 26  En jou tong sal ek aan jou verhemelte laat kleef,+ en jy sal beslis stom word,+ en jy sal nie vir hulle ’n man word wat teregwysing gee nie,+ want hulle is ’n opstandige+ huis. 27  En wanneer ek met jou praat, sal ek jou mond open, en jy moet vir hulle sê:+ ‘Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê.’ Laat die een wat hoor, hoor,+ en laat die een wat dit nalaat, dit nalaat, want hulle is ’n opstandige huis.+

Voetnote