Esegiël 30:1-26

30  En die woord van Jehovah het verder tot my gekom en gesê:  “Mensekind, profeteer, en jy moet sê:+ ‘Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “WEEKLAAG: ‘Ag, die dag!’+  want ’n dag is naby, ja, ’n dag wat aan Jehovah behoort, is naby.+ ’n Dag van wolke,+ ’n vasgestelde tyd van die nasies sal dit wees.+  En ’n swaard sal beslis in Egipte kom,+ en daar sal hewige pyne in Etiopië wees wanneer die gesneuweldes in Egipte val en hulle sy rykdom neem en sy fondamente afgebreek word.+  Etiopië+ en Put+ en Lud en die hele gemengde geselskap+ en Kub en die kinders van die land van die verbond—saam met hulle sal hulle deur die swaard val.”’+  “Só het Jehovah gesê: ‘Die ondersteuners van Egipte sal ook val, en die trots van sy sterkte sal ondergaan.’+ “‘Van Migdol+ af tot by Siëne+ sal hulle daarin val deur die swaard’, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah.  ‘Hulle sal ook verwoes word tussen verwoeste lande, en sy stede sal tussen verwoeste stede wees.+  En hulle sal moet weet dat ek Jehovah is wanneer ek ’n vuur in Egipte bring en al sy helpers verbreek word.+  In dié dag sal boodskappers voor my uit gaan op die skepe, om die selfversekerde Etiopië te laat bewe.+ En daar sal hewige pyne onder hulle wees in die dag van Egipte, want kyk! dit sal kom.’+ 10  “Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Ek sal ook aan die menigte van Egipte ’n einde maak deur die hand van Nebukadreʹsar, die koning van Babilon.+ 11  Hy en sy volk saam met hom, die tiranne van die nasies,+ word ingebring om die land in puin te lê. En hulle sal hulle swaarde teen Egipte trek en die land met die gesneuweldes vul.+ 12  En ek sal die Nylkanale+ droë grond maak en die land in die hand van slegte mense verkoop,+ en ek sal die land en sy volheid deur die hand van vreemdelinge laat verwoes.+ Ek, Jehovah, het gespreek.’+ 13  “Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Ek sal ook die drekgode vernietig+ en die waardelose gode uit Nof+ laat verdwyn, en daar sal geen owerste meer uit Egipteland wees nie; en ek sal beslis vrees in Egipteland bring.+ 14  En ek sal Patros+ verwoes en ’n vuur in Soan+ bring en strafgerigte in No+ voltrek. 15  En ek sal my woede uitstort+ oor Sin, die vesting van Egipte, en die menigte van No+ uitroei. 16  En ek sal ’n vuur in Egipte bring. Sin sal vir seker ineenkrimp van pyn, en No sal vir inname oopgebreek word; en wat Nof betref—daar sal gedurende die dag teenstanders wees! 17  Wat die jong manne van On+ en Pibeʹset betref, deur die swaard sal hulle val, en die stede sal in gevangenskap gaan. 18  En in Tehafʹnehes+ sal die dag donker word wanneer ek daar die jukke van Egipte verbreek.+ En daarin sal ’n einde aan die trots van sy sterkte gemaak word.+ Wolke sal dit bedek,+ en sy afhanklike dorpe sal in gevangenskap gaan.+ 19  En ek sal strafgerigte in Egipte voltrek;+ en hulle sal moet weet dat ek Jehovah is.’” 20  En verder het die woord van Jehovah in die elfde jaar, in die eerste maand, op die sewende dag van die maand, tot my gekom en gesê: 21  “Mensekind, die arm van Farao, die koning van Egipte, sal ek beslis breek,+ en kyk! dit sal glad nie verbind word om dit gesond te laat word deur ’n verband aan te sit om dit te verbind,+ sodat dit sterk kan word om die swaard vas te hou nie.” 22  “Daarom, só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Kyk, ek is teen Farao, die koning van Egipte,+ en ek sal sy arms breek,+ die sterk een en die gebreekte een,+ en ek sal die swaard uit sy hand laat val.+ 23  En ek sal die Egiptenaars onder die nasies verstrooi en hulle in die lande versprei.+ 24  En ek sal die arms van die koning van Babilon versterk+ en my swaard in sy hand gee,+ en ek sal die arms van Farao breek, en soos ’n dodelik gewonde sal hy beslis baie voor hom kreun.+ 25  En ek sal die arms van die koning van Babilon versterk, en die arms van Farao sal val; en hulle sal moet weet dat ek Jehovah is wanneer ek my swaard in die hand van die koning van Babilon gee en hy dit teen Egipteland uitstrek.+ 26  En ek sal die Egiptenaars onder die nasies verstrooi+ en hulle in die lande versprei; en hulle sal moet weet dat ek Jehovah is.’”

Voetnote