Esegiël 31:1-18

31  En verder het die woord van Jehovah in die elfde jaar, in die derde maand, op die eerste dag van die maand, tot my gekom en gesê:  “Mensekind, sê vir Farao, die koning van Egipte, en vir sy menigte:+ “‘Soos wie het jy in jou grootheid geword?  Kyk! ’n Assiriër, ’n seder op die Liʹbanon,+ met mooi takke+ en digte blare wat skaduwee bied, en wat hoog gegroei het,+ sodat sy top tussen die wolke was.+  Waters het hom groot laat word;+ die waterdiepte het hom hoog laat groei. Dit het met sy strome rondom die plek gegaan waar hy geplant was; en dit het sy kanale na al die bome van die veld uitgestuur.  Daarom het hy hoër as al die ander bome van die veld gegroei.+ “‘En sy takke het al hoe meer geword, en sy sytakke het al hoe langer geword weens die baie water in sy waterlope.+  Op sy takke het al die voëls van die hemel nes gemaak,+ en onder sy sytakke het al die wilde diere van die veld geboorte gegee,+ en in sy skaduwee het al die groot nasies gewoon.  En hy het mooi geword in sy grootheid,+ in die lengte van sy blaarryke takke, want sy wortelstelsel was oor baie waters.  Ander seders was geensins sy gelyke in die tuin van God+ nie. Wat die jenewerbome betref, hulle het geen ooreenkoms getoon met sy takke nie. En die plataanbome het nie sytakke soos hy gehad nie. Geen ander boom in die tuin van God was soos hy wat sy skoonheid betref nie.+  Ek het hom mooi gemaak in die oorvloed van sy blare,+ en al die ander bome van Eden wat in die tuin van die ware God was, was voortdurend afgunstig op hom.’+ 10  “Daarom, só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Omdat jy hoog gegroei het, sodat hy sy top selfs tussen die wolke gesteek het+ en sy hart hom weens sy hoogte verhef het,+ 11  sal ek hom ook in die hand van die despoot van die nasies gee.+ Dié sal vir seker teen hom optree. Ooreenkomstig sy goddeloosheid sal ek hom verdryf.+ 12  En vreemdelinge, die tiranne van die nasies, sal hom afkap, en mense sal hom op die berge laat lê; en in al die valleie sal sy blare beslis val, en sy takke sal by al die stroombeddings van die aarde gebreek word.+ En al die volke van die aarde sal onder sy skaduwee uitkom en hom daar laat lê.+ 13  Op sy omgevalle stam sal al die voëls van die hemel woon, en op sy takke sal al die wilde diere van die veld beslis wees;+ 14  sodat nie een van die bome wat by water staan, hoog sal groei of sy top selfs tussen die wolke sal steek nie, en sodat nie een wat water drink, teen hulle sal opstaan in sy hoogheid nie, want hulle sal beslis almal aan die dood oorgegee word,+ aan die land daar onder,+ te midde van die mensekinders, aan dié wat na die kuil afdaal.’ 15  “Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Op die dag dat hy na Sjeool afdaal, sal ek beslis ’n getreur+ veroorsaak. Weens hom sal ek die waterdiepte bedek, sodat ek sy strome kan terughou en sodat die baie waters teëgehou kan word; en weens hom sal ek die Liʹbanon laat donker word, en weens hom sal al die bome van die veld flou val. 16  By die geluid van sy ondergang sal ek nasies beslis laat bewe wanneer ek hom na Sjeool laat afdaal saam met dié wat in die kuil afdaal,+ en in die land daar onder sal al die bome van Eden,+ die keurigstes en die bestes van die Liʹbanon, almal wat water drink, vertroos word.+ 17  Hulle het ook saam met hom na Sjeool afgedaal,+ na dié wat deur die swaard omgebring is en dié wat as sy saad onder die nasies in sy skaduwee gewoon het.’+ 18  “‘Soos wie het jy dan in heerlikheid+ en grootheid geword onder die bome van Eden?+ Maar jy sal beslis saam met die bome van Eden na die land daar onder afgebring word.+ Tussen die onbesnedenes sal jy gaan lê, saam met dié wat deur die swaard omgebring is. Dit is Farao en sy hele menigte’, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah.”

Voetnote