Esegiël 32:1-32

32  En verder het die woord van Jehovah in die twaalfde jaar, in die twaalfde maand, op die eerste dag van die maand, tot my gekom en gesê:  “Mensekind, hef ’n klaaglied aan oor Farao, die koning van Egipte, en jy moet vir hom sê: ‘As ’n jong maanhaarleeu van die nasies is jy tot swye gebring.+ “‘En jy was soos die seemonster in die seë,+ en jy het voortdurend ’n gebruis in jou riviere veroorsaak en die waters met jou pote vertroebel en hulle riviere vuil gemaak.’  “Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Ek sal ook my net oor jou uitsprei+ deur middel van ’n versameling van baie volke, en hulle sal jou beslis in my sleepnet bring.+  En ek sal jou op die land laat lê. Op die oppervlak van die veld sal ek jou slinger.+ En ek sal al die voëls van die hemel op jou laat woon, en die wilde diere van die hele aarde sal ek met jou versadig.+  En ek sal jou vlees op die berge sit en die valleie met jou afval vul.+  En ek sal die land laat drink wat uit jou vloei, jou bloed,+ op die berge; en stroombeddings sal vol word van jou.’  “‘En wanneer jy uitgeblus word, sal ek die hemel bedek en sy sterre donker laat word. Wat die son betref, met wolke sal ek dit bedek, en die maan sal sy lig nie laat skyn nie.+  Al die skynende ligte aan die hemel—ek sal hulle weens jou donker laat word, en ek sal duisternis oor jou land bring’, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah.  “‘En ek sal die hart van baie volke aanstoot gee wanneer ek jou gevangenes onder die nasies bring, na lande wat jy nie geken het nie.+ 10  En ek sal baie volke beslis oor jou verskrik laat staan,+ en hulle konings sal oor jou sidder van afgryse wanneer ek my swaard in hulle gesig swaai,+ en hulle sal elke oomblik moet bewe, elkeen vir sy siel, op die dag van jou ondergang.’+ 11  “Want só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Die swaard van die koning van Babilon sal oor jou kom.+ 12  Ek sal jou menigte laat val deur die swaarde van sterkes, die tiranne van die nasies, hulle almal;+ en hulle sal die trots van Egipte plunder, en sy hele menigte sal verdelg word.+ 13  En ek sal al sy mak diere langs baie waters vernietig,+ en die voet van die mens sal dit nie meer vertroebel nie,+ en ook sal selfs die hoewe van ’n mak dier dit nie vertroebel nie.’ 14  “‘In dié tyd sal ek hulle waters helder laat word, en hulle riviere sal ek net soos olie laat vloei’, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah. 15  “‘Wanneer ek Egipteland ’n verlate woesteny maak en die land van sy volheid gestroop is,+ wanneer ek al die inwoners daarin doodmaak, dan sal hulle moet weet dat ek Jehovah is.+ 16  “‘Dit is ’n klaaglied, en mense sal dit beslis sing. Ja, die dogters van die nasies sal dit sing; oor Egipte en oor sy hele menigte sal hulle dit sing’,+ is die woord van die Soewereine Heer Jehovah.” 17  En verder het die woord van Jehovah in die twaalfde jaar, op die vyftiende dag van die maand, tot my gekom en gesê: 18  “Mensekind, weeklaag oor die menigte van Egipte en laat dit afdaal,+ hy en die dogters van majestueuse nasies, na die land daar onder,+ saam met dié wat in die kuil afdaal.+ 19  “‘In vergelyking met wie is jy liefliker?+ Daal af, en jy sal by die onbesnedenes neergelê word!’+ 20  “‘Onder dié wat deur die swaard omgebring is, sal hulle val.+ Aan ’n swaard is hy oorgegee. SLEEP hom en al sy menigtes weg. 21  “‘Die vernaamste manne van die sterkes sal hom, met sy helpers, uit Sjeool toespreek.+ Hulle sal beslis afdaal;+ hulle sal as die onbesnedenes gaan lê, wat deur die swaard omgebring is. 22  Assiʹrië en sy hele vergadering is daar.+ Sy grafte is rondom hom. Hulle is almal omgebring, hulle het deur die swaard geval.+ 23  Want sy grafte is in die diepste dele van ’n kuil+ geplaas, en sy vergadering is rondom sy graf, hulle is almal omgebring, het deur die swaard geval, omdat hulle verskrikking in die land van die lewendes verwek het. 24  “‘Daar is Elam+ en sy hele menigte rondom sy graf, hulle is almal omgebring, dié wat deur die swaard geval het, wat onbesnede na die land daar onder afgedaal het, dié wat hulle verskrikking in die land van die lewendes verwek het; en hulle sal hulle vernedering dra saam met dié wat in die kuil afdaal.+ 25  Onder dié wat omgebring is, het hulle vir hom ’n bed+ tussen sy hele menigte gesit. Sy grafte is daar rondom. Hulle is almal onbesnede, deur die swaard omgebring,+ omdat hulle verskrikking in die land van die lewendes verwek is; en hulle sal hulle vernedering dra saam met dié wat in die kuil afdaal. Onder dié wat omgebring is, is hy neergelê. 26  “‘Daar is Meseg+ en Tubal+ en sy hele menigte. Sy grafte is rondom hom. Hulle is almal onbesnede, met die swaard deurboor, omdat hulle hulle verskrikking in die land van die lewendes verwek het. 27  En sal hulle nie by sterk manne gaan lê,+ wat onder die onbesnedenes geval het, wat met hulle oorlogswapens na Sjeool afgedaal het nie? En hulle sal hulle swaarde onder hulle koppe sit, en hulle oortredings sal oor hulle gebeente kom,+ omdat sterk manne ’n verskrikking in die land van die lewendes was.+ 28  En wat jou betref, onder die onbesnedenes sal jy verbreek word, en jy sal by dié gaan lê wat deur die swaard omgebring is. 29  “‘Daar is Edom,+ sy konings en al sy owerstes, wat in hulle mag by dié gesit is wat deur die swaard omgebring is;+ hulle sal by die onbesnedenes+ gaan lê en by dié wat in die kuil afdaal. 30  “‘Die hertoë van die noorde is daar, hulle almal, en al die Sidoniërs,+ wat afgedaal het saam met dié wat omgebring is, in hulle verskriklikheid weens hulle mag, beskaamd. En hulle sal onbesnede gaan lê by dié wat deur die swaard omgebring is en sal hulle vernedering dra saam met dié wat in die kuil afdaal.+ 31  “‘Farao sal húlle sien, en hy sal hom beslis oor sy hele menigte troos.+ Farao en sy hele krygsmag sal mense wees wat deur die swaard omgebring is’, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah. 32  “‘Want hy het sy verskrikking in die land van die lewendes verwek,+ en hy sal onder die onbesnedenes neergelê word, by dié wat deur die swaard omgebring is, ja, Farao en sy hele menigte’, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah.”

Voetnote