Esegiël 33:1-33

33  En die woord van Jehovah het tot my gekom en gesê:  “Mensekind, praat met die kinders van jou volk,+ en jy moet vir hulle sê: “‘Wat ’n land betref, as ek ’n swaard daaroor bring+ en die volk van die land, hulle almal, ’n man neem en hom as hulle wag+ aanstel,  en hy die swaard oor die land sien kom en op die horing blaas en die volk waarsku,+  en die hoorder die geluid van die horing hoor maar hom glad nie laat waarsku nie,+ en ’n swaard kom en neem hom weg, dan sal sy bloed op sy eie hoof wees.+  Die geluid van die horing het hy gehoor, maar hy het hom nie laat waarsku nie. Sy bloed sal op hom wees. En as hy hom laat waarsku het, sou sy siel ontkom het.+  “‘En wat die wag betref, as hy die swaard sien kom en nie op die horing blaas nie+ en die volk hoegenaamd geen waarskuwing kry nie, en ’n swaard kom en neem ’n siel uit hulle weg, dan sal dié weens sy eie oortreding weggeneem word,+ maar sy bloed sal ek van die hand van die wag terugeis.’+  “En wat jou betref, o mensekind, ’n wag het ek jou vir die huis van Israel gemaak,+ en uit my mond moet jy die woord hoor en hulle namens my waarsku.+  Wanneer ek vir ’n goddelose sê: ‘O goddelose, jy sal sekerlik sterf!’+ maar jy praat nie om die goddelose teen sy weg te waarsku nie,+ dan sal hy as ’n goddelose in sy eie oortreding sterf,+ maar sy bloed sal ek van jou hand terugeis.  Maar as jy ’n goddelose teen sy weg waarsku, dat hy hom daarvan moet afkeer, maar hy hom nie van sy weg afkeer nie, dan sal hy in sy eie oortreding sterf,+ terwyl jy beslis jou siel sal verlos.+ 10  “En wat jou betref, o mensekind, sê vir die huis van Israel: ‘Só het julle gesê: “Omdat ons opstandige dade en ons sondes op ons is en ons daarin verrot+—hoe sal ons dan bly lewe?”’+ 11  Sê vir hulle: ‘“So waar as ek lewe”, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah, “ek skep geen behae in die dood van die goddelose nie,+ maar daarin dat ’n goddelose hom van sy weg afkeer+ en bly lewe.+ Keer julle af, keer julle af van julle slegte weë,+ want waarom sou julle sterf, o huis van Israel?”’+ 12  “En wat jou betref, o mensekind, sê vir die kinders van jou volk: ‘Die regverdigheid van die regverdige op sigself sal hom nie op die dag van sy opstandigheid verlos nie.+ Maar wat die goddeloosheid van die goddelose betref, hy sal nie daardeur struikel in die dag dat hy hom van sy goddeloosheid afkeer nie.+ Ook sal enigiemand wat regverdigheid besit, nie daardeur kan bly lewe in die dag dat hy sondig nie.+ 13  Wanneer ek vir die regverdige sê: “Jy sal sekerlik bly lewe”, en hy op sy regverdigheid vertrou en onreg doen,+ sal daar aan al sy regverdige dade nie gedink word nie, maar vir sy onreg wat hy gedoen het—daarvoor sal hy sterf.+ 14  “‘En wanneer ek vir die goddelose sê: “Jy sal sekerlik sterf”,+ en hy hom van sy sonde afkeer+ en geregtigheid en regverdigheid beoefen,+ 15  en die goddelose die pand teruggee,+ terugbetaal wat geroof is+ en in die insettinge van die lewe wandel deur geen onreg te doen nie,+ sal hy sekerlik bly lewe.+ Hy sal nie sterf nie. 16  Nie een van sy sondes waarmee hy gesondig het, sal teen hom in herinnering gebring word nie.+ Geregtigheid en regverdigheid het hy beoefen. Hy sal sekerlik bly lewe.’+ 17  “En die kinders van jou volk het gesê: ‘Die weg van Jehovah is nie regverdig nie’,+ maar dit is hulle weg wat nie regverdig is nie. 18  “Wanneer ’n regverdige hom van sy regverdigheid afkeer en onreg doen, dan sal hy daarvoor sterf.+ 19  En wanneer ’n goddelose hom van sy goddeloosheid afkeer en geregtigheid en regverdigheid beoefen, sal hy as gevolg daarvan bly lewe.+ 20  “En julle het gesê: ‘Die weg van Jehovah is nie regverdig nie.’+ Ek sal julle oordeel, elkeen volgens sy weë,+ o huis van Israel.” 21  Eindelik, in die twaalfde jaar, in die tiende maand, op die vyfde dag van die maand van ons ballingskap, het die een wat uit Jerusalem ontkom het, na my toe gekom+ en gesê: “Die stad is verslaan!”+ 22  En die hand van Jehovah het op my gekom die aand voor die koms van die een wat ontkom het,+ en Hy het my mond geopen voordat hy die oggend by my gekom het, en my mond is geopen en ek was nie meer stom nie.+ 23  En die woord van Jehovah het tot my gekom en gesê: 24  “Mensekind, die bewoners van hierdie verwoeste plekke+ sê van die land van Israel: ‘Abraham was net een, en tog het hy die land in besit geneem.+ En ons is baie; aan ons is die land as ’n besitting gegee.’+ 25  “Daarom, sê vir hulle: ‘Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “Julle bly die bloed ook eet,+ en julle bly julle oë na julle drekgode opslaan,+ en julle bly bloed vergiet.+ Moet julle dan die land besit?+ 26  Julle het op julle swaard staatgemaak.+ Julle het iets verfoeiliks gedoen,+ en julle het elkeen die vrou van sy metgesel verontreinig.+ Moet julle dan die land besit?”’+ 27  “Só moet jy vir hulle sê: ‘Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “So waar as ek lewe, dié wat in die verwoeste plekke is, sal gewis deur die swaard val;+ en die een wat op die oppervlak van die veld is, sal ek beslis aan die wilde diere as voedsel gee;+ en dié wat in die versterkte plekke en in die grotte+ is, sal deur die pes sterf. 28  En ek sal die land ’n verlate woesteny maak,+ ja, ’n verwoesting, en aan die trots van sy sterkte sal ’n einde gemaak word+ en die berge van Israel sal verwoes word,+ sonder dat iemand daar deurtrek. 29  En hulle sal moet weet dat ek Jehovah is wanneer ek die land ’n verlate woesteny maak,+ ja, ’n verwoesting, weens al hulle verfoeilike dinge wat hulle gedoen het.”’+ 30  “En wat jou betref, o mensekind, die kinders van jou volk praat met mekaar oor jou langs die mure en in die ingange van die huise,+ en die een het met die ander gepraat, elkeen met sy broer, en gesê: ‘KOM asseblief en hoor wat die woord is wat van Jehovah uitgaan.’+ 31  En hulle sal na jou toe kom, soos mense kom, en as my volk voor jou sit;+ en hulle sal beslis jou woorde hoor, maar hulle sal dit nie doen nie,+ want met hulle mond uiter hulle wellustige begeertes en hulle hart gaan agter hulle onregverdige wins aan.+ 32  En kyk! jy is vir hulle soos ’n lied van sinlike liefdes, soos iemand met ’n mooi stem en wat goed op ’n snaarinstrument speel.+ En hulle sal beslis jou woorde hoor, maar niemand doen dit nie.+ 33  En wanneer dit bewaarheid word—kyk! dit sal bewaarheid word+—dan sal hulle moet weet dat daar ’n profeet in hulle midde was.”+

Voetnote