Esegiël 35:1-15

35  En die woord van Jehovah het verder tot my gekom en gesê:  “Mensekind, rig jou aangesig+ teen die bergstreek Seïr+ en profeteer teen hom.+  En jy moet vir hom sê: ‘Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “Kyk, ek is teen jou, o bergstreek Seïr,+ en ek sal my hand teen jou uitsteek+ en jou ’n verlate woesteny maak, ja, ’n verwoesting.+  Jou stede sal ek ’n verwoeste plek maak, en jy sal bloot ’n verlate woesteny word;+ en jy sal moet weet dat ek Jehovah is,+  omdat jy ’n vyandskap gehad het wat tot onbepaalde tyd duur+ en jy die kinders van Israel aan die mag van die swaard bly oorlewer het+ in die tyd van hulle ongeluk,+ in die tyd van hulle laaste oortreding.”’+  “‘Daarom, so waar as ek lewe’, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah, ‘omdat ek jou vir bloed gereedgemaak het, sal bloed jou ook agtervolg.+ Waarlik, jy het bloed gehaat, en bloed sal jou agtervolg.+  En ek sal beslis die bergstreek Seïr ’n verlate woesteny maak, ja, ’n verwoesting,+ en ek sal die een wat deurtrek en die een wat terugkeer, uit hom uitroei.+  En ek sal sy berge vul met dié van hom wat omgebring is; wat jou heuwels en jou valleie en al jou stroombeddings betref, dié wat deur die swaard omgebring is, sal daarin val.+  Verlate woestenye wat tot onbepaalde tyd duur, sal ek jou maak, en jou stede sal nie bewoon word nie;+ en julle sal moet weet dat ek Jehovah is.’+ 10  “Omdat jy gesê het: ‘Hierdie twee nasies en hierdie twee lande—hulle sal myne word, en ons sal beslis albei lande in besit neem’,+ terwyl Jehovah daar was,+ 11  ‘daarom, so waar as ek lewe’, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah, ‘ek sal ook handel volgens jou toorn en volgens jou jaloesie waaraan jy uiting gegee het weens jou haatgevoelens teenoor hulle;+ en ek sal my onder hulle bekend maak wanneer ek jou oordeel.+ 12  En jy sal moet weet dat ek, Jehovah, al jou minagtende dinge gehoor het wat jy van die berge van Israel gesê het+ deur te sê: “Hulle is verwoes. Aan ons is hulle as voedsel gegee.”+ 13  En julle het voortdurend met julle mond grootdoenerig teen my gehandel,+ en julle het julle woorde teen my vermenigvuldig.+ Ek het dit gehoor.’+ 14  “Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Op dieselfde tyd dat die hele aarde bly is, sal ek ’n verlate woesteny van jou maak. 15  Net soos jy bly was oor die erfdeel van die huis van Israel omdat dit verwoes is, so sal ek met jou maak.+ ’n Verlate woesteny sal jy word, o bergstreek Seïr, ja, die hele Edom, in sy geheel;+ en hulle sal moet weet dat ek Jehovah is.’”+

Voetnote