Esegiël 36:1-38

36  “En wat jou betref, o mensekind, profeteer oor die berge van Israel, en jy moet sê: ‘O berge van Israel,+ hoor die woord van Jehovah.  Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “Omdat die vyand teen julle gesê het:+ ‘Ha! Selfs die hoogtes van die ou tyd+—as ’n besitting het dit ons s’n geword!’”’+  “Daarom, profeteer, en jy moet sê: ‘Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “Omdat, ja, omdat julle woes gelê het+ en daar van alle kante na julle gehap is,+ sodat julle vir die oorblywendes van die nasies ’n besitting kon word,+ en daar voortdurend met die tong oor julle gepraat word+ en daar ’n slegte berig onder die mense is,+  daarom, o berge van Israel,+ hoor die woord van die Soewereine Heer Jehovah! Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê vir die berge en vir die heuwels, vir die stroombeddings en vir die valleie en vir die verwoeste plekke wat verwoes is+ en vir die verlate stede wat roofgoed en ’n spot geword het vir die oorblywendes van die nasies wat rondom is;+  daarom, só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Waarlik, in die vuur van my ywer sal ek spreek+ teen die oorblywendes van die nasies en teen die hele Edom,+ dié wat my land as ’n besitting aan hulleself gegee het met volle blydskap van hart,+ met minagting in die siel,+ ter wille van sy weiveld en die roofgoed.’”’+  “Daarom, profeteer oor die land van Israel, en jy moet vir die berge en vir die heuwels, vir die stroombeddings en vir die valleie sê: ‘Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “Kyk! Ek sal in my ywer en in my woede spreek, omdat julle die vernedering deur die nasies gedra het.”’+  “Daarom, só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Ek het my hand in ’n eed opgehef+ dat die nasies wat rondom julle is—hulle sal hulle vernedering dra.+  En julle, o berge van Israel, sal julle takke voortbring en julle vrugte dra vir my volk Israel,+ want hulle staan op die punt om te kom.+  Want kyk, ek is julle gunstiggesind, en ek sal my beslis na julle wend,+ en julle sal bewerk en met saad besaai word.+ 10  En ek sal mense op julle vermenigvuldig, die hele huis van Israel, hulle almal,+ en die stede sal bewoon word+ en die verwoeste plekke sal herbou word.+ 11  Ja, ek sal mense en diere op julle vermenigvuldig,+ en hulle sal beslis vermenigvuldig en vrugbaar word, en ek sal maak dat julle bewoon word soos in julle vroeëre toestand+ en ek sal aan julle meer goed doen as in julle oorspronklike toestand;+ en julle sal moet weet dat ek Jehovah is.+ 12  En op julle sal ek mense laat loop, ja, my volk Israel, en hulle sal julle in besit neem,+ en julle sal vir hulle ’n erfbesitting word,+ en julle sal hulle nie weer van nog kinders beroof nie.’”+ 13  “Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Omdat hulle vir julle sê: “’n Verslinder van mense is jy, en ’n land wat jou nasies van kinders beroof, het jy geword”’,+ 14  ‘daarom sal jy nie meer mense verslind nie,+ en jou nasies sal jy nie meer van kinders beroof nie’,+ is die woord van die Soewereine Heer Jehovah. 15  ‘En ek sal maak dat daar verder geen vernederende praatjies deur die nasies oor jou gehoor word nie,+ en smaad deur die volke sal jy nie meer dra nie,+ en jou nasies sal jy nie meer laat struikel nie’, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah.” 16  En die woord van Jehovah het verder tot my gekom en gesê: 17  “Mensekind, die huis van Israel het in hulle land gewoon, en hulle het dit voortdurend met hulle weg en met hulle handelinge onrein gemaak.+ Soos die onreinheid van menstruasie het hulle weg voor my geword.+ 18  En ek het my woede oor hulle uitgestort weens die bloed wat hulle in die land vergiet het,+ die land wat hulle met hulle drekgode+ onrein gemaak het. 19  En ek het hulle onder die nasies verstrooi, sodat hulle in die lande versprei is.+ Volgens hulle weg en volgens hulle handelinge het ek hulle geoordeel.+ 20  So het hulle by die nasies gekom waar hulle gekom het, en mense het my heilige naam ontheilig+ deur van hulle te sê: ‘Dit is die volk van Jehovah, en uit sy land het hulle uitgegaan.’+ 21  En ek sal medelye hê met my heilige naam, wat die huis van Israel ontheilig het onder die nasies waar hulle gekom het.”+ 22  “Daarom, sê vir die huis van Israel: ‘Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “Ek doen dit nie ter wille van julle nie, o huis van Israel, maar ter wille van my heilige naam, wat julle ontheilig het onder die nasies waar julle gekom het.”’+ 23  ‘En ek sal beslis my groot naam heilig,+ wat onder die nasies ontheilig is, wat julle onder hulle ontheilig het; en die nasies sal moet weet dat ek Jehovah is’,+ is die woord van die Soewereine Heer Jehovah, ‘wanneer ek onder julle geheilig word voor hulle oë.+ 24  En ek sal julle uit die nasies neem en julle uit al die lande bymekaarmaak en julle in julle land bring.+ 25  En ek sal rein water op julle sprinkel, en julle sal rein word;+ van al julle onreinhede+ en van al julle drekgode sal ek julle reinig.+ 26  En ek sal julle ’n nuwe hart gee,+ en ’n nuwe gees sal ek in julle plaas,+ en ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ’n hart van vlees gee.+ 27  En my gees sal ek in julle plaas,+ en ek sal optree sodat julle in my voorskrifte sal wandel+ en my regterlike beslissings sal onderhou en uitvoer.+ 28  En julle sal beslis in die land woon wat ek aan julle voorvaders gegee het,+ en julle sal my volk word en ek sal julle God word.’+ 29  “‘En ek sal julle van al julle onreinhede red+ en na die graan roep en dit oorvloedig maak, en ek sal geen hongersnood oor julle bring nie.+ 30  En ek sal beslis die vrugte van die bome en die opbrengs van die veld oorvloedig maak, sodat julle nie meer onder die nasies die smaad van hongersnood hoef te verduur nie.+ 31  En julle sal sekerlik dink aan julle slegte weë en aan julle handelinge wat nie goed was nie,+ en julle sal sekerlik ’n weersin in julleself hê weens julle oortredings en weens julle verfoeilike dinge.+ 32  Ek doen dit nie ter wille van julle nie’,+ is die woord van die Soewereine Heer Jehovah, ‘laat dit aan julle bekend wees. Skaam julle en voel verneder weens julle weë, o huis van Israel.’+ 33  “Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Die dag dat ek julle van al julle oortredings reinig, sal ek ook maak dat die stede bewoon word,+ en die verwoeste plekke sal herbou word.+ 34  En die verwoeste land sal bewerk word, hoewel dit ’n verlate woesteny geword het voor die oë van elke verbyganger.+ 35  En mense sal beslis sê: “Die land daar wat verwoes was, het soos die tuin van Eden+ geword, en die stede wat woes gelê het en wat verwoes en afgebreek was, is versterk; hulle word bewoon.”+ 36  En die nasies wat rondom julle sal oorbly, sal moet weet dat ek, Jehovah, opgebou het wat afgebreek was,+ beplant het wat verwoes was. Ek, Jehovah, het gespreek en ek het dit gedoen.’+ 37  “Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Hiervoor sal ek my nog deur die huis van Israel laat soek om dit vir hulle te doen:+ Ek sal hulle mense vermenigvuldig soos ’n kudde.+ 38  Soos ’n kudde heilige mense, soos die kudde van Jerusalem in sy feestye,+ so sal die stede wat woes gelê het, vol word van ’n kudde mense;+ en mense sal moet weet dat ek Jehovah is.’”

Voetnote