Esegiël 38:1-23

38  En die woord van Jehovah het verder tot my gekom en gesê:  “Mensekind,+ rig jou aangesig teen Gog van die land Magog,+ die hoofowerste van Meseg+ en Tubal,+ en profeteer teen hom.  En jy moet sê: ‘Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “Kyk, ek is teen jou, o Gog, hoofowerste van Meseg en Tubal.  En ek sal jou beslis laat omdraai en hake in jou kakebene sit+ en jou uitbring met jou hele krygsmag,+ perde en ruiters, almal met volmaakte smaak geklee,+ ’n talryke vergadering, met groot skild en klein skild, wat almal die swaard hanteer;+  Persië,+ Etiopië+ en Put+ saam met hulle, almal met klein skild en helm;  Gomer+ en al sy krygsbendes, die huis van Togarʹma,+ uit die mees afgeleë dele van die noorde, en al sy krygsbendes, baie volke saam met jou.+  “‘“Wees gereed en tref voorbereidings, jy met jou hele vergadering,+ dié wat by jou bymekaargekom het, en jy moet hulle wag word.  “‘“Ná baie dae sal daar aandag aan jou geskenk word. Aan die einde van die jare sal jy kom na die land+ van mense wat van die swaard teruggewin is, bymekaargemaak uit baie volke,+ op die berge van Israel, wat altyddeur ’n verwoeste plek was; ja, ’n land wat uit die volke uitgebring is, waar hulle almal in veiligheid woon.+  En jy sal sekerlik optrek. Soos ’n storm sal jy aankom.+ Jy sal word soos wolke om die land te bedek,+ jy en al jou krygsbendes en baie volke saam met jou.”’ 10  “Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘En in dié dag sal daar dinge in jou hart opkom,+ en jy sal beslis ’n skadelike plan uitdink;+ 11  en jy sal sê: “Ek sal teen die land van die oop plattelandse gebied optrek.+ Ek sal by dié kom wat rus het, wat in veiligheid woon, wat almal sonder muur woon,+ en hulle het selfs nie grendels en deure nie.” 12  Dit sal wees om ’n groot buit+ te verkry en baie te plunder, ten einde jou hand te laat terugdraai teen verwoeste plekke wat weer bewoon word+ en teen ’n volk wat uit die nasies versamel is,+ wat rykdom en eiendom versamel,+ dié wat op die middelpunt+ van die aarde woon. 13  “‘Skeba+ en Dedan+ en die koopmanne van Tarsis+ en al sy jong maanhaarleeus+—hulle sal vir jou sê: “Kom jy om ’n groot buit te verkry? Het jy jou vergadering bymekaar laat kom om baie te plunder, ten einde silwer en goud weg te dra, om rykdom en eiendom te neem, om ’n baie groot buit te verkry?”’ 14  “Daarom, profeteer, o mensekind, en jy moet vir Gog sê: ‘Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “Sal jy dit nie weet in dié dag wanneer my volk Israel in veiligheid woon nie?+ 15  En jy sal beslis uit jou plek kom, uit die mees afgeleë dele van die noorde,+ jy en baie volke saam met jou wat almal op perde ry, ’n groot vergadering, ja, ’n talryke krygsmag.+ 16  En jy sal sekerlik teen my volk Israel optrek, soos wolke om die land te bedek.+ Aan die einde van die dae sal dit plaasvind, en ek sal jou beslis teen my land bring,+ sodat die nasies my kan ken wanneer ek my voor hulle oë deur middel van jou heilig, o Gog.”’+ 17  “Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Is dit jy+ van wie ek in die vroeëre dae gespreek het deur die hand van my knegte, die profete van Israel, wat in dié dae—jare—geprofeteer het dat jy teen hulle gebring sou word?’+ 18  “‘En in dié dag, die dag wanneer Gog teen die land van Israel kom’, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah, ‘sal my woede in my neus opkom.+ 19  En in my ywer,+ in die vuur van my grimmigheid, sal ek moet spreek.+ Waarlik, in dié dag sal daar ’n groot aardbewing in die land van Israel plaasvind.+ 20  En weens my sal die visse van die see en die voëls van die hemel en die wilde diere van die veld en al die kruipende diere wat op die grond kruip en al die mense wat op die oppervlak van die aarde is, sekerlik bewe,+ en die berge sal neergewerp word+ en die steil paaie sal moet val, en al die mure sal op die aarde val.’ 21  “‘En ek sal deur my hele bergstreek ’n swaard teen hom oproep’, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah.+ ‘Die swaard van elkeen sal teen sy eie broer wees.+ 22  En ek sal met hom in die gerig tree,+ met pes+ en met bloed;+ en ’n oorstromende stortreën en haelstene,+ vuur+ en swael sal ek op hom laat reën en op sy krygsbendes en op die baie volke wat saam met hom sal wees.+ 23  En ek sal my beslis groot maak en my heilig+ en my bekend maak voor die oë van baie nasies; en hulle sal moet weet dat ek Jehovah is.’+

Voetnote