Esegiël 39:1-29

39  “En wat jou betref, o mensekind, profeteer teen Gog,+ en jy moet sê: ‘Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “Kyk, ek is teen jou, o Gog, hoofowerste van Meseg+ en Tubal.+  En ek sal jou laat omdraai en jou lei+ en jou uit die mees afgeleë dele van die noorde+ laat optrek en jou op die berge van Israel bring.  En ek sal jou boog uit jou linkerhand slaan, en jou pyle sal ek uit jou regterhand laat val.  Op die berge van Israel sal jy val,+ jy en al jou krygsbendes en die volke wat saam met jou sal wees. Aan roofvoëls, al die verskillende soorte voëls, en die wilde diere van die veld sal ek jou as voedsel gee.”’+  “‘Op die oppervlak van die veld sal jy val,+ want ek het gespreek’, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah.  “‘En ek sal vuur oor Magog+ stuur en oor dié wat die eilande in veiligheid bewoon;+ en mense sal moet weet dat ek Jehovah is.  En my heilige naam sal ek onder my volk Israel bekend maak, en ek sal my heilige naam nie meer laat ontheilig nie;+ en die nasies sal moet weet dat ek Jehovah is,+ die Heilige in Israel.’+  “‘Kyk! Dit sal kom en dit sal gebeur’,+ is die woord van die Soewereine Heer Jehovah. ‘Dit is die dag waarvan ek gepraat het.+  En die inwoners van die stede van Israel sal beslis uitgaan en die wapens en klein skilde en groot skilde verbrand en vure aanpak daarmee—met die boë en met die pyle en met die handstokke en met die lanse; en daarmee sal hulle sewe jaar lank vuur moet maak.+ 10  En hulle sal nie hout uit die veld dra of vuurmaakhout uit die woude bymekaarmaak nie, want met die wapens sal hulle vuur maak.’ “‘En hulle sal beslis dié plunder wat hulle geplunder het+ en dié beroof wat hulle beroof het’, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah. 11  “‘En in dié dag sal ek aan Gog+ daar ’n plek gee, ’n graf in Israel, die vallei van dié wat oos van die see deurtrek, en dit sal die weg versper van dié wat deurtrek. En daar sal hulle Gog en sy hele menigte moet begrawe, en hulle sal dit beslis die Vallei van Gog se Menigte+ noem. 12  En die huis van Israel sal hulle moet begrawe om die land te reinig, sewe maande lank.+ 13  En die hele volk van die land sal moet begrawe, en dit sal hulle beslis tot roem strek die dag dat ek my verheerlik’,+ is die woord van die Soewereine Heer Jehovah. 14  “‘En hulle sal manne vir voortdurende diens afsonder, wat die land deurgaan en, saam met dié wat deurtrek, dié begrawe wat op die oppervlak van die aarde oorgebly het, om dit te reinig. Tot sewe maande verstryk het, sal hulle bly soek. 15  En dié wat deurtrek, moet die land deurgaan, en as iemand ’n mensebeen sien, dan moet hy daarby ’n merkteken oprig, totdat die begrawers dit in die Vallei van Gog se Menigte+ begrawe het. 16  En die naam van die stad sal ook Hamoʹna wees. En hulle sal die land moet reinig.’+ 17  “En wat jou betref, o mensekind, só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Sê vir al die verskillende soorte voëls en vir al die wilde diere van die veld:+ “Kom bymekaar en kom. Versamel julle rondom my offerande, wat ek vir julle slag, ’n groot offerande op die berge van Israel.+ En julle sal beslis vlees eet en bloed drink.+ 18  Die vlees van sterkes sal julle eet+ en die bloed van die owerstes van die aarde sal julle drink, ramme, jong skaapramme+ asook bokramme, jong bulle,+ almal vetgemaakte diere van Basan.+ 19  En julle sal beslis vet eet totdat julle versadig is+ en bloed drink totdat julle dronk is, van my offerande wat ek vir julle sal slag.”’ 20  “‘En julle sal aan my tafel versadig raak van perde en strydwadrywers, sterk manne en alle soorte krygsmanne’, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah.+ 21  “‘En ek sal my heerlikheid onder die nasies stel; en al die nasies sal my oordeel moet sien wat ek voltrek het+ en my hand wat ek op hulle gelê het.+ 22  En die huis van Israel sal moet weet dat ek Jehovah hulle God is, van dié dag af en daarna.+ 23  En die nasies sal moet weet dat hulle, die huis van Israel, weens hulle oortreding in ballingskap gegaan het,+ omdat hulle hulle ontrou teenoor my gedra het, sodat ek my aangesig vir hulle verberg het+ en hulle in die hand van hulle teenstanders gegee het, en hulle almal het deur die swaard bly val.+ 24  Volgens hulle onreinheid en volgens hulle oortredings het ek met hulle gehandel,+ en ek het my aangesig vir hulle bly verberg.’ 25  “Daarom, só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Nou sal ek die gevangenes van Jakob terugbring+ en die hele huis van Israel barmhartig wees;+ en ek sal uitsluitlike toegewydheid vir my heilige naam+ toon. 26  En hulle sal hulle vernedering gedra het+ en al hulle ontrouheid waarmee hulle teenoor my gehandel het,+ wanneer hulle in veiligheid in hulle land woon,+ sonder dat iemand hulle laat bewe.+ 27  Wanneer ek hulle uit die volke terugbring en hulle uit die lande van hulle vyande bymekaarmaak,+ sal ek my ook onder hulle heilig voor die oë van baie nasies.’+ 28  “‘En hulle sal moet weet dat ek Jehovah hulle God is, wanneer ek hulle in ballingskap na die nasies stuur en hulle in hulle land bymekaarbring,+ sodat ek nie een van hulle nog langer daar sal laat bly nie.+ 29  En ek sal my aangesig nie langer vir hulle verberg nie,+ omdat ek my gees op die huis van Israel sal uitstort’,+ is die woord van die Soewereine Heer Jehovah.”

Voetnote