Esegiël 4:1-17

4  “En jy, o mensekind, neem vir jou ’n baksteen, en jy moet dit voor jou neersit en ’n stad daarop graveer, ja, Jerusalem.+  En jy moet dit beleër+ en ’n beleëringsmuur daarteen bou+ en ’n beleëringskans daarteen opwerp+ en leërkampe daarteen opstel en rondom stormramme daarteen oprig.+  En neem vir jou ’n ysterbakplaat, en jy moet dit as ’n ystermuur tussen jou en die stad sit, en jy moet jou aangesig daarteen rig, en dit sal onder beleëring kom, en jy moet dit beleër. Dit is ’n teken vir die huis van Israel.+  “En lê op jou linkersy, en jy moet die oortreding van die huis van Israel daarop lê.+ Volgens die getal dae dat jy daarop sal lê, sal jy hulle oortreding dra.  En ek sal aan jou die jare van hulle oortreding gee,+ altesaam driehonderd-en-negentig dae,+ en jy moet die oortreding van die huis van Israel dra.  En jy moet dit voltooi. “En jy moet in die tweede geval op jou regtersy lê, en jy moet die oortreding van die huis van Juda veertig dae lank dra.+ ’n Dag vir ’n jaar, ’n dag vir ’n jaar het ek jou gegee.+  En op die beleëring van Jerusalem moet jy jou aangesig rig,+ met jou arm ontbloot, en jy moet daarteen profeteer.  “En kyk! ek sal toue+ om jou sit sodat jy nie van jou een sy na jou ander sy kan draai nie, totdat jy die dae van jou beleëring voltooi het.  “En neem vir jou koring+ en gars en boerbone+ en lensies+ en giers en spelt,+ en jy moet dit in een houer sit en vir jou daarvan brood maak, volgens die getal dae dat jy op jou sy lê; driehonderd-en-negentig dae moet jy dit eet.+ 10  En jou voedsel wat jy moet eet, sal volgens gewig wees—twintig sikkels per dag.+ Van tyd tot tyd moet jy dit eet. 11  “En water moet jy net volgens maat drink, die sesde deel van ’n hin. Van tyd tot tyd moet jy drink. 12  “En as ’n ronde garskoek+ moet jy dit eet; en jy moet dit op die droë uitwerpsel+ van mense voor hulle oë bak.” 13  En Jehovah het verder gesê: “So sal die kinders van Israel hulle brood onrein+ eet onder die nasies waarheen ek hulle sal verstrooi.”+ 14  En ek het gesê: “Ag, o Soewereine Heer Jehovah! Kyk! My siel is nie verontreinig nie;+ ook het ek van my jeug af selfs tot nou toe nie ’n dier wat doodgegaan het of ’n verskeurde dier geëet nie,+ en in my mond het daar geen bedorwe vleis gekom nie.”+ 15  Toe het hy vir my gesê: “Kyk, ek het jou beesmis in die plek van die droë uitwerpsel van mense gegee, en jy moet jou brood daarop bak.” 16  En hy het verder vir my gesê: “Mensekind, kyk, ek verbreek die stawwe waaraan ringvormige brode gehang word,+ in Jerusalem, en hulle sal brood volgens gewig en in angstige besorgdheid moet eet,+ en volgens maat en met afgryse sal hulle water drink,+ 17  sodat hulle ’n gebrek aan brood en water sal hê en hulle mekaar verbaas sal aankyk en in hulle oortreding sal verrot.+

Voetnote