Esegiël 41:1-26

41  En hy het my in die tempel ingebring, en hy het die sypilare gemeet: ses el was die breedte aan hierdie kant en ses el die breedte aan die ander kant, die breedte van die sypilaar.  En die wydte van die ingang was tien el, en die sykante van die ingang was vyf el aan hierdie kant en vyf el aan die ander kant. En hy het die lengte daarvan gemeet: veertig el; en die breedte: twintig el.  En hy het ingegaan en die sypilaar van die ingang gemeet: twee el; en die ingang: ses el; en die breedte by die ingang was sewe el.  En hy het die lengte daarvan gemeet: twintig el; en die breedte: twintig el,+ voor die tempel. Toe het hy vir my gesê: “Dit is die Allerheiligste.”+  En hy het die muur van die huis gemeet: ses el. En die breedte van die syvertrek was vier el, rondom; dit was aan alle kante rondom die huis.+  En die syvertrekke was syvertrek op syvertrek, drie verdiepings, en dertig op elkeen; en hulle het in die muur ingegaan wat by die huis behoort het, dit wil sê die syvertrekke rondom, sodat hulle steun kon hê, maar hulle het nie steun in die muur van die huis gehad nie.+  En na die syvertrekke toe het dit breër geword en spiraalsgewys al hoër gegaan, want die wentelgang van die huis het al hoër gegaan rondom die huis.+ Daarom het dit in die huis breër geword na boontoe, en van die onderste verdieping af kon ’n mens deur die middelste verdieping na die boonste verdieping+ opgaan.  En ek het gesien dat daar vir die huis ’n hoë platform rondom was. Wat die fondamente van die syvertrekke betref, daar was ’n volle riet van ses el tot by die verbinding.+  Die breedte van die muur wat by die syvertrek behoort het, aan die buitekant, was vyf el. En daar is ’n ruimte oopgelaat by die bou van die syvertrekke wat by die huis behoort het. 10  En tussen die eetkamers+ was die breedte twintig el aan alle kante rondom die huis. 11  En die ingang van die syvertrek was na die oopgelate ruimte toe, een ingang na die noorde toe en een ingang na die suide toe; en die breedte van die oopgelate ruimte was vyf el rondom. 12  En die gebou wat voor die afgesonderde ruimte gestaan het, waarvan die sykant na die weste toe was, was sewentig el breed. En die muur van die gebou was vyf el breed, heeltemal rondom; en die lengte daarvan was negentig el. 13  En hy het die huis gemeet: honderd el lank; en die afgesonderde ruimte en die gebou en sy mure: honderd el lank. 14  En die breedte van die voorkant van die huis en die afgesonderde ruimte na die ooste toe was honderd el. 15  En hy het die lengte van die gebou voor die afgesonderde ruimte, wat aan die agterkant daarvan was, en die galerye daarvan aan hierdie kant en aan die ander kant gemeet: honderd el. Ook die tempel en die binneste plek+ en die portale van die voorhof; 16  die drumpels en die vensters met rame wat al hoe smaller word+ en die galerye was rondom al drie. Teenoor die drumpel was daar rondom houtpaneelwerk,+ en van die vloer af tot by die vensters; en die vensters was bedek. 17  Tot bo die ingang en tot by die binneste huis en aan die buitekant en op die hele muur rondom, aan die binneste huis en aan die buitekant, was daar vaste mate, 18  ook gegraveerde gerubs+ en palmboomfigure,+ met ’n palmboomfiguur tussen ’n gerub en ’n gerub, en die gerub het twee gesigte gehad.+ 19  En die gesig van ’n mens was na die palmboomfiguur toe aan hierdie kant, en die gesig van ’n jong maanhaarleeu was na die palmboomfiguur toe aan die ander kant;+ hulle was rondom in die hele huis gegraveer. 20  Van die vloer af tot bo die ingang was daar gegraveerde gerubs en palmboomfigure, op die muur van die tempel. 21  Wat die tempel betref, die deurpos was vierkantig;+ en voor die heiligdom was daar iets wat soos volg gelyk het: 22  die houtaltaar was drie el hoog, en sy lengte was twee el, en dit het sy hoekstutte gehad.+ En sy lengte en sy kante was van hout. En hy het vir my gesê: “Dit is die tafel wat voor Jehovah is.”+ 23  En die tempel en die heiligdom het twee deure gehad.+ 24  En twee deurvleuels het by die deure behoort; die twee kon draai. Die een deur het twee deurvleuels gehad, en die ander een het twee deurvleuels gehad. 25  En daarop, op die deure van die tempel, is gerubs en palmboomfigure+ aangebring, soos dié wat op die mure aangebring is, en daar was ’n houtafdak oor die voorkant van die portaal, aan die buitekant. 26  En daar was vensters met rame wat al hoe smaller word+ en palmboomfigure aan weerskante aan die sykante van die portaal en die syvertrekke van die huis en die afdakke.

Voetnote