Esegiël 42:1-20

42  En hy het my geleidelik met die weg na die noorde+ na die buitenste voorhof uitgebring.+ En hy het my na die eetkamerblok+ gebring wat teenoor die afgesonderde ruimte+ en teenoor die gebou na die noorde was.  Voor die lengte van honderd el was die noordelike ingang, en die breedte was vyftig el.  Teenoor die twintig el wat by die binneste voorhof+ behoort het en teenoor die plaveisel+ wat by die buitenste voorhof behoort het, was galery+ teenoor galery in drie verdiepings.  En voor die eetkamers was ’n gang van tien el breed na die binnekant toe,+ ’n weg van een el, en hulle ingange was na die noorde toe.  En wat die eetkamers betref, die boonstes was korter, want die galerye het ruimte van hulle weggeneem, meer as van die onderstes en van die middelstes, wat die gebou betref.  Want hulle was in drie verdiepings,+ en hulle het geen pilare gehad soos die pilare van die voorhowe nie. Daarom is meer ruimte weggeneem as van die onderstes en van die middelstes van die vloer af.  En die klipmuur wat buite was, was naby die eetkamers in die rigting van die buitenste voorhof voor die ander eetkamers. Die lengte daarvan was vyftig el.  Want die lengte van die eetkamers wat na die buitenste voorhof toe was, was vyftig el, en kyk! voor die tempel was dit honderd el.  En onder hierdie eetkamers was die ingang na die ooste toe, wanneer ’n mens hulle uit die buitenste voorhof binnekom. 10  In die breedte van die klipmuur van die voorhof na die ooste toe, voor die afgesonderde ruimte+ en voor die gebou, was daar eetkamers.+ 11  En daar was ’n weg voor hulle wat gelyk het soos dié van die eetkamers wat na die noorde toe was,+ so was hulle lengte en so was hulle breedte; en al hulle uitgange was eenders, en hulle plan eenders en hulle ingange eenders. 12  En soos die ingange van die eetkamers wat na die suide toe was, was die ingang aan die bopunt van die weg, die weg voor die ooreenstemmende klipmuur na die ooste toe, wanneer ’n mens hulle binnekom.+ 13  En hy het vir my gesê: “Die noordelike eetkamers en die suidelike eetkamers wat voor die afgesonderde ruimte is,+ dit is die heilige eetkamers, waar die priesters wat nader kom+ na Jehovah toe, die hoogheilige dinge eet.+ Daar sit hulle die hoogheilige dinge en die graanoffer en die sondoffer en die skuldoffer neer, want die plek is heilig.+ 14  Wanneer hulle, die priesters, ingekom het, dan mag hulle nie uit die heiligdom na die buitenste voorhof uitgaan nie, maar daar moet hulle hulle klere neersit waarin hulle gewoonlik diens doen,+ want dié is heilig. Hulle moet ander klere aantrek+ en moet nader kom na wat met die volk te doen het.” 15  En hy het die afmetings van die binneste huis voltooi, en hy het my uitgebring deur die poort waarvan die voorkant na die ooste toe was,+ en hy het dit rondom gemeet. 16  Hy het die oostekant met die meetriet gemeet. Dit was vyfhonderd riet, met die meetriet,+ rondom. 17  Hy het die noordekant gemeet: vyfhonderd riet, met die meetriet, rondom. 18  Die suidekant het hy gemeet: vyfhonderd riet, met die meetriet. 19  Hy het omgegaan na die westekant. Hy het vyfhonderd riet gemeet, met die meetriet. 20  Aan die vier kante het hy dit gemeet. Dit het ’n muur rondom gehad,+ met ’n lengte van vyfhonderd riet en ’n breedte van vyfhonderd riet,+ om ’n skeiding te maak tussen wat heilig en wat ongewyd is.+

Voetnote