Esegiël 43:1-27

43  Toe het hy my na die poort laat gaan, die poort wat na die ooste kyk.+  En kyk! die heerlikheid+ van die God van Israel het uit die ooste gekom,+ en sy stem was soos die stem van baie waters;+ en die aarde het geblink weens sy heerlikheid.+  En dit het gelyk soos die visioen wat ek gesien het,+ soos die visioen wat ek gesien het toe ek gekom het om die stad te verwoes;+ en daar was verskynings soos die verskyning wat ek by die Kebarrivier gesien het,+ en ek het op my gesig geval.  En die heerlikheid+ van Jehovah het in die huis ingekom deur die poort waarvan die voorkant na die ooste toe was.+  En ’n gees het my opgehef+ en my in die binneste voorhof ingebring, en kyk! die Huis was gevul met die heerlikheid van Jehovah.+  En ek het iemand uit die Huis met my hoor praat,+ en die man het langs my gestaan.+  En Hy het vir my gesê: “Mensekind, dit is die plek van my troon+ en die plek van my voetsole,+ waar ek tot onbepaalde tyd in die midde van die kinders van Israel sal woon;+ en hulle, die huis van Israel, sal nie meer my heilige naam verontreinig nie,+ hulle en hulle konings,+ deur hulle hoerery en deur die lyke+ van hulle konings by hulle dood,  deurdat hulle hulle drumpel by my drumpel sit en hulle deurpos langs my deurpos, met die muur tussen my en hulle.+ En hulle het my heilige naam verontreinig deur hulle verfoeilike dinge wat hulle gedoen het,+ sodat ek hulle in my toorn uitgeroei het.+  Laat hulle nou hulle hoerery+ en die lyke van hulle konings ver van my af verwyder,+ en ek sal beslis tot onbepaalde tyd in hulle midde woon.+ 10  “Wat jou betref, o mensekind, lig die huis van Israel in omtrent die Huis,+ sodat hulle weens hulle oortredings verneder kan voel,+ en hulle moet die voorbeeld meet. 11  En as hulle verneder voel weens alles wat hulle gedoen het, moet jy die grondplan van die Huis+ en sy uitleg en sy uitgange en sy ingange, en al sy grondplanne en al sy spesifikasies, en al sy grondplanne en al sy wette aan hulle bekend maak en dit voor hulle oë opskryf, sodat hulle op sy hele grondplan en al sy spesifikasies kan let en dit kan uitvoer.+ 12  Dit is die wet van die Huis. Op die top van die berg is sy hele gebied rondom iets hoogheiligs.+ Kyk! Dit is die wet van die Huis. 13  “En dit is die afmetings van die altaar in elle,+ met ’n el wat ’n el en ’n handbreedte is.+ En die onderkant daarvan is ’n el. En die breedte is ’n el. En die opstaande rand daarvan is op die buiterand daarvan rondom: een span. En dit is die voetstuk van die altaar. 14  En van die onderkant op die vloer tot by die onderste omlysting is twee el, en die breedte is een el. En van die klein omlysting tot by die groot omlysting is vier el, en die breedte daarvan is ’n el. 15  En die altaarherd is vier el, en van die altaarherd af en boontoe is die vier horings.+ 16  En die altaarherd is twaalf el lank, met ’n breedte van twaalf el,+ vierkantig aan sy vier kante.+ 17  En die omlysting is veertien el lank, met ’n breedte van veertien el, aan die vier kante daarvan; en die opstaande rand daarom is ’n halwe el, en die onderkant daarvan is ’n el rondom. “En die trappe daarvan kyk na die ooste.” 18  En hy het vir my gesê: “Mensekind, só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Dit is die insettinge van die altaar op die dag dat dit gemaak word, om heelbrandoffers+ daarop te offer en om bloed+ daarop te sprinkel.’ 19  “‘En jy moet aan die Levitiese priesters,+ wat van die nageslag van Sadok is,+ dié wat nader kom na my toe’,+ is die woord van die Soewereine Heer Jehovah, ‘om my te dien, ’n jong bul uit die beeste as ’n sondoffer+ gee. 20  En jy moet van sy bloed neem en dit aan die vier horings daarvan en aan die vier hoeke van die omlysting en aan die opstaande rand rondom smeer en dit van sonde reinig+ en daarvoor versoening doen.+ 21  En jy moet die jong bul neem, die sondoffer, en dit moet op die bestemde plek van die Huis verbrand word, buite die heiligdom.+ 22  En op die tweede dag moet jy ’n bokram sonder gebrek as ’n sondoffer nader bring; en hulle moet die altaar van sonde reinig net soos hulle dit met die jong bul van sonde gereinig het.’ 23  “‘Wanneer jy met die reiniging van sonde klaar is, moet jy ’n jong bul sonder gebrek uit die beeste en ’n ram sonder gebrek uit die kleinvee nader bring. 24  En jy moet hulle nader bring voor Jehovah, en die priesters moet sout daarop gooi en dit as ’n heelbrandoffer aan Jehovah bring.+ 25  Sewe dae lank moet jy ’n bokram as ’n sondoffer vir die dag bring;+ en ’n jong bul uit die beeste en ’n ram uit die kleinvee, volmaaktes, moet hulle offer. 26  Sewe dae lank moet hulle vir die altaar versoening doen,+ en hulle moet dit reinig en dit inwy. 27  En hulle moet die dae voltooi. En op die agtste dag+ en daarna moet die priesters julle heelbrandoffers en julle gemeenskapsoffers op die altaar bring; en ek sal beslis behae in julle hê’,+ is die woord van die Soewereine Heer Jehovah.”

Voetnote