Esegiël 44:1-31

44  En hy het my teruggebring deur die poort van die heiligdom, die buitenste poort wat na die ooste kyk,+ en dit was gesluit.+  Toe het Jehovah vir my gesê: “Wat hierdie poort betref, dit moet gesluit bly. Dit mag nie oopgemaak word nie, en ’n blote mens mag nie daardeur inkom nie; want Jehovah, die God van Israel,+ het daardeur ingekom, en dit moet gesluit bly.  Maar die owerste+—as owerste sal hy daarin sit, om voor Jehovah brood te eet.+ Hy moet deur die portaal van die poort inkom en hy moet daardeur uitgaan.”+  En hy het my toe deur die noordpoort tot voor die Huis gebring, sodat ek kon sien, en kyk! die heerlikheid van Jehovah het die huis van Jehovah gevul.+ En ek het op my gesig geval.+  Toe het Jehovah vir my gesê: “Mensekind, rig jou hart daarop+ en kyk met jou oë en hoor met jou ore alles wat ek vir jou sê oor al die insettinge van die huis van Jehovah en oor al die wette daarvan, en jy moet jou hart rig op die ingang van die Huis met al die uitgange van die heiligdom.  En jy moet vir Opstandigheid,+ vir die huis van Israel, sê: ‘Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “Dit is genoeg van julle weens al julle verfoeilike dinge, o huis van Israel,+  wanneer julle die uitlanders, onbesnede van hart en onbesnede van vlees,+ inbring om in my heiligdom te wees om dit, ja, my huis, te ontheilig; wanneer julle my brood,+ vet+ en bloed,+ aanbied, terwyl hulle voortdurend my verbond weens al julle verfoeilike dinge verbreek.+  Julle het nie die verpligting ten opsigte van my heilige dinge nagekom nie,+ en ook het julle nie ander aangestel om die verpligting teenoor my in my heiligdom vir julle na te kom nie.”’+  “‘Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “Geen uitlander, onbesnede van hart en onbesnede van vlees, mag in my heiligdom inkom nie, dit wil sê geen uitlander wat onder die kinders van Israel is nie.”’+ 10  “‘Maar wat die Leviete betref wat ver van my verwyderd geraak het+ toe Israel, wat van my af weggedwaal het, agter hulle drekgode aan gedwaal het, hulle moet ook hulle oortreding dra.+ 11  En in my heiligdom moet hulle dienaars word in poste van toesig oor die poorte van die Huis en dienaars in die Huis.+ Hulle moet die heelbrandoffer en die offerande vir die volk slag,+ en hulle moet voor hulle staan om hulle te dien.+ 12  Omdat hulle hulle voor hulle drekgode bly dien het+ en vir die huis van Israel ’n struikelblok tot oortreding geword het,+ daarom het ek my hand teen hulle opgehef’,+ is die woord van die Soewereine Heer Jehovah, ‘en hulle moet hulle oortreding dra. 13  En hulle sal nie nader kom na my toe om my as priester te dien of om nader te kom na enige van my heilige dinge, na die hoogheilige dinge+ nie, en hulle moet hulle vernedering dra en hulle verfoeilike dinge wat hulle gedoen het.+ 14  En ek sal hulle beslis die verpligting ten opsigte van die Huis laat nakom, met betrekking tot die hele diens daarvan en met betrekking tot alles wat daarin gedoen moet word.’+ 15  “‘En wat die Levitiese priesters+ betref, die seuns van Sadok,+ wat die verpligting ten opsigte van my heiligdom nagekom het toe die kinders van Israel van my af weggedwaal het,+ hulle sal nader kom na my toe om my te dien, en hulle moet voor my staan+ om vir my die vet+ en die bloed+ aan te bied’, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah. 16  ‘Húlle sal in my heiligdom inkom,+ en hulle sal nader kom na my tafel om my te dien,+ en hulle moet die verpligting teenoor my nakom.+ 17  “‘En wanneer hulle in die poorte van die binneste voorhof kom, moet hulle linneklere dra, en geen wol mag op hulle kom wanneer hulle in die poorte van die binneste voorhof en daarbinne dien nie.+ 18  Linnehooftooisels moet op hulle kop wees,+ en linnebroeke moet aan hulle heupe wees.+ Hulle mag hulle nie omgord met iets wat hulle laat sweet nie. 19  En wanneer hulle uitgaan na die buitenste voorhof, ja, na die buitenste voorhof na die volk toe, moet hulle hulle klere uittrek waarin hulle gedien het,+ en hulle moet dit in die heilige eetkamers+ neersit en ander klere aantrek, sodat hulle die volk nie met hulle klere heilig nie.+ 20  En hulle kop mag hulle nie kaal skeer nie,+ en die hare mag hulle nie los dra nie. Hulle moet vir seker die hare van hulle kop knip.+ 21  En geen priester mag wyn drink wanneer hy in die binneste voorhof kom nie.+ 22  En hulle mag geen weduwee of geskeide vrou vir hulle as vrou neem nie,+ maar maagde uit die nageslag van die huis van Israel+ of die weduwee wat die weduwee van ’n priester is, mag hulle neem.’ 23  “‘En hulle moet my volk onderrig in die verskil tussen wat heilig en wat onheilig is; en die verskil tussen wat onrein en wat rein is, moet hulle aan hulle bekend maak.+ 24  En in ’n regsaak moet hulle staan om reg te spreek;+ volgens my regterlike beslissings moet hulle daarin regspreek.+ En my wette en my insettinge met betrekking tot al my feestye+ moet hulle onderhou, en my sabbatte moet hulle heilig.+ 25  En by ’n dooie mens mag hy nie kom sodat hy onrein word nie, maar vir ’n vader of vir ’n moeder of vir ’n seun of vir ’n dogter of vir ’n broer of vir ’n suster wat nie aan ’n man behoort nie, mag hulle hulle onrein maak.+ 26  En ná sy reiniging moet hulle vir hom sewe dae aftel.+ 27  En op die dag dat hy in die heiligdom inkom, in die binneste voorhof, om in die heiligdom te dien, moet hy sy sondoffer+ aanbied’, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah. 28  “‘En dit sal vir hulle ’n erfdeel word: Ek is hulle erfdeel.+ En geen besitting moet julle hulle in Israel gee nie: Ek is hulle besitting. 29  Die graanoffer en die sondoffer en die skuldoffer—húlle moet dit eet.+ En alles in Israel wat gewy is—dit sal hulle s’n word.+ 30  En die eerstelinge van al die eerste ryp vrugte van alles en elke bydrae van alles uit al julle bydraes—dit sal die priesters s’n word;+ en die eerstelinge van julle growwe meel moet julle aan die priester gee,+ om ’n seën op jou huis te laat rus.+ 31  Niks wat doodgegaan het en niks wat verskeur is, van die voëls of van die diere, mag die priesters eet nie.’+

Voetnote