Esegiël 45:1-25

45  “‘En wanneer julle die land as erfdeel toewys,+ moet julle ’n bydrae vir Jehovah aanbied,+ ’n heilige deel uit die land;+ wat lengte betref, vyf-en-twintigduisend el lank, en wat breedte betref, tienduisend.+ Dit moet ’n heilige deel binne al sy grense rondom wees.  Hiervan moet daar vir die heiligdom vyfhonderd by vyfhonderd wees, rondom vierkantig gemaak;+ en dit moet vyftig el as weiveld aan elke kant hê.+  En uit hierdie afmeting moet jy die lengte van vyf-en-twintigduisend en die breedte van tienduisend meet, en daarin moet die heiligdom wees, iets hoogheiligs.+  As ’n heilige deel uit die land moet dit vir die priesters wees,+ die dienaars van die heiligdom, dié wat nader kom om Jehovah te dien.+ En vir hulle moet dit ’n plek vir huise wees, en ’n heilige plek vir die heiligdom.  “‘Daar moet vyf-en-twintigduisend in lengte en tienduisend in breedte wees.+ Dit moet die Leviete s’n word’, die dienaars van die Huis. As ’n besitting moet hulle twintig eetkamers+ hê.  “‘En as die stadsbesitting moet julle ’n breedte van vyfduisend en ’n lengte van vyf-en-twintigduisend gee, net soos die heilige bydrae.+ Aan die hele huis van Israel moet dit behoort.  “‘En vir die owerste moet daar aan weerskante van die heilige bydrae+ en van die stadsbesitting, langs die heilige bydrae en langs die stadsbesitting, iets aan die westekant weswaarts en iets aan die oostekant ooswaarts wees. En dit moet net so lank soos een van die stamdele wees, van die westelike grens af tot by die oostelike grens.+  Wat die land betref, dit sal syne word as ’n besitting in Israel. En my owerstes sal my volk nie meer sleg behandel nie,+ en hulle sal die land aan die huis van Israel gee volgens hulle stamme.’+  “Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Dit is genoeg, o owerstes van Israel!’+ “‘Verwyder die geweld en die plundering,+ en beoefen geregtigheid en regverdigheid.+ Hef julle onteienings op van my volk’,+ is die woord van die Soewereine Heer Jehovah. 10  ‘Julle moet ’n akkurate weegskaal en ’n akkurate efa en ’n akkurate bat hê.+ 11  Wat die efa en die bat betref, daar moet net een vasgestelde hoeveelheid wees, sodat die bat ’n tiende van ’n homer bevat en die tiende van die homer ’n efa;+ volgens die homer moet die vereiste hoeveelheid daarvan wees. 12  En die sikkel+ is twintig gera.+ Twintig sikkels, vyf-en-twintig sikkels, vyftien sikkels moet vir julle ’n mine wees.’ 13  “‘Dit is die bydrae wat julle moet aanbied: die sesde deel van die efa uit die homer koring en die sesde deel van die efa uit die homer gars; 14  en wat die toegewese deel van die olie betref, daar is die bat olie. Die bat is ’n tiende van die kor. Tien bat is ’n homer; want tien bat is ’n homer. 15  En een skaap uit die kleinvee, uit tweehonderd van die vee van Israel,+ vir die graanoffer+ en vir die heelbrandoffer+ en vir die gemeenskapsoffers,+ om vir hulle versoening te doen’,+ is die woord van die Soewereine Heer Jehovah. 16  “‘Wat die hele volk van die land betref, hulle sal verantwoordelik wees vir hierdie bydrae+ aan die owerste in Israel.+ 17  En op die owerste+ sal die heelbrandoffers+ en die graanoffer+ en die drankoffer+ neerkom gedurende die feeste+ en gedurende die nuwemane+ en gedurende die sabbatte,+ gedurende al die feestye van die huis van Israel.+ Hy moet die sondoffer en die graanoffer en die heelbrandoffer en die gemeenskapsoffers voorsien, om vir die huis van Israel versoening te doen.’ 18  “Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘In die eerste maand, op die eerste dag van die maand, moet jy ’n jong bul sonder gebrek+ uit die beeste neem, en jy moet die heiligdom van sonde reinig.+ 19  En die priester moet van die bloed van die sondoffer neem en dit aan die deurpos+ van die Huis smeer en aan die vier hoeke van die omlysting wat by die altaar behoort+ en aan die deurpos van die poort van die binneste voorhof. 20  En so moet jy op die sewende dag van die maand doen ter wille van enigiemand wat ’n fout begaan+ en ter wille van enige onervarene; en julle moet vir die Huis versoening doen.+ 21  “‘In die eerste maand, op die veertiende dag van die maand, moet vir julle die pasga wees.+ As ’n fees van sewe dae moet ongesuurde koeke geëet word.+ 22  En op dié dag moet die owerste, vir homself en vir die hele volk van die land, ’n jong bul as ’n sondoffer+ voorsien. 23  En tydens die sewe dae van die fees+ moet hy elke dag as ’n heelbrandoffer aan Jehovah sewe jong bulle en sewe ramme sonder gebrek voorsien, die sewe dae lank,+ en daagliks ’n bokram as ’n sondoffer.+ 24  En as ’n graanoffer moet hy ’n efa vir die jong bul en ’n efa vir die ram voorsien, en wat olie betref, ’n hin per efa.+ 25  “‘In die sewende maand, op die vyftiende dag van die maand, gedurende die fees,+ moet hy dieselfde tydens die sewe dae+ voorsien, dieselfde as die sondoffer, as die heelbrandoffer en as die graanoffer en as die olie.’”

Voetnote