Esegiël 46:1-24

46  “Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Wat die poort van die binneste voorhof betref wat na die ooste kyk,+ dit moet gedurende die ses werksdae+ gesluit bly,+ en op die sabbatdag moet dit oopgemaak word, en op die dag van die nuwemaan moet dit oopgemaak word.+  En die owerste moet deur die portaal van die poort inkom,+ van buite af, en by die deurpos van die poort+ gaan staan; en die priesters moet sy heelbrandoffer en sy gemeenskapsoffers offer, en hy moet hom op die drumpel van die poort neerbuig,+ en hy moet uitgaan, maar die poort moet tot die aand toe nie gesluit word nie.  En die volk van die land moet hulle op die sabbatte en op die nuwemane by die ingang van dié poort voor Jehovah neerbuig.+  “‘En die heelbrandoffer wat die owerste op die sabbatdag vir Jehovah moet aanbied, moet ses ramlammers sonder gebrek en ’n ram sonder gebrek wees;+  en as ’n graanoffer ’n efa vir die ram,+ en vir die ramlammers ’n graanoffer volgens wat hy kan gee,+ en wat olie betref, ’n hin per efa.+  En op die dag van die nuwemaan+ moet daar ’n jong bul sonder gebrek uit die beeste en ses ramlammers en ’n ram wees; hulle moet sonder gebrek wees.+  En ’n efa vir die jong bul en ’n efa vir die ram moet hy as ’n graanoffer bring, en vir die ramlammers volgens wat hy kan bekostig; en wat olie betref, ’n hin per efa.+  “‘En wanneer die owerste+ inkom, moet hy deur die portaal van die poort inkom, en hy moet daardeur uitgaan.+  En wanneer die volk van die land in die feestye+ voor Jehovah inkom, moet hy wat deur die noordpoort+ inkom om hom neer te buig, deur die suidpoort+ uitgaan; en hy wat deur die suidpoort inkom, moet deur die noordpoort uitgaan. Niemand mag teruggaan deur die poort waardeur hy ingekom het nie, want hy moet reguit vorentoe uitgaan. 10  En wat die owerste in hulle midde betref, wanneer hulle inkom, moet hy inkom; en wanneer hulle uitgaan, moet hy uitgaan.+ 11  En op die feeste+ en in die feestye moet die graanoffer ’n efa vir die jong bul en ’n efa vir die ram wees, en vir die ramlammers volgens wat hy kan gee; en wat olie betref, ’n hin per efa.+ 12  “‘En as die owerste ’n heelbrandoffer as ’n vrywillige gawe voorsien,+ of gemeenskapsoffers as ’n vrywillige gawe aan Jehovah, dan moet die poort wat na die ooste kyk+ vir hom oopgemaak word, en hy moet sy heelbrandoffer en sy gemeenskapsoffers voorsien soos hy op die sabbatdag+ doen. En hy moet uitgaan, en die poort moet gesluit word nadat hy uitgegaan het.+ 13  “‘En jy moet elke dag ’n ramlam sonder gebrek, in sy eerste jaar, as ’n heelbrandoffer aan Jehovah voorsien.+ Oggend na oggend moet jy dit voorsien. 14  En as ’n graanoffer moet jy oggend na oggend daarby die sesde van ’n efa voorsien, en wat olie betref, die derde van ’n hin om die fynmeel te besprinkel.+ Die graanoffer aan Jehovah is ’n insetting wat tot onbepaalde tyd duur, altyddeur. 15  En hulle moet die ramlam en die graanoffer en die olie oggend na oggend as ’n voortdurende heelbrandoffer voorsien.’ 16  “Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘As die owerste aan elkeen van sy seuns ’n geskenk gee as sy erfdeel, sal dit die eiendom van sy seuns word. Dit is hulle erfbesitting. 17  En as hy uit sy erfdeel ’n geskenk aan een van sy knegte gee, dan sal dit syne word tot die jaar van vrylating;+ en dit moet na die owerste toe terugkom. Maar sy erfdeel—wat sy seuns betref—moet hulle s’n bly. 18  En die owerste mag niks van die erfdeel van die volk neem om hulle uit hulle besitting te verdring nie.+ Uit sy eie besitting moet hy sy seuns ’n erfdeel gee, sodat my volk nie verstrooi word, elkeen uit sy besitting nie.’”+ 19  En hy het my deur die ingang+ gebring wat by die sykant van die poort was, na die heilige eetkamers, dié wat aan die priesters behoort het, wat na die noorde gekyk het,+ en kyk! daar was ’n plek daar aan albei agterkante, na die weste toe. 20  En hy het vir my gesê: “Dit is die plek waar die priesters die skuldoffer en die sondoffer+ moet kook+ en waar hulle die graanoffer moet bak,+ sodat hulle niks na die buitenste voorhof uitbring waardeur hulle die volk sou heilig nie.”+ 21  En hy het my na die buitenste voorhof uitgebring en my by die vier hoekstyle van die voorhof verby laat gaan, en kyk! daar was ’n voorhof by hierdie hoekstyl van die voorhof, ’n voorhof by die ander hoekstyl van die voorhof. 22  By die vier hoekstyle van die voorhof was daar klein voorhowe, veertig el lank en dertig breed. Al vier met die hoekbousels het dieselfde afmeting gehad. 23  En daar was ’n ry rondom hulle, rondom al vier, en daar is kookplekke+ gemaak onder die rye rondom. 24  Toe het hy vir my gesê: “Dit is die huise van dié wat kook, waar die dienaars van die Huis die offerande van die volk kook.”+

Voetnote