Esegiël 47:1-23

47  En geleidelik het hy my teruggebring na die ingang van die Huis,+ en kyk! daar het water+ onder die drumpel van die Huis uitgevloei, ooswaarts,+ want die voorkant van die Huis was na die ooste toe. En die water het van onder afgevloei, van die regterkant van die Huis af, suid van die altaar.  En hy het my geleidelik deur die noordpoort+ uitgebring en my buite om geneem na die buitenste poort wat na die ooste kyk,+ en kyk! ’n straaltjie water+ het uit die regterkant gevloei.  Toe die man na die ooste uitgaan met ’n meetsnoer in sy hand,+ het hy ook duisend el gemeet en my deur die water laat gaan, water tot aan die enkels.  En hy het nog duisend gemeet en my toe deur die water laat gaan, water tot aan die knieë. En hy het nog duisend gemeet en my toe laat deurgaan—water tot aan die heupe.  En hy het nog duisend gemeet. Dit was ’n stroom waardeur ek nie kon gaan nie, want die water het hoog geword, water waarin geswem kon word, ’n stroom waardeur ’n mens nie kon gaan nie.  Daarop het hy vir my gesê: “Het jy dit gesien, o mensekind?” Toe het hy my laat loop en my na die oewer van die stroom laat terugkeer.  Toe ek teruggekeer het, kyk! toe was daar op die oewer van die stroom ’n baie groot aantal bome, aan hierdie kant en aan die ander kant.+  En hy het vir my gesê: “Hierdie water vloei weg na die oostelike streek en sal deur die Aʹraba+ afvloei. En dit sal by die see kom.+ Deurdat dit in die see ingelei word,+ word die water daarvan ook gesond gemaak.  En al die lewende siele wat wemel,+ sal oral waar die dubbele stroom kom, lewe kry. En daar sal ’n baie groot aantal visse wees, omdat hierdie water beslis daar sal kom, en die seewater sal gesond gemaak word,+ en alles sal lewe waar die stroom kom. 10  “En vissers sal daarlangs staan, van En-Gedi+ af tot by En-Eglaʹim. Daar sal ’n droogwerf vir sleepnette wees. Na hulle soorte sal hulle visse wees, soos die visse van die Groot See,+ ’n baie groot aantal. 11  “Daar is die moerasagtige plekke en die vleiagtige plekke daarvan, en hulle sal nie gesond gemaak word nie.+ Aan die sout sal hulle beslis oorgegee word.+ 12  “En langs die stroom, langs sy oewer aan hierdie kant en aan die ander kant, sal allerhande bome vir voedsel opkom.+ Hulle blare sal nie verwelk nie,+ en ook sal hulle vrugte nie opraak nie.+ In hulle maande sal hulle nuwe vrugte dra, want die water vir hulle—dit kom uit die heiligdom.+ En hulle vrugte sal as voedsel dien en hulle blare tot genesing.”+ 13  Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “Dit is die gebied wat julle as erfdeel aan julle moet toewys as die land vir die twaalf stamme van Israel, met twee stukke grond vir Josef.+ 14  En julle moet dit beërf, elkeen net soos sy broer, die land waaroor ek my hand in ’n eed opgehef het+ om dit aan julle voorvaders te gee;+ en hierdie land moet julle deur die lot as erfdeel toeval.+ 15  “En dit is die grens van die land aan die noordekant, van die Groot See af langs die weg na Hetlon,+ soos ’n mens na Sedad+ kom, 16  Hamat,+ Beroʹta,+ Sibraʹim, wat tussen die grens van Damaskus+ en die grens van Hamat lê; Haʹser-Hatʹtikon, wat in die rigting van die grens van Hauran+ is. 17  En die grens van die see af moet Hasar-Enon+ wees, die grens van Damaskus en noord—noordwaarts, en die grens van Hamat.+ Dit is die noordekant. 18  “En die oostekant is van tussen Hauran+ en Damaskus+ af en tussen Giʹlead+ en die land van Israel; die Jordaan,+ van die grens af tot by die oostelike see moet julle meet. Dit is die oostekant. 19  “En die suidekant is na die suide toe, van Tamar+ af tot by die waters van Meʹribat-Kaʹdes,+ die stroomvallei+ na die Groot See. Dit is die suidekant, in die rigting van die Negeb. 20  “En die westekant is die Groot See, van die grens af regdeur tot by die ingang na Hamat.+ Dit is die westekant.” 21  “En julle moet hierdie land onder julle verdeel, onder die twaalf stamme van Israel. 22  En julle moet dit as erfdeel toewys aan julle+ en aan die inwonende vreemdelinge wat as vreemdelinge onder julle woon,+ wat onder julle die vader van kinders geword het. En hulle moet vir julle soos ’n boorling onder die kinders van Israel word. Saam met julle sal ’n erfdeel hulle deur die lot toeval onder die stamme van Israel.+ 23  En in die stam waar die inwonende vreemdeling as ’n vreemdeling gaan woon het, daar moet julle hom sy erfdeel gee”, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah.

Voetnote