Esegiël 48:1-35

48  “En dit is die name van die stamme. Van die noordelike punt af, aan die kant langs die pad van Hetlon+ tot by die ingang na Hamat,+ Hasar-Enan,+ die grens van Damaskus, noordwaarts, aan die kant van Hamat; en dit moet ’n oostelike grens en die westelike hê: Dan,+ een deel.  En aan die grens van Dan, van die oostelike grens af tot by die westelike grens: Aser,+ een.  En aan die grens van Aser, van die oostelike grens af tot by die westelike grens: Nafʹtali,+ een.  En aan die grens van Nafʹtali, van die oostelike grens af tot by die westelike grens: Manasʹse,+ een.  En aan die grens van Manasʹse, van die oostelike grens af tot by die westelike grens: Eʹfraim,+ een.  En aan die grens van Eʹfraim, van die oostelike grens af tot by die westelike grens: Ruben,+ een.  En aan die grens van Ruben, van die oostelike grens af tot by die westelike grens: Juda,+ een.  En aan die grens van Juda, van die oostelike grens af tot by die westelike grens, moet die bydrae wat julle moet bydra vyf-en-twintigduisend el breed wees,+ en die lengte volgens een van die dele van die oostelike grens af tot by die westelike grens. En die heiligdom moet daarin wees.+  “Wat die bydrae betref wat julle vir Jehovah moet bydra, die lengte moet vyf-en-twintigduisend el wees en die breedte tienduisend. 10  En daarvolgens moet die heilige bydrae vir die priesters wees,+ aan die noordekant vyf-en-twintigduisend el, en aan die westekant ’n breedte van tienduisend, en aan die oostekant ’n breedte van tienduisend, en aan die suidekant ’n lengte van vyf-en-twintigduisend. En die heiligdom van Jehovah moet daarin wees.+ 11  Dit moet vir die priesters wees, dié wat geheilig is uit die seuns van Sadok,+ wat die verpligting teenoor my nagekom het, wat nie afgedwaal het toe die kinders van Israel afgedwaal het, soos die Leviete afgedwaal het nie.+ 12  En hulle moet ’n bydrae uit die bydrae van die land as iets hoogheiligs kry, aan die grens van die Leviete.+ 13  “En die Leviete moet, reg langs die gebied van die priesters, ’n lengte van vyf-en-twintigduisend el kry,+ en ’n breedte van tienduisend; die hele lengte is vyf-en-twintigduisend en die breedte tienduisend.+ 14  En hulle mag niks daarvan verkoop of verruil nie, en ook mag niemand die beste van die land van hulle laat weggaan nie; want dit is iets heiligs vir Jehovah.+ 15  “Wat die vyfduisend el betref wat in die breedte langs die vyf-en-twintigduisend oorbly, dit is iets ongewyds vir die stad,+ as ’n woonplek en as weiveld. En die stad moet daarin wees.+ 16  En dít is die stad se afmetings: die noordekant, vierduisend-vyfhonderd el, en die suidekant, vierduisend-vyfhonderd, en die oostekant, vierduisend-vyfhonderd, en die westekant, vierduisend-vyfhonderd. 17  En die stad moet ’n weiveld hê,+ aan die noordekant, tweehonderd-en-vyftig el, en aan die suidekant, tweehonderd-en-vyftig, en aan die oostekant, tweehonderd-en-vyftig, en aan die westekant, tweehonderd-en-vyftig. 18  “En wat in die lengte oorbly, moet net soos die heilige bydrae+ wees, tienduisend el aan die oostekant, en tienduisend aan die westekant; en dit moet net soos die heilige bydrae wees, en die opbrengs daarvan moet brood wees vir dié wat die stad dien.+ 19  En dié uit al die stamme van Israel wat die stad dien, sal dit bewerk.+ 20  “Die hele bydrae is vyf-en-twintigduisend el by vyf-en-twintigduisend. ’n Vierkantige deel moet julle bydra as die heilige bydrae saam met die stadsbesitting. 21  “En wat oorbly, moet aan die owerste+ behoort, aan weerskante van die heilige bydrae en van die stadsbesitting,+ langs die vyf-en-twintigduisend el van die bydrae tot by die oostelike grens; en aan die westekant langs die vyf-en-twintigduisend el tot by die westelike grens.+ Net soos die stamdele—dit moet vir die owerste wees. En die heilige bydrae en die heiligdom van die Huis moet daarin wees. 22  “En wat die besitting van die Leviete en die stadsbesitting betref, in die midde van wat aan die owerste behoort, moet dit wees. Tussen die grens van Juda+ en die grens van Benjamin moet dit aan die owerste behoort. 23  “En wat die res van die stamme betref, van die oostelike grens af tot by die westelike grens: Benjamin,+ een deel. 24  En aan die grens van Benjamin, van die oostelike grens af tot by die westelike grens: Siʹmeon,+ een. 25  En aan die grens van Siʹmeon, van die oostelike grens af tot by die westelike grens: Isʹsaskar,+ een. 26  En aan die grens van Isʹsaskar, van die oostelike grens af tot by die westelike grens: Seʹbulon,+ een. 27  En aan die grens van Seʹbulon, van die oostelike grens af tot by die westelike grens: Gad,+ een. 28  En aan die grens van Gad, tot by die suidelike grens, moet dit suidwaarts wees; en die grens moet van Tamar+ af wees na die waters van Meʹribat-Kaʹdes,+ na die stroomvallei,+ tot by die Groot See.+ 29  “Dit sal die land wees wat julle die stamme van Israel deur die lot as erfdeel moet laat toeval,+ en dit sal hulle dele wees”,+ is die woord van die Soewereine Heer Jehovah. 30  “En dit moet die uitgange van die stad wees: Aan die noordekant moet die afmeting vierduisend-vyfhonderd el wees.+ 31  “En die poorte van die stad moet volgens die name van die stamme van Israel wees, drie poorte aan die noordekant: die poort van Ruben, een; die poort van Juda, een; die poort van Levi, een. 32  “En aan die oostekant moet daar vierduisend-vyfhonderd el wees, en drie poorte: ja, die poort van Josef, een; die poort van Benjamin, een; die poort van Dan, een. 33  “En die afmeting van die suidekant moet vierduisend-vyfhonderd el wees, met drie poorte: die poort van Siʹmeon, een; die poort van Isʹsaskar, een; die poort van Seʹbulon, een. 34  “Die westekant moet vierduisend-vyfhonderd el wees, met drie poorte: die poort van Gad, een; die poort van Aser, een; die poort van Nafʹtali, een. 35  “Rondom moet daar agtienduisend el wees; en die naam van die stad moet van dié dag af wees: Jehovah is daar.”+

Voetnote