Esegiël 5:1-17

5  “En wat jou betref, o mensekind, neem vir jou ’n skerp swaard. As ’n haarkapper se skeermes moet jy dit vir jou neem, en jy moet dit oor jou kop en oor jou baard laat gaan,+ en jy moet vir jou ’n weegskaal neem en die hare in dele verdeel.  ’n Derde moet jy in die stad met vuur verbrand sodra die dae van die beleëring vervul is.+ En jy moet nog ’n derde neem. Jy moet dit rondom die stad met die swaard slaan,+ en die laaste derde moet jy in die wind strooi, en ek sal ’n swaard agter hulle uittrek.+  “En jy moet ’n klein bietjie daarvan neem en dit in die slippe van jou kleed bind.+  En jy moet nog daarvan neem en dit binne-in die vuur gooi en dit in die vuur tot as verbrand. Van een sal daar ’n vuur na die hele huis van Israel uitgaan.+  “Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Dit is Jerusalem. Onder die nasies het ek hom gestel, met lande rondom hom.  En hy het hom opstandig gedra teen my regterlike beslissings, goddeloser as die nasies,+ en teen my insettinge meer as die lande wat rondom hom is, want hulle het my regterlike beslissings verwerp, en in my insettinge het hulle nie gewandel nie.’+  “Daarom, só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Omdat julle onstuimiger was+ as die nasies wat rondom julle is, deurdat julle in my insettinge nie gewandel het en my regterlike beslissings nie uitgevoer het nie;+ maar die regterlike beslissings van die nasies wat rondom julle is, het julle uitgevoer, nie waar nie?+  daarom, só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “Kyk, ek is teen jou, o stad, ja ek,+ en ek sal in jou midde regterlike beslissings voor die oë van die nasies uitvoer.+  En weens al jou verfoeilike dinge sal ek in jou doen wat ek nog nie gedoen het nie en soos ek nie weer sal doen nie.+ 10  “‘“Daarom sal vaders kinders in jou eet,+ en kinders sal hulle vaders eet, en ek sal strafgerigte in jou voltrek en die res van jou in alle windrigtings verstrooi.”’+ 11  “‘Daarom, so waar as ek lewe’, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah, ‘waarlik, omdat jy my heiligdom met al jou walglike dinge+ en met al jou verfoeilike dinge+ verontreinig het, sal Ek jou ook verminder,+ en my oog sal nie jammer voel nie,+ en ook sal ek geen medelye betoon nie.+ 12  ’n Derde van jou—deur die pes sal hulle sterf,+ en deur hongersnood sal hulle in jou aan hulle einde kom.+ En nog ’n derde—deur die swaard sal hulle rondom jou val. En die laaste derde sal ek in alle windrigtings verstrooi,+ en ’n swaard sal ek agter hulle uittrek.+ 13  En my toorn sal beslis uitwoed,+ en ek sal my woede teen hulle tot bedaring bring+ en myself troos;+ en hulle sal moet weet dat ek, Jehovah, in my aandrang op uitsluitlike toegewydheid+ gespreek het, wanneer ek my woede teen hulle laat uitwoed. 14  “‘En ek sal jou ’n verwoeste plek en ’n smaad maak onder die nasies wat rondom jou is, voor die oë van elke verbyganger.+ 15  En jy sal ’n smaad+ en ’n voorwerp van skelwoorde word,+ ’n waarskuwende voorbeeld+ en ’n afgryslikheid vir die nasies wat rondom jou is, wanneer ek in toorn en in woede en in woedende teregwysings strafgerigte in jou voltrek.+ Ek, Jehovah, het gespreek. 16  “‘Wanneer ek die skadelike pyle van die hongersnood teen hulle stuur,+ wat vernietiging sal veroorsaak, die pyle wat ek sal stuur om julle te verdelg,+ dan sal ek die hongersnood oor julle vermeerder, en ek sal julle stawwe verbreek waaraan ringvormige brode gehang word.+ 17  En ek sal hongersnood en gevaarlike wilde diere teen julle stuur,+ en hulle sal jou van kinders beroof, en pes+ en bloed+ sal in jou rondgaan, en ’n swaard sal ek oor jou bring.+ Ek, Jehovah, het gespreek.’”

Voetnote