Esegiël 6:1-14

6  En die woord van Jehovah het verder tot my gekom en gesê:  “Mensekind, keer jou gesig na die berge van Israel en profeteer+ teen hulle.+  En jy moet sê: ‘O berge van Israel, hoor die woord van die Soewereine Heer Jehovah:+ Só het die Soewereine Heer Jehovah vir die berge en vir die heuwels,+ vir die stroombeddings en vir die valleie gesê: “Hier is ek! Ek bring ’n swaard oor julle, en ek sal beslis julle hoogtes vernietig.+  En julle altare sal verwoes word+ en julle reukwerkstaanders sal gebreek word, en ek sal dié uit julle wat omgebring is, voor julle drekgode laat val.+  En ek sal die lyke van die kinders van Israel voor hulle drekgode neerlê, en ek sal julle beendere rondom julle altare strooi.+  In al julle woonplekke+ sal die stede verwoes+ en die hoogtes in puin gelê word, sodat hulle woes sal lê+ en julle altare in puin sal lê en stukkend sal wees+ en aan julle drekgode ’n einde gemaak sal word+ en julle reukwerkstaanders omgekap+ en julle werke uitgewis sal word.  En die een wat omgebring is, sal beslis in julle midde val,+ en julle sal moet weet dat ek Jehovah is.+  “‘“En wanneer dit gebeur, sal ek vir julle dié wat onder die nasies aan die swaard ontkom, as oorblyfsel laat, wanneer julle in die lande verstrooi word.+  En dié uit julle wat ontkom het, sal beslis aan my dink onder die nasies waarheen hulle gevange weggevoer is,+ want ek is gebroke weens hulle hoererende hart wat van my afgewyk het+ en weens hulle oë wat in hoerery agter hulle drekgode aan gaan;+ en hulle sal beslis ’n weersin in hulleself hê weens die slegte dinge wat hulle in al hulle verfoeilike dinge gedoen het.+ 10  En hulle sal moet weet dat ek Jehovah is; ek het nie tevergeefs gesê+ dat ek hulle hierdie rampspoed sal aandoen nie.”’+ 11  “Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Klap jou hande+ en stamp met jou voet en sê: “Ag!” weens al die growwe verfoeilike dinge van die huis van Israel,+ omdat hulle deur die swaard,+ deur die hongersnood+ en deur die pes sal val.+ 12  Hy wat ver is,+ sal deur die pes sterf; en hy wat naby is, sal deur die swaard val; en hy wat oorgebly het en wat bewaar is, sal deur die hongersnood sterf, en ek sal my woede teen hulle laat uitwoed.+ 13  En julle sal moet weet dat ek Jehovah is,+ wanneer dié uit hulle wat omgebring is, tussen hulle drekgode lê,+ rondom hulle altare,+ op elke hoë heuwel,+ op al die bergtoppe+ en onder elke blaarryke boom+ en onder elke digte, groot boom,+ die plek waar hulle ’n rustige geur aan al hulle drekgode geoffer het.+ 14  En ek sal my hand teen hulle uitstrek+ en die land ’n verlate woesteny maak, ja, ’n erger woesteny as die wildernis in die rigting van Dibla, in al hulle woonplekke. En hulle sal moet weet dat ek Jehovah is.’”

Voetnote