Esegiël 7:1-27

7  En die woord van Jehovah het verder tot my gekom en gesê:  “En wat jou betref, o mensekind, só het die Soewereine Heer Jehovah vir die land van Israel gesê: ‘’n Einde, die einde, het oor die vier uithoeke van die land gekom.+  Nou is die einde oor jou,+ en ek sal my toorn teen jou stuur, en ek sal jou volgens jou weë oordeel+ en al jou verfoeilike dinge oor jou bring.  En my oog sal nie vir jou jammer voel nie,+ en ook sal ek geen medelye voel nie, want ek sal jou eie weë oor jou bring, en jou eie verfoeilike dinge sal in jou midde wees;+ en julle sal moet weet dat ek Jehovah is.’+  “Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Rampspoed, unieke rampspoed, kyk! dit kom.+  ’n Einde moet kom.+ Die einde moet kom; dit moet vir jou wakker word. Kyk! Dit kom.+  Die sierkrans moet by jou kom, o inwoner van die land, die tyd moet kom, die dag is naby.+ Daar is verwarring en nie die gejuig van die berge nie.  “‘Nou sal ek binnekort my woede oor jou uitstort,+ en ek sal my toorn teen jou laat uitwoed,+ en ek sal jou volgens jou weë oordeel+ en al jou verfoeilike dinge oor jou bring.  My oog sal nie jammer voel nie,+ en ook sal ek geen medelye voel nie.+ Volgens jou weë sal ek dit oor jou bring, en jou eie verfoeilike dinge sal in jou midde wees;+ en julle sal moet weet dat ek Jehovah is, wat die slag toedien.+ 10  “‘Kyk! Die dag! Kyk! Dit kom.+ Die sierkrans het uitgegaan.+ Die staf het gebloei.+ Vermetelheid het uitgespruit.+ 11  Geweld het tot ’n staf van goddeloosheid opgeskiet.+ Dit is nie uit hulle nie, en ook is dit nie uit hulle rykdom nie; en dit is nie uit hulleself nie, en ook is daar geen uitnemendheid in hulle nie. 12  Die tyd moet kom, die dag moet aanbreek. Wat die koper betref, laat hy nie bly wees nie;+ en wat die verkoper betref, laat hy nie treur nie, want daar is brandende toorn teen die hele menigte daarvan. 13  Want die verkoper sal nie terugkeer na wat verkoop is terwyl hulle lewe nog onder die lewendes is nie; want die visioen is vir die hele menigte daarvan. Niemand sal terugkeer nie, en nie een van hulle sal deur sy oortreding sy lewe in besit kry nie. 14  “‘Hulle het op die trompet geblaas+ en almal het hulle gereedgemaak, maar niemand trek na die oorlog nie, want my brandende toorn is teen die hele menigte daarvan.+ 15  Die swaard+ is buite, en die pes en die hongersnood is binne.+ Elkeen wat in die veld is, deur die swaard sal hy sterf, en almal wat in die stad is, die hongersnood en die pes sal hulle verslind.+ 16  En dié uit hulle wat ontkom, sal beslis ontkom+ en op die berge soos die duiwe van die valleie word,+ wat almal kerm, elkeen in sy eie oortreding. 17  Wat al die hande betref, hulle word slap;+ en wat al die knieë betref, hulle drup van water.+ 18  En hulle het hulle met saklinne omgord,+ en siddering het oor hulle gekom;+ en op alle gesigte is daar skaamte+ en op al hulle koppe is daar kaalheid.+ 19  “‘Hulle silwer sal hulle op die strate gooi, en hulle goud sal iets afskuweliks word. Nie hulle silwer of hulle goud sal hulle kan verlos in die dag van Jehovah se grimmigheid nie.+ Hulle siel sal hulle nie versadig nie, en hulle ingewande sal hulle nie vul nie, want dit het ’n struikelblok geword wat hulle oortreding veroorsaak.+ 20  En die sieraad wat tot versiering strek—dit is ’n rede tot trots gemaak; en hulle verfoeilike beelde,+ hulle walglike dinge,+ het hulle daarmee gemaak. Daarom sal ek dit vir hulle iets afskuweliks maak.+ 21  En ek sal dit in die hand van die vreemdelinge as roofgoed gee, en vir die goddeloses van die aarde as buit,+ en hulle sal dit beslis ontheilig. 22  “‘En ek sal my aangesig van hulle moet afwend,+ en hulle sal my verborge plek ontheilig, en rowers sal werklik daar inkom en dit ontheilig.+ 23  “‘Maak die ketting,+ want die land is vol bloedbevlekte oordeel+ en die stad is vol geweld.+ 24  En ek sal die ergstes onder die nasies inbring,+ en hulle sal beslis hulle huise in besit neem,+ en ek sal die trots van die sterkes laat ophou,+ en hulle heiligdomme sal ontheilig word.+ 25  Daar sal angs kom, en hulle sal beslis vrede soek, maar dit sal daar nie wees nie.+ 26  Daar sal teëspoed op teëspoed kom,+ en daar sal berig op berig wees, en mense sal ’n visioen by ’n profeet soek,+ en die wet sal verdwyn by ’n priester, en raad by ouer manne.+ 27  Die koning sal treur;+ selfs ’n owerste sal hom met verlatenheid beklee,+ en die hande van die volk van die land sal verontrus word. Volgens hulle weg sal ek teenoor hulle optree,+ en met hulle oordele sal ek hulle oordeel;+ en hulle sal moet weet dat ek Jehovah is.’”+

Voetnote