Esegiël 8:1-18

8  En in die sesde jaar, in die sesde maand, op die vyfde dag van die maand, het ek in my huis gesit, en die ouer manne van Juda het voor my gesit,+ toe die hand van die Soewereine Heer Jehovah daar op my geval het.+  En ek het toe gesien, en kyk! daar was ’n gestalte wat soos vuur gelyk het;+ van wat soos sy heupe gelyk het en ondertoe, was daar vuur,+ en van sy heupe af en boontoe was daar iets wat soos ’n ligglans gelyk het, soos die gloed van elektrum.+  Toe het hy iets uitgesteek wat die vorm van ’n hand+ gehad het en my aan ’n bossie hare van my kop gevat, en ’n gees+ het my tussen die aarde en die hemel gedra en my in die visioene van God+ na Jerusalem gebring, na die ingang van die binneste poort+ wat noordwaarts kyk, waar die woonplek is van die simbool van jaloesie wat jaloesie opwek.+  En kyk! die heerlikheid van die God van Israel was daar,+ soos die verskyning wat ek in die valleivlakte gesien het.  En hy het vir my gesê: “Mensekind, slaan asseblief jou oë op in die rigting van die noorde.” Toe het ek my oë in die rigting van die noorde opgeslaan, en kyk, aan die noordekant van die altaarpoort was daardie simbool van jaloesie+ in die ingang.  En hy het verder vir my gesê: “Mensekind, sien jy watter uiters verfoeilike dinge hulle doen,+ die dinge wat die huis van Israel hier doen om my ver van my heiligdom af te laat weggaan?+ En jy sal weer eens uiters verfoeilike dinge sien.”  Daarop het hy my na die ingang van die voorhof gebring, en ek het toe gesien, en kyk! daar was ’n gat in die muur.  Hy het toe vir my gesê: “Mensekind, breek asseblief deur die muur.”+ En ek het geleidelik deur die muur gebreek, en kyk! daar was ’n ingang.  En hy het verder vir my gesê: “Gaan in en sien die growwe verfoeilike dinge wat hulle hier doen.”+ 10  Toe het ek ingegaan en gesien, en kyk! daar was allerhande afbeeldings+ van kruipende en gruwelike diere,+ en al die drekgode van die huis van Israel,+ oral rondom op die muur gegraveer. 11  En sewentig manne+ uit die ouer manne van die huis van Israel het daarvoor gestaan, met Jaäsanʹja, die seun van Safan,+ wat tussen hulle gestaan het, elkeen met sy reukvat in sy hand, en die geur van die wolk van die reukwerk het opgestyg.+ 12  En hy het vir my gesê: “Het jy gesien, o mensekind, wat die ouer manne van die huis van Israel in die duisternis doen,+ elkeen in die binnekamers van sy vertoonstuk? Want hulle sê: ‘Jehovah sien ons nie.+ Jehovah het die land verlaat.’” 13  En hy het verder vir my gesê: “Jy sal weer eens uiters verfoeilike dinge sien wat hulle doen.”+ 14  Toe het hy my gebring na die ingang van die poort van die huis van Jehovah, wat na die noorde toe is, en kyk! daar het die vroue gesit wat oor die god Tammus huil. 15  En hy het verder vir my gesê: “Het jy dit gesien, o mensekind? Jy sal weer eens groot verfoeilike+ dinge sien, erger as dié.” 16  Toe het hy my na die binneste voorhof van die huis van Jehovah+ gebring, en kyk! by die ingang van die tempel van Jehovah, tussen die portaal en die altaar,+ was daar ongeveer vyf-en-twintig manne+ met hulle rug na die tempel van Jehovah+ en hulle gesig na die ooste, en hulle het hulle na die ooste neergebuig, voor die son.+ 17  En hy het vir my gesê: “Het jy dit gesien, o mensekind? Is dit vir die huis van Juda iets so gering om die verfoeilike dinge te doen wat hulle hier gedoen het, dat hulle die land met geweld moet vul+ en dat hulle my weer moet aanstoot gee, en kyk, hulle steek die loot uit na my neus? 18  En ek sal ook in woede optree.+ My oog sal nie jammer voel nie, en ook sal ek geen medelye voel nie.+ En hulle sal beslis met ’n harde stem voor my ore roep, maar ek sal hulle nie hoor nie.”+

Voetnote