Esegiël 9:1-11

9  En hy het met ’n harde stem voor my ore uitgeroep en gesê: “LAAT dié wat hulle aandag op die stad rig, nader kom, elkeen met sy wapen in sy hand om verwoesting aan te rig!”  En kyk! ses manne het uit die rigting van die boonste+ poort gekom wat noord kyk, elkeen met sy wapen om mee te verbrysel in sy hand; en daar was een man onder hulle wat in linne geklee was,+ met ’n sekretaris se inkhoring aan sy heupe, en hulle het ingekom en langs die koperaltaar+ gaan staan.  En wat die heerlikheid van die God van Israel+ betref, dit is opgelig van die gerubs+ waarbo dit was, na die drumpel van die huis,+ en hy het begin roep na die man wat in die linne geklee was,+ aan wie se heupe die sekretaris se inkhoring was.  En Jehovah het vir hom gesê: “Trek deur die stad, deur Jerusalem, en jy moet ’n merk maak op die voorkoppe van die mense wat sug en steun+ oor al die verfoeilike dinge wat daarin gedoen word.”+  En vir die ander het hy voor my ore gesê: “Trek agter hom aan deur die stad en slaan. Laat julle oog nie jammer voel nie, en moenie enige medelye voel nie.+  Ou man, jong man en maagd en kindjie en vroue+ moet julle doodmaak—tot vernietiging toe. Maar moenie naby enigiemand gaan op wie die merk is nie,+ en julle moet by my heiligdom begin.”+ Toe het hulle begin by die ou manne wat voor die huis was.+  En hy het verder vir hulle gesê: “Verontreinig die huis en vul die voorhowe met dié wat omgebring is.+ Trek uit!” En hulle het uitgetrek en geslaan in die stad.  En terwyl hulle geslaan en ek oorgebly het, het ek op my gesig geval+ en uitgeroep en gesê: “Ag,+ o Soewereine Heer Jehovah! Verdelg u al die oorblywendes van Israel terwyl u u woede oor Jerusalem uitstort?”+  Toe het hy vir my gesê: “Die oortreding van die huis van Israel en Juda+ is uitermate groot,+ en die land is met bloedvergieting gevul+ en die stad is vol verdorwenheid;+ want hulle het gesê: ‘Jehovah het die land verlaat,+ en Jehovah sien nie.’+ 10  En ook wat my betref, my oog sal nie jammer voel nie,+ en ook sal ek geen medelye betoon nie.+ Hulle weg sal ek beslis op hulle eie hoof laat neerkom.”+ 11  En kyk! die man wat in die linne geklee was, aan wie se heupe die inkhoring was, het berig gebring en gesê: “Ek het gedoen net soos u my beveel het.”+

Voetnote