Galasiërs 3:1-29

3  O onverstandige Galasiërs, wie het julle onder ’n bose invloed gebring,+ julle voor wie se oë Jesus Christus openlik uitgebeeld is as aan die paal gehang?+  Net dít wil ek by julle verneem: Het julle die gees ontvang+ weens werke van die wet+ of omdat julle deur geloof gehoor het?+  Is julle só onverstandig? Word julle nou, nadat julle in die gees begin het,+ in die vlees voltooi?+  Het julle verniet soveel lyding ondergaan?+ As dit wél verniet was.  Hy dan wat aan julle die gees verskaf+ en kragtige werke+ onder julle verrig, doen hy dit as gevolg van werke van die wet of omdat julle deur geloof gehoor het?  Net soos Abraham ‘geloof in Jehovah gestel het, en dit is hom as regverdigheid toegereken’.+  Julle weet tog dat dié wat aan geloof vashou,+ kinders van Abraham is.+  En die Skrifgedeelte, wat vooruitgesien het dat God mense van die nasies weens geloof regverdig sou verklaar, het vooraf die goeie nuus aan Abraham bekend gemaak, naamlik: “Deur middel van jou sal al die nasies geseën word.”+  Gevolglik word dié wat aan geloof vashou, saam met die getroue Abraham+ geseën.+ 10  Want almal wat op werke van die wet staatmaak, is onder ’n vloek; want daar staan geskrywe: “Vervloek is elkeen wat nie in al die dinge bly wat in die boekrol van die Wet geskrywe staan om dit te doen nie.”+ 11  En dat niemand deur die wet by God regverdig verklaar word nie,+ is duidelik, want “die regverdige sal weens geloof lewe”.+ 12  Maar die Wet hou nie vas aan geloof nie, maar “hy wat dit nakom, sal daardeur lewe”.+ 13  Christus het ons losgekoop+ van die vloek van die Wet deur in ons plek ’n vloek te word,+ want daar staan geskrywe: “Vervloek is elkeen wat aan ’n paal gehang is.”+ 14  Die doel was dat die seën van Abraham deur middel van Jesus Christus vir die nasies tot stand sou kom,+ sodat ons die beloofde gees+ deur ons geloof kon ontvang.+ 15  Broers, ek spreek met ’n menslike illustrasie: Niemand stel ’n bekragtigde verbond, al is dit ’n mens s’n, tersyde of las byvoegings daarby nie.+ 16  Nou is die beloftes aan Abraham+ en aan sy saad+ gemaak. Dit sê nie: “En aan sade”, soos in die geval van baie nie, maar soos in die geval van een:+ “En aan jou saad”,+ wat Christus is.+ 17  Verder sê ek dít: Wat die verbond betref wat vantevore deur God bekragtig is,+ die Wet wat vierhonderd-en-dertig jaar+ later tot stand gekom het, maak dit nie kragteloos om sodoende die belofte tot niet te maak nie.+ 18  Want as die erfenis weens die wet kom, kom dit nie meer weens die belofte nie;+ terwyl God dit goedgunstig deur ’n belofte aan Abraham gegee het.+ 19  Waarom dan die Wet? Dit is bygevoeg om oortredings openbaar te maak,+ totdat die saad sou kom+ aan wie die belofte gemaak is; en dit is deur middel van engele+ deur die hand van ’n middelaar+ oorgedra. 20  Daar is egter geen middelaar waar daar net een persoon is nie, maar God is net één.+ 21  Is die Wet dan teen die beloftes van God?+ Mag dit nooit gebeur nie! Want as ’n wet gegee was wat die lewe kon gee,+ sou regverdigheid inderdaad deur middel van die wet gewees het.+ 22  Maar die Skrif+ het alles saam in die bewaring van die sonde oorgegee,+ sodat die belofte wat voortspruit uit geloof in Jesus Christus, gegee kon word aan dié wat geloof beoefen.+ 23  Maar voordat die geloof gekom het,+ is ons onder die wet bewaak,+ aangesien ons saam in bewaring oorgegee is, in afwagting van die geloof wat bestem was om geopenbaar te word.+ 24  Gevolglik het die Wet ons tugmeester geword wat na Christus gelei het,+ sodat ons weens geloof regverdig verklaar kon word.+ 25  Maar noudat die geloof gekom het,+ is ons nie meer onder ’n tugmeester nie.+ 26  Julle is in werklikheid almal kinders+ van God deur julle geloof in Christus Jesus. 27  Want julle almal wat in Christus gedoop is,+ het julle met Christus beklee.+ 28  Daar is nie Jood of Griek nie,+ daar is nie slaaf of vrygeborene nie,+ daar is nie man of vrou nie;+ want julle is almal een persoon in eenheid met Christus Jesus.+ 29  Wat meer is, as julle aan Christus behoort, is julle werklik Abraham se saad,+ erfgename met betrekking tot ’n belofte.+

Voetnote