Galasiërs 5:1-26

5  Vir sulke vryheid het Christus ons vrygemaak.+ Staan dan vas,+ en moenie dat julle weer ’n juk van slawerny opgelê word nie.+  Kyk! Ek, Paulus, sê vir julle dat Christus vir julle van geen nut sal wees as julle julle laat besny nie.+  En ek getuig weer aan elke mens wat besny word, dat hy onder verpligting staan om die hele Wet na te kom.+  Julle is geskei van Christus, julle wat probeer om deur middel van die wet regverdig verklaar te word;+ julle het van sy onverdiende goedhartigheid weggeval.+  Wat ons betref, ons wag gretig deur gees op die regverdigheid as gevolg van geloof, waarop ons hoop.+  Want met betrekking tot Christus Jesus het nie besnydenis of onbesnedenheid enige waarde nie,+ maar geloof+ wat deur liefde werk.+  Julle het goed gehardloop.+ Wie het julle verhinder om die waarheid te bly gehoorsaam?+  Hierdie soort oorreding kom nie van die Een wat julle roep nie.+  ’n Bietjie suurdeeg deursuur die hele deeg.+ 10  Ek het die vaste vertroue+ aangaande julle wat in eenheid+ met die Here is, dat julle nie anders sal begin dink nie; maar hy wat onder julle onrus stook,+ sal sy oordeel dra,+ ongeag wie hy is. 11  Wat my betref, broers, as ek nog die besnydenis verkondig, waarom word ek nog vervolg? Dan is die folterpaal+ as struikelblok+ inderdaad tot niet gemaak.+ 12  Ek wens dat die manne wat julle probeer omkeer+ hulleself wou laat ontman.+ 13  Julle is natuurlik tot vryheid geroep,+ broers; moet net nie hierdie vryheid as ’n aanleiding vir die vlees gebruik nie,+ maar dien mekaar soos slawe deur liefde.+ 14  Want die hele Wet word in een gesegde vervul,+ naamlik: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”+ 15  Maar pas op dat julle, as julle aanhou om mekaar te byt en te verslind,+ nie deur mekaar verdelg word nie.+ 16  Maar ek sê: Hou aan om deur gees te wandel,+ en julle sal hoegenaamd geen vleeslike begeerte uitvoer nie.+ 17  Want die vlees is, wat sy begeerte betref, teen die gees,+ en die gees teen die vlees; want hulle is in stryd met mekaar, sodat julle juis dié dinge wat julle graag wil doen, nie doen nie.+ 18  Wat meer is, as julle deur gees gelei word,+ is julle nie onder die wet nie.+ 19  En die werke van die vlees is openbaar,+ en dit is hoerery,+ onreinheid, losbandige gedrag,+ 20  afgodediens, die beoefening van spiritisme,+ vyandskappe, twis, jaloesie, vlae van toorn, rusies, verdeeldhede, sektes, 21  afgunstighede, dronkenskap,+ swelgerye en soortgelyke dinge. Aangaande hierdie dinge waarsku ek julle vooruit, net soos ek julle reeds vooruit gewaarsku het, dat dié wat sulke dinge beoefen,+ God se koninkryk nie sal beërf nie.+ 22  Die vrugte+ van die gees, daarenteen, is liefde, vreugde, vrede, lankmoedigheid, goedhartigheid, goedheid,+ geloof, 23  sagmoedigheid, selfbeheersing.+ Teen sulke dinge is daar geen wet nie.+ 24  Wat meer is, dié wat aan Christus Jesus behoort, het die vlees saam met sy hartstogte en begeertes aan die paal gehang.+ 25  As ons deur gees lewe, laat ons dan voortgaan om ook deur gees ordelik te wandel.+ 26  Laat ons nie egotisties word en wedywering+ met mekaar aanwakker en afgunstig op mekaar wees nie.+

Voetnote