Hebreërs 1:1-14

1  God, wat lank gelede by baie geleenthede+ en op baie maniere met ons voorvaders gepraat het deur middel van die profete,+  het aan die einde van hierdie dae+ met ons gepraat deur middel van ’n Seun,+ wat hy as erfgenaam van alles aangestel het+ en deur wie hy die stelsels van dinge gemaak het.+  Hy is die weerspieëling van sy heerlikheid+ en die presiese afdruksel van sy wese,+ en hy hou alles in stand deur die woord van sy krag;+ en nadat hy ’n reiniging vir ons sondes tot stand gebring het,+ het hy aan die regterhand+ van die Majesteit in hoë plekke gaan sit.+  So het hy beter as die engele geword,+ in die mate dat hy ’n naam geërf het+ wat uitnemender is as hulle s’n.  Vir watter een van die engele het hy byvoorbeeld ooit gesê: “Jy is my seun; ék het vandag jou vader geword”?+ En weer: “Ek sal sy vader word, en hy sal my seun word”?+  Maar wanneer hy weer sy Eersgeborene+ in die bewoonde aarde inbring, sê hy: “En laat al God se engele+ aan hom hulde bewys.”+  Ook sê hy met betrekking tot die engele: “En hy maak sy engele geeste en sy openbare dienaars ’n vuurvlam.”+  Maar met betrekking tot die Seun: “God is u troon vir ewig+ en altyd, en die septer van u koninkryk+ is die septer van reg.+  U het regverdigheid liefgehad en u het wetteloosheid gehaat. Daarom het God, u God, u met vreugdeolie gesalf,+ meer as u metgeselle.”+ 10  En: “U, o Here, het aan die begin die fondamente van die aarde gelê, en die hemele is die werke van u hande.+ 11  Hulle sal vergaan, maar u sal voortdurend bly; en net soos ’n bokleed+ sal hulle almal oud word, 12  en u sal hulle net soos ’n mantel toerol,+ soos ’n bokleed; en hulle sal verander word, maar u is dieselfde, en u jare sal nooit tot ’n einde kom nie.”+ 13  Maar met betrekking tot watter een van die engele het hy ooit gesê: “Sit aan my regterhand totdat ek jou vyande ’n voetbank vir jou voete maak”?+ 14  Is hulle nie almal geeste+ vir openbare diens,+ wat uitgestuur word om te dien ten behoewe van dié wat redding gaan beërf nie?+

Voetnote