Hebreërs 10:1-39

10  Want aangesien die Wet ’n skaduwee+ het van die toekomstige goeie dinge, maar nie die wese van die dinge nie, kan mense nooit met dieselfde offerandes wat hulle van jaar tot jaar voortdurend bring, dié wat nader kom, tot volmaaktheid bring nie.+  Sou hulle andersins nie opgehou het om offerandes te bring omdat dié wat heilige diens verrig en eens en vir altyd gereinig is, geen bewustheid van sondes meer sou hê nie?+  Inteendeel, deur hierdie offerandes is daar van jaar tot jaar ’n herinnering aan sondes,+  want dit is nie vir die bloed van bulle en van bokke moontlik om sondes weg te neem nie.+  Daarom sê hy wanneer hy in die wêreld inkom: “‘Offerande en offergawe wou u nie hê nie,+ maar u het vir my ’n liggaam berei.+  U het nie heelbrandoffers en sondoffer goedgekeur nie.’+  Toe het ek gesê: ‘Kyk! Ek het gekom (in die boekrol staan daar van my geskrywe)+ om u wil te doen, o God.’”+  Nadat hy eers gesê het: “Offerandes en offergawes en heelbrandoffers en sondoffer wou u nie hê nie en het u nie goedgekeur nie”+—offerandes wat volgens die Wet gebring word+  sê hy daarna: “Kyk! Ek het gekom om u wil te doen.”+ Hy doen weg met die eerste sodat hy die tweede tot stand kan bring.+ 10  Deur die genoemde “wil”+ is ons geheilig+ deur middel van die offer+ van die liggaam van Jesus Christus, eens+ en vir altyd. 11  Ook neem elke priester van dag tot dag+ sy plek in+ om openbare diens te verrig en om dieselfde offerandes dikwels te bring, aangesien dit sondes nooit heeltemal kan wegneem nie.+ 12  Maar hierdie man het vir altyd een offerande vir sondes gebring+ en het aan die regterhand van God gaan sit,+ 13  en hy wag van toe af totdat sy vyande ’n voetbank vir sy voete gemaak word.+ 14  Want deur een slagoffer+ het hy dié wat geheilig word, vir altyd tot volmaaktheid gebring.+ 15  Bowendien getuig ook die heilige gees+ aan ons, want nadat dit gesê het: 16  “‘Dit is die verbond wat ek ná daardie dae ten opsigte van hulle sal sluit’, sê Jehovah. ‘Ek sal my wette in hulle hart sit, en in hulle verstand sal ek dit skryf’”,+ 17  sê dit daarna: “En ek sal hoegenaamd nie meer aan hulle sondes en hulle wettelose dade dink nie.”+ 18  Waar daar dan nou vergifnis+ hiervan is, is daar geen offer meer vir sonde nie.+ 19  Daarom, broers, aangesien ons deur die bloed van Jesus vrymoedigheid het ten opsigte van die weg wat toegang+ tot die heiligdom+ verleen, 20  wat hy vir ons ingewy het as ’n nuwe en lewende weg deur die voorhangsel+ heen, dit is sy vlees,+ 21  en aangesien ons ’n groot priester oor die huis van God het,+ 22  laat ons dan met ’n waaragtige hart nader kom in die volle versekerdheid van die geloof, aangesien ons harte deur besprinkeling van ’n goddelose gewete gereinig is+ en ons liggaam met rein water gewas is.+ 23  Laat ons aan die openbare bekendmaking van ons hoop vashou+ sonder om te wankel,+ want hy wat beloof het, is getrou.+ 24  En laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke+ aan te spoor+ 25  en nie ons onderlinge vergadering nalaat+ soos party die gewoonte het nie, maar mekaar aanmoedig,+ en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.+ 26  Want as ons moedswillig sonde beoefen+ nadat ons die juiste kennis van die waarheid ontvang het,+ is daar geen offerande vir sondes meer oor nie,+ 27  maar daar is ’n sekere vreeslike verwagting van oordeel+ en ’n vurige jaloesie wat die teenstanders gaan verteer.+ 28  Enigiemand wat die wet van Moses verontagsaam het, sterf sonder medelye op die getuienis van twee of drie.+ 29  Hoeveel swaarder straf,+ dink julle, sal die mens dan waardig geag word wat die Seun van God vertrap het+ en wat die bloed+ van die verbond waardeur hy geheilig is, van gewone waarde geag het en wat die gees van onverdiende goedhartigheid met veragting beledig het?+ 30  Want ons ken hom wat gesê het: “Die wraak is myne; ek sal vergeld”;+ en weer: “Jehovah sal sy volk oordeel.”+ 31  Dit is iets vreesliks om in die hande van die lewende God te val.+ 32  Hou egter aan om die vroeëre dae te onthou waarin julle, nadat julle verlig is,+ onder baie lyding ’n groot stryd verduur het,+ 33  soms terwyl julle soos in ’n teater+ aan smaad sowel as verdrukkinge blootgestel is, en soms terwyl julle deelgenote geword het met dié wat so ’n ondervinding deurgemaak het.+ 34  Want julle het simpatie betuig met dié in die gevangenis en ook die plundering+ van julle besittings met vreugde aanvaar in die wete dat julle ’n beter en ’n blywende besitting het.+ 35  Moet dus nie julle vrymoedigheid van spraak, wat ’n groot beloning inhou,+ weggooi nie.+ 36  Want julle het volharding nodig,+ sodat julle, nadat julle die wil van God gedoen het,+ die vervulling van die belofte kan ontvang.+ 37  Want nog “’n baie kort rukkie”,+ en “hy wat kom, sal kom en sal nie talm nie”.+ 38  “Maar my regverdige sal weens geloof lewe”,+ en “as hy terugdeins, het my siel geen behae in hom nie”.+ 39  Ons is dan nou nie die soort wat terugdeins tot vernietiging nie,+ maar die soort wat geloof het tot die behoud van die siel.+

Voetnote