Hebreërs 11:1-40

11  Geloof+ is die gewaarborgde verwagting van dinge waarop gehoop word,+ die duidelike bewys van werklikhede hoewel hulle nie gesien word nie.+  Want deur middel hiervan het die manne van die ou tyd getuienis aangaande hulleself ontvang.+  Deur geloof verstaan ons dat die stelsels van dinge+ deur God se woord georden is,+ sodat wat gesien word, ontstaan het uit dinge wat nie sigbaar word nie.+  Deur geloof het Abel ’n offerande van groter waarde aan God gebring as Kain,+ en deur hierdie geloof het hy getuienis aangaande homself ontvang dat hy regverdig is, aangesien God aangaande sy gawes getuig het;+ en daardeur spreek hy nog, hoewel hy gesterf het.+  Deur geloof is Henog+ weggevoer om die dood nie te sien nie, en hy kon nêrens gevind word nie, omdat God hom weggevoer het;+ want voor sy wegvoering het hy die getuienis gehad dat hy vir God welbehaaglik was.+  Wat meer is, sonder geloof+ is dit onmoontlik om vir hom welbehaaglik te wees,+ want hy wat tot God nader, moet glo dat hy is+ en dat hy die beloner+ word van dié wat hom ernstig soek.+  Deur geloof het Noag,+ nadat hy ’n goddelike waarskuwing gegee is oor dinge wat nog nie gesien is nie,+ godvrugtige vrees aan die dag gelê en ’n ark gebou+ tot redding van sy huisgesin; en deur hierdie geloof het hy die wêreld veroordeel,+ en hy het ’n erfgenaam geword van die regverdigheid+ wat volgens geloof is.  Deur geloof was Abraham,+ toe hy geroep is, gehoorsaam deur weg te trek na ’n plek wat hy bestem was om as erfenis te ontvang; en hy het weggetrek, hoewel hy nie geweet het waarheen hy gaan nie.+  Deur geloof het hy as ’n vreemdeling in die land van die belofte gewoon soos in ’n vreemde land+ en in tente gewoon+ saam met Isak+ en Jakob,+ wat saam met hom die erfgename van presies dieselfde belofte was.+ 10  Want hy het gewag op die stad+ wat ware fondamente het, waarvan God die bouer en maker is.+ 11  Deur geloof het ook Sara+ self krag ontvang om saad te ontvang, selfs toe sy verby die ouderdomsgrens was,+ aangesien sy hom wat beloof het, getrou geag het.+ 12  Daarom is ook uit een man,+ en hy so goed as dood,+ kinders gebore so talryk soos die sterre van die hemel en soos die sand aan die seestrand, ontelbaar.+ 13  In geloof het hulle almal gesterf,+ hoewel hulle nie die vervulling van die beloftes verkry het nie,+ maar hulle het dit van ver gesien+ en dit verwelkom en in die openbaar bekend gemaak dat hulle vreemdelinge en tydelike inwoners in die land is.+ 14  Want dié wat sulke dinge sê, toon dat hulle ernstig ’n plek soek wat hulle eie is.+ 15  En tog sou hulle, as hulle werklik bly dink het aan die plek waaruit hulle weggetrek het,+ die geleentheid gehad het om terug te keer.+ 16  Maar nou streef hulle na ’n beter plek, dit is een wat tot die hemel behoort.+ God skaam hom derhalwe nie vir hulle nie, om as hulle God aangeroep te word nie,+ want hy het ’n stad+ vir hulle gereedgemaak. 17  Deur geloof het Abraham, toe hy op die proef gestel is,+ Isak so goed as geoffer, en die man wat die beloftes met blydskap ontvang het, het sy enigverwekte seun probeer offer,+ 18  hoewel daar vir hom gesê is: “Wat ‘jou saad’ genoem sal word, sal deur Isak wees.”+ 19  Maar hy het gereken dat God hom selfs uit die dode kon opwek;+ en daaruit het hy hom dan ook, by wyse van illustrasie, ontvang.+ 20  Deur geloof het ook Isak vir Jakob+ en Esau+ met betrekking tot toekomstige dinge geseën. 21  Deur geloof het Jakob, toe hy sterwend was,+ elkeen van Josef se seuns geseën+ en het hy aanbid terwyl hy op die top van sy staf geleun het.+ 22  Deur geloof het Josef, toe hy sy einde genader het, melding gemaak van die uittog+ van die kinders van Israel; en hy het bevel gegee aangaande sy beendere.+ 23  Deur geloof is Moses ná sy geboorte drie maande lank deur sy ouers weggesteek,+ omdat hulle gesien het dat die jong kindjie mooi was+ en hulle nie die bevel van die koning gevrees het nie.+ 24  Deur geloof het Moses, nadat hy grootgeword het,+ geweier om die seun van Farao se dogter+ genoem te word 25  en verkies om liewer saam met die volk van God sleg behandel te word as om die tydelike genieting van sonde te hê, 26  omdat hy die smaad+ van die Christus groter rykdom geag het as die skatte van Egipte; want hy het sy blik stip op die beloning gerig gehou.+ 27  Deur geloof het hy Egipte verlaat,+ maar sonder om die toorn van die koning te vrees,+ want hy het standvastig gebly asof hy die Onsigbare sien.+ 28  Deur geloof het hy die pasga gevier+ en die bespatting van die bloed,+ sodat die vernietiger nie hulle eersgeborenes sou aanraak nie.+ 29  Deur geloof het hulle deur die Rooi See getrek soos oor droë land,+ maar toe die Egiptenaars dit daarop waag, is hulle verswelg.+ 30  Deur geloof het die mure van Jeʹrigo geval nadat daar sewe dae lank daaromheen getrek is.+ 31  Deur geloof het Ragab,+ die hoer, nie omgekom saam met dié wat ongehoorsaam was nie, omdat sy die spioene vreedsaam ontvang het.+ 32  En wat sal ek nog meer sê? Want die tyd sal my ontbreek as ek nog sou vertel van Giʹdeon,+ Barak,+ Simson,+ Jefta,+ Dawid+ sowel as Samuel+ en die ander profete,+ 33  wat deur geloof koninkryke in die stryd verslaan het,+ regverdigheid bewerkstellig het,+ beloftes verkry het,+ die bekke van leeus toegestop het,+ 34  die krag van vuur gestuit het,+ aan die skerpte van die swaard ontkom het,+ uit ’n swak toestand kragtig gemaak is,+ dapper geword het in oorlog,+ die leërs van vreemdelinge op die vlug gejaag het.+ 35  Vroue het hulle dooies deur opstanding ontvang;+ maar ander manne is gemartel omdat hulle nie bevryding deur die een of ander losprys wou aanvaar nie, sodat hulle ’n beter opstanding kon verkry. 36  Ja, ander het hulle beproewing deur bespottinge en geselinge gekry, selfs meer as dit, deur boeie+ en gevangenisse.+ 37  Hulle is gestenig,+ hulle is beproef,+ hulle is in stukke gesaag, hulle het gesterf+ deur slagting met die swaard, hulle het rondgeloop in skaapvelle,+ in bokvelle, terwyl hulle gebrek gely het,+ in verdrukking verkeer het,+ sleg behandel is;+ 38  en die wêreld was hulle nie werd nie. Hulle het rondgeswerf in woestyne en berge en grotte+ en gate van die aarde. 39  En tog het hulle almal, hoewel hulle deur hulle geloof getuienis aangaande hulleself ontvang het, nie die vervulling van die belofte verkry nie,+ 40  aangesien God iets beters+ vir ons+ vooruitgesien het, sodat hulle+ nie sonder ons+ tot volmaaktheid gebring sou word nie.+

Voetnote