Hebreërs 12:1-29

12  Daarom dan, omdat ons so ’n groot wolk van getuies+ rondom ons het, laat ons ook elke gewig aflê+ en die sonde wat ons maklik verstrik,+ en laat ons die wedloop+ wat voor ons gestel is,+ met volharding+ hardloop,  terwyl ons die blik stip gerig hou op die Hoofbewerker+ en Vervolmaker van ons geloof,+ Jesus. Vir die vreugde wat hom voorgehou is, het hy ’n folterpaal verduur,+ terwyl hy die skande verag het, en het hy aan die regterhand van die troon van God gaan sit.+  Ja, let noukeurig op die een wat sulke teëspraak+ deur sondaars teen hulle eie belange verduur het, sodat julle nie moeg word en in julle siel beswyk nie.+  In die voortsetting van julle stryd teen daardie sonde het julle nog nooit tot bloedens toe weerstand gebied nie,+  maar julle het die vermaning wat julle as seuns aanspreek, heeltemal vergeet:+ “My seun, moenie die dissipline wat van Jehovah kom, geringag nie, en moet ook nie beswyk wanneer jy deur hom tereggewys word nie;+  want Jehovah dissiplineer hom wat hy liefhet; ja, hy gesel elkeen wat hy as ’n seun aanneem.”+  Wat julle verduur, dien tot dissipline.+ God behandel julle soos seuns.+ Want watter seun is daar wat nie deur ’n vader gedissiplineer word nie?+  Maar as julle sonder die dissipline is waarvan almal deelgenote geword het, is julle in werklikheid buite-egtelike kinders+ en nie seuns nie.  Verder, ons het vaders gehad wat van ons vlees was om ons te dissiplineer,+ en ons het aan hulle respek betoon. Sal ons ons dan nie veel meer aan die Vader van ons geestelike lewe onderwerp en lewe nie?+ 10  Want hulle het ons ’n paar dae na hulle goeddunke gedissiplineer,+ maar hy doen dit tot ons nut sodat ons aan sy heiligheid deel kan hê.+ 11  Geen dissipline lyk weliswaar op die oomblik vreugdevol nie, maar bedroewend;+ tog lewer dit later vir dié wat daardeur geoefen is vreedsame vrug op,+ naamlik regverdigheid.+ 12  Rig derhalwe die hande wat hang+ en die lam knieë op,+ 13  en hou aan om reguit paaie vir julle voete te maak,+ sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar eerder gesond gemaak word.+ 14  Streef vrede met alle mense na+ en die heiliging+ waarsonder geen mens die Here sal sien nie,+ 15  terwyl julle sorgvuldig toesien dat niemand van die onverdiende goedhartigheid van God beroof word nie;+ dat geen giftige wortel+ opskiet en moeilikheid veroorsaak en dat baie daardeur verontreinig word nie;+ 16  dat daar geen hoereerder is of enigeen wat heilige dinge nie waardeer nie, soos Esau,+ wat in ruil vir een maaltyd sy regte as eersgeborene weggegee het.+ 17  Want julle weet dat hy ook agterna, toe hy die seën wou beërf,+ verwerp is,+ want hoewel hy met trane ernstig ’n verandering van gedagte probeer verkry het,+ het hy geen plek daarvoor gevind nie.+ 18  Want julle het nie genader wat betas kan word+ en wat met vuur aan die brand gesteek is+ en ’n donker wolk en dik duisternis en ’n storm+ 19  en die geskal van ’n trompet+ en die stem van woorde nie;+ waarop die volk, toe hulle daardie stem hoor, gesmeek het dat geen woord vir hulle bygevoeg moes word nie.+ 20  Want die bevel was vir hulle ondraaglik: “En as ’n dier aan die berg raak, moet dit gestenig word.”+ 21  Ook was die skouspel so vreeswekkend dat Moses gesê het: “Ek is bevrees en bewe.”+ 22  Maar julle het ’n berg Sion genader+ en ’n stad+ van die lewende God, hemelse Jerusalem,+ en tienduisende engele,+ 23  in algemene vergadering,+ en die gemeente van die eersgeborenes,+ wat in die hemele opgeskryf is,+ en God, die Regter van almal,+ en die geestelike lewens+ van regverdiges wat tot volmaaktheid gebring is,+ 24  en Jesus, die middelaar+ van ’n nuwe verbond,+ en die bloed van die besprinkeling,+ wat op ’n beter wyse as Abel se bloed spreek.+ 25  Sien toe dat julle nie vra om verskoon te word by hom wat spreek nie.+ Want as hulle nie ontkom het wat gevra het om verskoon te word by hom wat op die aarde ’n goddelike waarskuwing gegee het nie,+ veel minder sal ons dan as ons ons afkeer van hom wat uit die hemele spreek.+ 26  Destyds het sy stem die aarde geskud,+ maar nou het hy beloof en gesê: “Nog een keer sal ek nie net die aarde in beroering bring nie, maar ook die hemel.”+ 27  En die uitdrukking “Nog een keer” dui op die verwydering van die dinge wat geskud word as dinge wat gemaak is,+ sodat die dinge wat nie geskud word nie, kan bly.+ 28  Laat ons derhalwe, aangesien ons ’n koninkryk gaan ontvang wat nie geskud kan word nie,+ voortgaan om onverdiende goedhartigheid te geniet, waardeur ons op aanneemlike wyse heilige diens aan God kan verrig met godvrugtige vrees en ontsag.+ 29  Want ons God is ook ’n verterende vuur.+

Voetnote