Hebreërs 13:1-25

13  Laat julle broederliefde voortduur.+  Moenie die gasvryheid vergeet nie,+ want daardeur het party, sonder dat hulle dit geweet het, engele onthaal.+  Dink aan dié in gevangenisboeie+ asof julle saam met hulle geboei is,+ en aan dié wat sleg behandel word,+ aangesien julle self ook nog in ’n liggaam is.  Laat die huwelik onder almal eerbaar wees en die huweliksbed sonder verontreiniging,+ want God sal hoereerders en egbrekers oordeel.+  Laat julle lewenswyse vry wees van die liefde vir geld,+ terwyl julle tevrede is+ met die teenwoordige dinge.+ Want hy het gesê: “Ek sal jou hoegenaamd nie verlaat of jou ooit versaak nie.”+  Daarom kan ons goeie moed hou+ en sê: “Jehovah is my helper; ek sal nie bang wees nie. Wat kan die mens aan my doen?”+  Hou dié in gedagte wat die leiding onder julle neem,+ wat die woord van God tot julle gespreek het, en namate julle die uiteinde van hulle gedrag aanskou, moet julle hulle geloof+ navolg.+  Jesus Christus is gister en vandag en tot in ewigheid dieselfde.+  Moet julle nie deur allerhande en vreemde leringe laat meesleep nie;+ want dit is goed dat die hart vastheid gegee word deur onverdiende goedhartigheid,+ nie deur voedsel,+ waarby dié wat hulle daarmee besig hou, geen baat gevind het nie. 10  Ons het ’n altaar waarvan dié wat by die tent heilige diens verrig, geen reg het om te eet nie.+ 11  Want die liggame van dié diere waarvan die bloed deur die hoëpriester in die heiligdom ingeneem word vir sonde, word buite die kamp verbrand.+ 12  Jesus het derhalwe ook, om die volk met sy eie bloed+ te heilig,+ buite die poort gely.+ 13  Laat ons dan uitgaan na hom toe buite die kamp en die smaad dra wat hy gedra het,+ 14  want ons het hier nie ’n blywende stad nie,+ maar ons soek die toekomstige ernstig.+ 15  Laat ons deur hom altyd aan God ’n lofoffer bring,+ dit wil sê die vrug van die lippe+ wat sy naam in die openbaar bekend maak.+ 16  Moet bowendien nie vergeet om goed te doen+ en mededeelsaam te wees nie, want sulke offerandes is vir God welbehaaglik.+ 17  Wees gehoorsaam aan dié wat die leiding onder julle neem+ en wees onderdanig,+ want hulle waak oor julle siel as dié wat rekenskap sal gee;+ sodat hulle dit met vreugde kan doen en nie met ’n gesug nie, want dit sal vir julle skadelik wees.+ 18  Hou aan om vir ons te bid,+ want ons vertrou dat ons ’n eerlike gewete het, aangesien ons ons in alles eerlik wil gedra.+ 19  Maar ek vermaan julle in die besonder om dit te doen, sodat ek nog gouer aan julle teruggegee kan word.+ 20  En mag die God van vrede,+ wat die groot herder+ van die skape+ met die bloed van ’n ewige verbond+ uit die dode opgebring het,+ ons Here Jesus, 21  julle met alle goeie dinge toerus om sy wil te doen en deur middel van Jesus Christus in ons verrig wat in sy oë welbehaaglik is;+ aan hom die heerlikheid vir ewig en altyd.+ Amen. 22  Ek vermaan julle dan nou, broers, om hierdie woord van aanmoediging te verdra, want ek het inderdaad met min woorde ’n brief aan julle opgestel.+ 23  Neem daarvan kennis dat ons broer Timoʹteus+ vrygelaat is, saam met wie ek julle sal sien as hy redelik gou kom. 24  Dra my groete oor aan almal wat die leiding onder julle neem+ en aan al die heiliges. Dié in Italië+ stuur vir julle groete. 25  Mag die onverdiende goedhartigheid+ met julle almal wees.

Voetnote