Hebreërs 3:1-19
3 Daarom, heilige broers, deelgenote van die hemelse roeping,+ beskou die apostel+ en hoëpriester wat ons bely+—Jesus.
2 Hy was getrou+ aan die Een wat hom as sodanig aangestel het, soos Moses+ ook in die hele huis van daardie Een was.+
3 Want laasgenoemde word meer heerlikheid+ waardig geag as Moses, aangesien hy+ wat dit bou, meer eer as die huis het.+
4 Elke huis word natuurlik deur iemand gebou, maar hy wat alles gebou het, is God.+
5 En Moses was as ’n dienaar+ getrou in die hele huis van daardie Een, as ’n getuienis van die dinge wat later gespreek sou word,+
6 maar Christus was getrou as ’n Seun+ oor die huis van daardie Een.+ Ons is die huis van daardie Een, as ons tot die einde toe stewig aan ons vrymoedigheid van spraak en ons geroem oor die hoop vashou.+
7 Daarom, net soos die heilige gees+ sê: “Vandag, as julle na sy stem luister,+
8 moet julle julle harte nie verhard soos die keer toe bitter toorn veroorsaak is nie,+ soos in die dag van die beproewing+ in die wildernis,+
9 waarin julle voorvaders my met ’n beproewing op die proef gestel het, en tog het hulle my werke+ veertig jaar lank gesien.+
10 Daarom het ek ’n afkeer van hierdie geslag gekry en gesê: ‘Hulle dwaal altyd in hulle harte af,+ en hulle het my weë nie leer ken nie.’+
11 Ek het dus in my toorn gesweer: ‘Hulle sal in my rus+ nie ingaan nie.’”+
12 Pas op, broers, dat daar nooit in enigeen van julle ’n goddelose hart met ’n gebrek aan geloof ontwikkel deurdat hy hom van die lewende God terugtrek nie;+
13 maar hou aan om mekaar elke dag te vermaan,+ solank dit “Vandag”+ genoem kan word, sodat niemand van julle deur die bedrieglike+ krag van die sonde verhard word nie.
14 Want ons word in werklikheid slegs deelgenote van die Christus+ as ons tot die einde toe stewig vashou aan die vertroue wat ons aan die begin gehad het,+
15 terwyl daar gesê word: “Vandag, as julle na sy stem luister,+ moet julle julle harte nie verhard soos die keer toe bitter toorn veroorsaak is nie.”+
16 Want wie was dit wat gehoor en tog bitter toorn verwek het?+ Was dit nie in werklikheid almal wat onder Moses uit Egipte uitgegaan het nie?+
17 En van wie het God veertig jaar lank ’n afkeer gekry?+ Was dit nie van dié wat gesondig het, wie se lyke in die wildernis geval het nie?+
18 Maar aan wie het hy gesweer+ dat hulle in sy rus nie sou ingaan nie, behalwe aan dié wat ongehoorsaam was?+
19 Ons sien dus dat hulle weens ’n gebrek aan geloof nie kon ingaan nie.+