Hebreërs 4:1-16

4  Laat ons dan, aangesien ’n belofte om in sy rus in te gaan, nog van krag is,+ vrees dat dit sal blyk dat iemand van julle dit die een of ander tyd nie bereik het nie.+  Want ook aan ons is die goeie nuus bekend gemaak,+ net soos aan hulle;+ maar die woord wat gehoor is, het hulle nie tot voordeel gestrek nie,+ omdat hulle nie deur geloof verenig was+ met dié wat gehoor het nie.+  Want ons wat geloof beoefen het, gaan in die rus in, net soos hy gesê het: “Ek het dus in my toorn gesweer:+ ‘Hulle sal in my rus+ nie ingaan nie’”,+ hoewel sy werke van die grondlegging van die wêreld af+ voltooi is.+  Want op een plek het hy die volgende van die sewende dag gesê: “En God het op die sewende dag van al sy werke gerus”,+  en weer op hierdie plek: “Hulle sal in my rus nie ingaan nie.”+  Aangesien party dus nog daarin sal ingaan, en dié aan wie die goeie nuus+ eerste bekend gemaak is, weens ongehoorsaamheid nie ingegaan het nie,+  bepaal hy weer ’n sekere dag deur ná so ’n lang tyd in Dawid se psalm “Vandag” te sê; net soos hierbo gesê is: “Vandag, as julle na sy stem luister,+ moet julle julle harte nie verhard nie.”+  Want as Josua+ hulle in ’n plek van rus ingelei het,+ sou God nie agterna van ’n ander dag gepraat het nie.+  Daar bly dus ’n sabbatsrus oor vir die volk van God.+ 10  Want die mens wat in God se rus ingegaan het,+ het ook self van sy eie werke gerus,+ net soos God van syne. 11  Laat ons dan ons uiterste bes doen om in daardie rus in te gaan, sodat niemand in dieselfde patroon van ongehoorsaamheid verval nie.+ 12  Want die woord+ van God is lewend+ en oefen krag uit+ en is skerper as enige tweesnydende swaard+ en dring selfs deur tot die skeiding van siel+ en gees,+ en van gewrigte en hulle murg, en kan gedagtes en bedoelings van die hart onderskei.+ 13  En daar is nie ’n skepping wat nie vir sy oë sigbaar is nie,+ maar alles lê naak en oop en bloot voor die oë van hom aan wie ons rekenskap moet gee.+ 14  Aangesien ons dan ’n groot hoëpriester het wat deur die hemele gegaan het,+ Jesus, die Seun van God,+ laat ons dan aan ons belydenis van hom vashou.+ 15  Want ons het as ’n hoëpriester nie iemand wat nie met ons swakhede kan simpatiseer nie,+ maar iemand wat in alle opsigte soos ons op die proef gestel is, maar sonder sonde.+ 16  Laat ons dan met vrymoedigheid van spraak+ tot die troon van onverdiende goedhartigheid nader,+ sodat ons barmhartigheid kan verkry en onverdiende goedhartigheid kan vind vir hulp op die regte tyd.+

Voetnote