Hebreërs 5:1-14

5  Want elke hoëpriester wat uit die mense geneem word, word ten behoewe van mense oor die dinge in verband met God aangestel,+ sodat hy gawes en offerandes vir sondes kan bring.+  Hy kan op gematigde wyse met die onkundiges en dwalendes handel, aangesien hy ook met sy eie swakheid omring is,+  en as gevolg daarvan is hy verplig om net soveel vir homself as vir die volk offers vir sondes te bring.+  Ook neem iemand hierdie eer nie uit sy eie nie,+ maar net wanneer hy deur God geroep word,+ net soos ook Aäron+ geroep is.  So ook het die Christus homself nie verheerlik+ deur ’n hoëpriester te word nie,+ maar is hy verheerlik+ deur hom wat met betrekking tot hom gesê het: “Jy is my seun; ék het vandag jou vader geword.”+  Net soos hy ook op ’n ander plek sê: “Jy is ’n priester vir ewig volgens die wyse van Melgiseʹdek.”+  In die dae van sy vlees het Christus smekinge en ook bedes+ met sterk+ uitroepe en trane aan die Een opgedra wat hom uit die dood kon red, en hy is weens sy godvrugtige vrees+ verhoor.  Hoewel hy ’n Seun was, het hy gehoorsaamheid geleer uit die dinge wat hy gely het;+  en nadat hy tot volmaaktheid gebring is,+ het hy verantwoordelik geword vir die ewige redding+ van almal wat hom gehoorsaam,+ 10  omdat hy uitdruklik deur God ’n hoëpriester volgens die wyse van Melgiseʹdek genoem is.+ 11  Oor hom het ons baie te sê wat moeilik is om te verduidelik, aangesien julle afgestomp geword het in julle gehoor.+ 12  Want hoewel julle vanweë die tyd inderdaad onderrigters+ behoort te wees, het julle weer nodig dat iemand julle van die begin af die elementêre dinge+ van die heilige verklarings van God+ moet leer; en julle het mense geword wat melk nodig het, nie vaste voedsel nie.+ 13  Want elkeen wat melk gebruik, is onbekend met die woord van regverdigheid, want hy is ’n klein kindjie.+ 14  Maar vaste voedsel is vir volwasse mense, vir dié wie se waarnemingsvermoëns+ deur gebruik geoefen is om te onderskei wat reg sowel as verkeerd is.+

Voetnote