Hebreërs 6:1-20
6 Laat ons daarom, noudat ons die grondleer+ oor die Christus agter ons gelaat het,+ tot volwassenheid voortbeur,+ sonder om weer ’n fondament te lê,+ naamlik berou oor dooie werke,+ en geloof in God,+
2 die leer oor dope+ en die handeoplegging,+ die opstanding van die dooies+ en die ewige oordeel.+
3 En dit sal ons doen, as God dit inderdaad toelaat.+
4 Want dit is onmoontlik om dié wat eens en vir altyd verlig is+ en die hemelse vrye gawe+ gesmaak het en deelgenote van heilige gees geword het+
5 en die goeie woord van God en kragte van die komende stelsel van dinge+ gesmaak het,+
6 maar afvallig geword het,+ weer tot berou terug te bring,+ omdat hulle die Seun van God opnuut vir hulleself aan die paal hang en hom aan openbare skande blootstel.+
7 Byvoorbeeld, die grond wat die reën indrink wat dikwels daarop val en wat dan plantegroei voortbring wat geskik is vir diegene vir wie dit ook bewerk word,+ ontvang in ruil daarvoor ’n seën van God.
8 Maar as dit dorings en dissels voortbring, word dit verwerp en is dit na aan vervloeking;+ en die einde daarvan is verbranding.+
9 In julle geval, geliefdes, is ons egter oortuig van beter dinge en dinge wat met redding gepaardgaan, al praat ons so.
10 Want God is nie onregverdig sodat hy julle werk sal vergeet en die liefde wat julle vir sy naam getoon het+ deurdat julle die heiliges gedien het+ en nog dien nie.
11 Maar ons begeer dat elkeen van julle dieselfde vlytigheid aan die dag sal lê om tot die einde toe+ die volle versekerdheid+ van die hoop te hê,+
12 sodat julle nie traag sal word nie,+ maar navolgers+ sal wees van dié wat deur geloof en geduld die beloftes beërf.+
13 Want toe God sy belofte aan Abraham gemaak het,+ het hy by homself gesweer,+ aangesien hy by niemand groter kon sweer nie,
14 en gesê: “Vir seker sal ek jou seën wanneer ek jou seën en jou vermenigvuldig wanneer ek jou vermenigvuldig.”+
15 En so het Abraham, nadat hy geduld aan die dag gelê het, hierdie belofte verkry.+
16 Want mense sweer by die een wat groter is,+ en hulle eed is die einde van elke geskil, aangesien dit vir hulle ’n wetlike waarborg is.+
17 Op hierdie manier het God, toe hy hom voorgeneem het om die onveranderlikheid+ van sy voorneme in oorvloediger mate aan die erfgename+ van die belofte te toon, met ’n eed ingetree,
18 sodat ons wat na die skuilplek gevlug het, deur middel van twee onveranderlike dinge waarin dit onmoontlik is vir God om te lieg,+ kragtige aanmoediging kan hê om die hoop+ vas te gryp wat vir ons in die vooruitsig gestel is.
19 Hierdie hoop+ het ons as ’n anker vir die siel, seker sowel as vas, en dit gaan tot binne die voorhangsel in,+
20 waar ’n voorloper ten behoewe van ons ingegaan het,+ Jesus, wat vir ewig ’n hoëpriester volgens die wyse van Melgiseʹdek geword het.+