Hebreërs 7:1-28

7  Want hierdie Melgiseʹdek, die koning van Salem, priester van die Allerhoogste God,+ wat vir Abraham by sy terugkeer van die slagting van die konings tegemoetgegaan en hom geseën het+  en aan wie Abraham ’n tiende van alles gegee het,+ is in die eerste plek, by vertaling, “Koning van Regverdigheid”, en is dan ook koning van Salem,+ dit wil sê “Koning van Vrede”.  Aangesien hy sonder vader, sonder moeder, sonder geslagsregister is en nie ’n begin van dae+ of ’n lewenseinde het nie, maar soos die Seun van God+ gemaak is, bly hy ’n priester vir altyd.+  LET dan op hoe groot hierdie man was aan wie Abraham, die familiehoof, ’n tiende van die vernaamste buit gegee het.+  Die manne uit die kinders van Levi+ wat hulle priesteramp ontvang, het weliswaar volgens die Wet ’n gebod om tiendes+ van die volk+ in te vorder, dit wil sê van hulle broers, selfs al het dié uit die lendene van Abraham voortgekom;+  maar die man wat nie sy afstamming+ van hulle afgelei het nie, het tiendes van Abraham geneem+ en hom geseën wat die beloftes gehad het.+  Nou is dit onteenseglik so dat die mindere deur die meerdere geseën word.+  En in die een geval is dit mense wat sterf wat tiendes ontvang,+ maar in die ander geval is dit iemand van wie getuig word dat hy lewe.+  En, as ek die uitdrukking mag gebruik, deur middel van Abraham het selfs Levi, wat tiendes ontvang, tiendes betaal, 10  want hy was nog in die lendene+ van sy voorvader toe Melgiseʹdek hom tegemoetgegaan het.+ 11  As volmaaktheid+ dan werklik deur die Levitiese priesterskap was+ (want daarmee as kenmerk is die volk die Wet gegee),+ waarom sou dit nog nodig wees+ dat ’n ander priester opstaan volgens die wyse van Melgiseʹdek+ en van wie nie gesê word dat hy volgens die wyse van Aäron is nie? 12  Want aangesien die priesterskap verander word,+ kom daar noodwendig ook ’n verandering van die wet.+ 13  Want die man van wie hierdie dinge gesê word, was ’n lid van ’n ander stam,+ waaruit niemand by die altaar diens gedoen het nie.+ 14  Want dit is heel duidelik dat ons Here uit Juda gespruit het,+ ’n stam waaroor Moses niks in verband met priesters gesê het nie. 15  En dit is nog baie duideliker dat daar ’n ander priester opstaan+ wat met Melgiseʹdek ooreenkom,+ 16  een wat dit nie geword het volgens die wet van ’n gebod wat van die vlees afhang nie,+ maar volgens die krag van ’n onvernietigbare lewe,+ 17  want daar word ter getuienis gesê: “Jy is ’n priester vir ewig volgens die wyse van Melgiseʹdek.”+ 18  Daar vind dan beslis ’n tersydestelling van die voorgaande gebod plaas weens die swakheid+ en ondoeltreffendheid daarvan.+ 19  Want die Wet het niks tot volmaaktheid gebring nie,+ maar die invoering daarnaas van ’n beter hoop+ het wel, waardeur ons na aan God kom.+ 20  Ook vir sover dit nie sonder ’n geswore eed was nie 21  (want daar is inderdaad manne wat sonder ’n geswore eed priesters geword het, maar daar is een met ’n eed wat gesweer is deur die Een wat met betrekking tot hom gesê het: “Jehovah het gesweer+ (en hy sal nie spyt wees nie): ‘Jy is ’n priester vir ewig’”),+ 22  in sover het Jesus ook die een geword wat as borg gegee is van ’n beter verbond.+ 23  Verder moes baie mekaar as priester opvolg+ omdat hulle deur die dood verhinder is+ om dit te bly, 24  maar hy het sy priesterskap sonder enige opvolgers omdat hy vir ewig bly lewe.+ 25  Gevolglik kan hy ook dié wat deur hom tot God nader, volkome red, omdat hy altyd lewe om vir hulle te pleit.+ 26  Want só ’n hoëpriester was vir ons geskik:+ lojaal,+ onskuldig,+ onbesmet,+ afgeskeie van die sondaars,+ en wat hoër as die hemele geword het.+ 27  Hy hoef nie elke dag,+ soos daardie hoëpriesters, offerandes te bring, eers vir sy eie sondes+ en dan vir dié van die volk nie+ (want dit het hy eens+ en vir altyd gedoen toe hy homself geoffer het+); 28  want die Wet stel mense wat met swakheid belas is+ as hoëpriesters aan,+ maar die woord van die geswore eed+ wat ná die Wet gekom het, stel ’n Seun aan, wat vir ewig tot volmaaktheid gebring is.+

Voetnote