Hebreërs 8:1-13

8  Wat die dinge onder bespreking dan nou betref, is dít die hoofsaak: Ons het só ’n hoëpriester,+ en hy het aan die regterhand van die troon van die Majesteit in die hemele gaan sit,+  ’n openbare dienaar van die heiligdom+ en van die ware tent, wat Jehovah+ opgerig het en nie ’n mens nie.+  Want elke hoëpriester word aangestel om gawes sowel as offerandes te bring;+ derhalwe was dit nodig dat ook dié een iets moes hê om te offer.+  As hy dan nou op aarde was, sou hy nie ’n priester wees nie,+ aangesien daar manne is wat volgens die Wet die gawes offer,  maar hulle verrig in ’n sinnebeeldige voorstelling+ en ’n skaduwee+ van die hemelse dinge heilige diens; net soos Moses, toe hy op die punt gestaan het om die tent+ te voltooi, die goddelike bevel gegee is:+ Want, sê hy: “Sorg dat jy alles maak volgens hulle voorbeeld wat op die berg vir jou gewys is.”+  Maar nou het Jesus ’n uitnemender openbare diens verkry, sodat hy ook die middelaar+ van ’n dienooreenkomstig beter verbond is,+ wat wetlik bevestig is op beter beloftes.+  Want as daardie eerste verbond foutloos was, sou geen plek vir ’n tweede gesoek gewees het nie;+  want hy spreek sy afkeuring van die volk uit wanneer hy sê: “‘Kyk! Daar kom dae’, sê Jehovah, ‘en ek sal met die huis van Israel en met die huis van Juda ’n nuwe verbond sluit;+  nie volgens die verbond+ wat ek met hulle voorvaders gemaak het op die dag toe ek hulle hand gevat het om hulle uit Egipteland uit te lei nie,+ want hulle het nie in my verbond gebly nie,+ sodat ek opgehou het om oor hulle besorg te wees’, sê Jehovah.”+ 10  “‘Want dit is die verbond wat ek ná daardie dae met die huis van Israel sal sluit’, sê Jehovah. ‘Ek sal my wette in hulle verstand sit, en in hulle hart+ sal ek dit skryf. En ek sal hulle God word,+ en hulle sal my volk word.+ 11  “‘En hulle sal hoegenaamd nie elkeen sy medeburger en elkeen sy broer leer en sê: “Ken Jehovah!”+ nie. Want hulle almal sal my ken,+ van die geringste tot die grootste onder hulle. 12  Want ek sal barmhartig wees oor hulle onregverdige dade, en ek sal hoegenaamd nie meer aan hulle sondes+ dink nie.’”+ 13  Deurdat hy sê “’n nuwe verbond”, het hy die vorige verouderd gemaak.+ En wat verouderd gemaak is en oud word, is na aan verdwyning.+

Voetnote