Hebreërs 9:1-28

9  Wat die vorige verbond dan betref, dit het insettinge vir heilige diens+ en sy aardse heiligdom+ gehad.  Want ’n eerste tentafdeling is gemaak,+ waarin die lampstaander+ en ook die tafel+ en die uitstalling van die brode+ was; en dit word “die Heilige”+ genoem.  Maar agter die tweede voorhangsel+ was die tentafdeling wat “die Allerheiligste”+ genoem word.  Dit het ’n goue reukvat+ gehad en die verbondsark,+ wat rondom heeltemal met goud oorgetrek was,+ waarin die goue kruik met die manna+ was en die staf van Aäron wat gebot het+ en die tafels+ van die verbond;  maar daarbo was die glorieryke gerubs+ wat die versoendeksel oorskadu het.+ Maar dit is nie nou die tyd om in besonderhede oor hierdie dinge te praat nie.  Nadat hierdie dinge so gemaak is, gaan die priesters deurentyd in die eerste tentafdeling in+ om die heilige dienste te verrig;+  maar in die tweede afdeling gaan alleen die hoëpriester een keer per jaar in,+ nie sonder bloed nie,+ wat hy vir homself offer+ en vir die sondes wat die volk uit onkunde begaan het.+  So maak die heilige gees dit duidelik dat die weg+ tot in die heiligdom nog nie openbaar gemaak was solank die eerste tent gestaan het nie.+  Dié tent is ’n illustrasie+ vir die vasgestelde tyd wat nou hier is,+ en in ooreenstemming daarmee word gawes sowel as offerandes gebring.+ Dié kan egter nie die man wat heilige diens verrig, tot volmaaktheid bring+ wat sy gewete betref nie,+ 10  maar het net met voedsel+ en drank+ en verskillende dope+ te doen. Dit was wetlike vereistes wat betrekking gehad het op die vlees+ en is opgelê tot die vasgestelde tyd om dinge reg te stel.+ 11  Toe Christus egter gekom het as ’n hoëpriester+ van die goeie dinge wat geskied het, deur die groter en volmaakter tent wat nie met hande gemaak is nie, dit wil sê wat nie van hierdie skepping is nie,+ 12  het hy, nee, nie met die bloed+ van bokke en van jong bulle nie, maar met sy eie bloed,+ eens en vir altyd in die heiligdom ingegaan en ’n ewige verlossing vir ons verkry.+ 13  Want as die bloed van bokke+ en van bulle+ en die as+ van ’n vers wat gesprinkel word op dié wat verontreinig is,+ sodanig heilig dat die vlees rein word,+ 14  hoeveel te meer sal dan die bloed+ van die Christus, wat homself deur ’n ewige gees sonder smet aan God geoffer het,+ ons gewetens van dooie werke+ reinig+ sodat ons heilige diens+ aan die lewende God kan verrig? 15  Daarom is hy dan ’n middelaar+ van ’n nuwe verbond, sodat dié wat geroep is, die belofte van die ewige erfenis kan ontvang,+ aangesien ’n dood plaasgevind het om hulle deur ’n losprys+ te bevry van die oortredings onder die vorige verbond.+ 16  Want waar daar ’n verbond is,+ moet daar die dood van die menslike verbondsluiter wees. 17  Want ’n verbond is geldig oor dooie slagoffers, aangesien dit nooit van krag is terwyl die menslike verbondsluiter lewe nie. 18  Gevolglik is die vorige verbond+ ook nie sonder bloed+ ingewy nie. 19  Want toe elke gebod volgens die Wet deur Moses tot die hele volk gespreek is,+ het hy die bloed van die jong bulle en van die bokke saam met water en skarlaken wol en hisop+ geneem en die boek self en die hele volk besprinkel 20  en gesê: “Dit is die bloed van die verbond wat God julle as ’n gebod opgelê het.”+ 21  En hy het die tent+ en al die houers van die openbare diens net so met die bloed besprinkel.+ 22  Ja, byna alles word volgens die Wet met bloed gereinig,+ en tensy bloed uitgestort word,+ vind geen vergifnis plaas nie.+ 23  Daarom was dit nodig dat die sinnebeeldige voorstellings+ van die dinge in die hemele deur hierdie middele gereinig word,+ maar die hemelse dinge self met offerandes wat beter as sulke offerandes is. 24  Want Christus het nie ingegaan in ’n heiligdom wat met hande gemaak is,+ wat ’n kopie van die werklikheid is nie,+ maar in die hemel self,+ om nou vir ons voor die aangesig van God te verskyn.+ 25  Ook is dit nie om homself dikwels te offer nie, soos die hoëpriester wel van jaar tot jaar+ in die heiligdom ingaan+ met bloed wat nie sy eie is nie. 26  Anders sou hy dikwels van die grondlegging+ van die wêreld af moes ly. Maar nou het hy hom+ eens+ en vir altyd aan die voleinding van die stelsels van dinge geopenbaar+ om sonde deur die opoffering van homself weg te doen.+ 27  En soos dit vir mense weggelê is+ om eens en vir altyd te sterf, maar hierna ’n oordeel,+ 28  so is ook die Christus eens en vir altyd geoffer+ om die sondes van baie te dra;+ en die tweede keer+ dat hy verskyn,+ sal dit afgeskeie van die sonde wees+ en aan dié wat hom vurig verwag vir hulle redding.+

Voetnote