Joël 1:1-20

1  Die woord van Jehovah wat tot Joël, die seun van Peʹtuel, gekom het:+  “Hoor dit, o ouer manne, en luister, alle inwoners van die land.+ Het dit in julle dae plaasgevind, of selfs in die dae van julle voorvaders?+  Vertel dit aan julle kinders, en julle kinders aan hulle kinders, en hulle kinders aan die volgende geslag.+  Wat die ruspe laat oorbly het, het die sprinkaan geëet;+ en wat die sprinkaan laat oorbly het, het die voetganger geëet; en wat die voetganger laat oorbly het, het die kakkerlak geëet.+  “Word wakker, julle dronkaards,+ en huil; en weeklaag,+ al julle wyndrinkers, oor die soet wyn,+ want dit is van julle mond afgesny.+  Want ’n magtige en ontelbare nasie+ het na my land opgetrek. Sy tande is leeutande,+ en hy het die kakebene van ’n leeu.  Hy het my wingerdstok ’n voorwerp van verbasing gemaak+ en my vyeboom ’n stomp.+ Hy het dit gewis kaalgestroop en weggegooi.+ Die lote daarvan het wit geword.  Weeklaag soos ’n maagd wat met saklinne omgord is,+ weeklaag oor die eienaar van haar jeug.  “Graanoffer+ en drankoffer+ is van die huis van Jehovah afgesny; die priesters, die dienaars+ van Jehovah, het getreur.+ 10  Die veld is geplunder,+ die grond het begin treur;+ want die graan is geplunder, die nuwe wyn is opgedroog,+ die olie het verdwyn.+ 11  Landbouers het hulle geskaam;+ wingerdarbeiders het geweeklaag oor koring en oor gars; want die oes op die land het vergaan.+ 12  Die wingerdstok het verdor, en selfs die vyeboom het verwelk. Wat die granaatboom betref, ook die palmboom en die appelboom, al die bome van die veld, hulle het verdroog;+ want verheuging het beskaamd van die mensekinders af weggegaan.+ 13  “Omgord julle en slaan op julle bors,+ priesters. Weeklaag, dienaars van die altaar.+ Kom in, bring die nag in saklinne deur, dienaars van my God; want van die huis van julle God is graanoffer+ en drankoffer teruggehou.+ 14  Heilig ’n vastyd.+ Roep ’n plegtige vergadering byeen.+ Versamel die ouer manne, al die inwoners van die land, by die huis van Jehovah julle God,+ en roep tot Jehovah om hulp.+ 15  “Ag, die dag;+ want die dag van Jehovah is naby,+ en soos ’n plundering van die Almagtige sal dit kom! 16  Is voedsel nie voor ons oë afgesny nie, blydskap en vreugde van die huis van ons God?+ 17  Droë vye het onder hulle skopgrawe verskrompel. Voorraadskure is verwoes. Pakhuise is afgebreek, want die graan het verdroog. 18  Hoe het die mak diere tog gesug! Hoe het die troppe beeste verward rondgedwaal! Want daar is geen weiding vir hulle nie.+ Ook die troppe skape moes die skuld dra. 19  “U, o Jehovah, sal ek aanroep;+ want vuur het die weivelde van die wildernis verteer, en ’n vlam het al die bome van die veld verslind.+ 20  Ook die diere van die veld verlang na u,+ want die waterkanale het opgedroog,+ en vuur het die weivelde van die wildernis verteer.”

Voetnote