Joël 2:1-32

2  “BLAAS ’n horing in Sion+ en hef ’n oorlogskreet aan+ op my heilige berg.+ Laat al die inwoners van die land in beroering kom;+ want die dag van Jehovah kom,+ want dit is naby!  Dit is ’n dag van duisternis en somberheid,+ ’n dag van wolke en dik donkerheid, soos die lig van die dagbreek wat oor die berge uitgesprei is.+ “Daar is ’n talryke en magtige volk;+ sy gelyke is van die onbepaalde verlede af nie tot stand gebring nie,+ en ná hom sal daar nie weer een wees tot die jare van geslag tot geslag nie.  Voor hom uit het ’n vuur verteer,+ en agter hom verslind ’n vlam.+ Soos die tuin van Eden is die land voor hom;+ maar agter hom is ’n verlate wildernis, en ook het niks daarvan ontkom nie.  “Sy voorkoms is soos die voorkoms van perde, en soos ryperde bly hulle hardloop.+  Soos met die geluid van strydwaens op die bergtoppe bly hulle rondhuppel,+ soos met die geluid van ’n vlammende vuur wat stoppels verteer.+ Dit is soos ’n magtige volk wat in slagorde opgestel is.+  Weens hom sal volke ineenkrimp van pyn.+ Wat alle gesigte betref, hulle sal beslis ’n gloed van verontrusting kry.+  “Soos kragtige manne hardloop hulle.+ Soos krygsmanne klim hulle teen ’n muur op. En hulle gaan elkeen in sy eie weë, en hulle verander nie hulle paaie nie.+  En hulle stamp mekaar nie. Soos ’n man op sy weg, bly hulle gaan; en as party tussen die werpspiese val, wyk die ander nie van koers af nie.  “Hulle storm die stad binne. Op die muur hardloop hulle. Teen die huise klim hulle op. Deur die vensters gaan hulle in soos die dief. 10  Voor hom het die land in beroering geraak, het die hemel gebewe. Die son en die maan het donker geword,+ en die sterre het hulle glans ingetrek.+ 11  En Jehovah sal beslis sy stem voor sy krygsmag+ uit laat hoor,+ want sy kamp is baie talryk.+ Want hy wat sy woord uitvoer, is magtig; want die dag van Jehovah is groot+ en baie vreesinboesemend, en wie kan dit deurstaan?”+ 12  “En ook nou”, is die woord van Jehovah, “keer terug tot my met julle hele hart,+ en met gevas+ en met gehuil en met geweeklaag.+ 13  En skeur julle hart+ en nie julle klere nie;+ en keer terug tot Jehovah julle God, want hy is genadig en barmhartig,+ word nie gou toornig nie+ en is oorvloedig in liefderyke goedhartigheid,+ en hy sal beslis spyt voel oor die rampspoed.+ 14  Wie weet of hy sal omdraai en spyt voel+ en daarna ’n seën sal agterlaat,+ ’n graanoffer en ’n drankoffer vir Jehovah julle God? 15  “BLAAS ’n horing in Sion.+ Heilig ’n vastyd.+ Roep ’n plegtige vergadering byeen.+ 16  Versamel die volk. Heilig ’n gemeente.+ Bring die ou manne bymekaar. Versamel kinders en dié wat aan die bors drink.+ Laat die bruidegom uit sy binnekamer uitgaan en die bruid uit haar bruidskamer. 17  “Laat die priesters, die dienaars van Jehovah, tussen die portaal en die altaar+ huil en sê: ‘Voel tog jammer, o Jehovah, vir u volk, en moenie u erfdeel ’n smaad maak,+ sodat nasies oor hulle heers nie. Waarom moet hulle onder die volke sê: “Waar is hulle God?”’+ 18  En Jehovah sal vir sy land ywer+ en sal met sy volk medelye betoon.+ 19  En Jehovah sal antwoord en vir sy volk sê: ‘Kyk, ek stuur vir julle die graan en die nuwe wyn en die olie, en julle sal beslis daarmee versadig word;+ en ek sal julle nie meer ’n smaad onder die nasies maak nie.+ 20  En die noorderling+ sal ek ver van julle verwyder, en ek sal hom na ’n waterlose land en verlate woesteny verstrooi, met sy gesig na die oostelike see+ en sy agterkant na die westelike see.+ En sy stank sal beslis opstyg, en sy slegte reuk sal aanhou opstyg;+ want Hy sal iets groots doen in wat Hy doen.’ 21  “Moenie bevrees wees nie, o grond. Wees bly en verbly jou; want Jehovah sal iets groots doen in wat Hy doen.+ 22  Moenie bevrees wees nie, diere van die oop veld,+ want die weivelde van die wildernis sal beslis groen word.+ Want die boom sal sy vrugte gee.+ Die vyeboom en die wingerdstok moet hulle lewenskragtigheid gee.+ 23  En julle, kinders van Sion, wees bly en verbly julle in Jehovah julle God;+ want hy sal julle sekerlik die herfsreën in die regte maat gee,+ en hy sal ’n stortreën op julle laat neerdaal, herfsreën en lentereën, soos vroeër.+ 24  En die dorsvloere moet vol gesuiwerde graan wees, en die parskuipe moet oorloop van nuwe wyn en olie.+ 25  En ek sal julle vergoed vir die jare wat die sprinkaan, die voetganger en die kakkerlak en die ruspe geëet het, my groot krygsmag wat ek onder julle gestuur het.+ 26  En julle sal beslis eet, eet en versadig word,+ en julle sal sekerlik die naam van Jehovah julle God loof,+ wat so wonderbaar met julle gehandel het;+ en my volk sal tot onbepaalde tyd nie beskaamd staan nie.+ 27  En julle sal moet weet dat ek in die midde van Israel is,+ en dat ek Jehovah julle God is en daar geen ander is nie.+ En my volk sal tot onbepaalde tyd nie beskaamd staan nie. 28  “En daarna sal ek my gees op elke soort vlees+ uitstort,+ en julle seuns en julle dogters+ sal beslis profeteer. Wat julle ou manne betref, hulle sal drome droom. Wat julle jong manne betref, hulle sal visioene sien. 29  En selfs op die diensknegte en op die diensmeisies sal ek in daardie dae my gees uitstort.+ 30  “En ek sal voortekens in die hemel+ en op die aarde gee: bloed en vuur en rookkolomme.+ 31  Die son sal in duisternis verander word+ en die maan in bloed,+ voor die koms van die groot en vreesinboesemende dag van Jehovah.+ 32  En elkeen wat die naam van Jehovah aanroep, sal veilig wegkom;+ want dié wat ontkom het, sal op die berg Sion en in Jerusalem wees,+ net soos Jehovah gesê het, en onder die oorlewendes, wat deur Jehovah geroep word.”+

Voetnote