Joël 3:1-21

3  “Want kyk! in dié dae en in dié tyd,+ wanneer ek die gevangenes van Juda en Jerusalem sal terugbring,+  sal ek ook al die nasies bymekaarbring+ en hulle na die Joʹsafatlaagvlakte+ afbring; en ek sal daar met hulle in die gerig tree weens my volk en my erfdeel Israel,+ wat hulle onder die nasies verstrooi het; en hulle het my land verdeel.+  En oor my volk het hulle die lot bly werp;+ en hulle het die seun in ruil vir ’n prostituut+ gegee, en die dogter het hulle vir wyn verkoop, sodat hulle kon drink.  “En ook, wat het julle met my te doen, o Tirus en Sidon+ en al die streke van Filisteʹa?+ Is dit die behandeling wat julle my as vergelding gee? En as julle my hierdie behandeling gee, sal ek vinnig, gou, julle behandeling op julle hoof laat terugkom.+  Want julle het my silwer en my goud geneem+ en my begeerlike goeie dinge in julle tempels ingebring;+  en julle het die kinders van Juda en die kinders van Jerusalem aan die kinders van die Grieke+ verkoop,+ om hulle ver van hulle gebied te verwyder;+  kyk, ek wek hulle op om uit die plek te kom waarheen julle hulle verkoop het,+ en ek sal julle behandeling op julle hoof laat terugkom.+  En ek sal julle seuns en julle dogters in die hand van die kinders van Juda verkoop,+ en dié moet hulle aan die manne van Skeba+ verkoop, aan ’n nasie ver weg;+ want Jehovah het dit gespreek.  “ROEP dít uit onder die nasies:+ ‘Heilig ’n oorlog! Wek die kragtige manne op!+ Laat hulle nader kom! Laat hulle optrek, al die krygsmanne!+ 10  Smee van julle ploegskare swaarde en van julle snoeimesse+ lanse. Wat die swakke betref, laat hy sê: “Ek is ’n kragtige man.”+ 11  Verleen hulp en kom, alle nasies rondom,+ en kom bymekaar.’”+ Laat u magtiges, o Jehovah, daarheen neerdaal.+ 12  “Laat die nasies opgewek word en na die Joʹsafatlaagvlakte+ optrek; want daar sal ek sit om al die nasies rondom te oordeel.+ 13  “STEEK ’n sekel in,+ want die oes het ryp geword.+ Kom, daal neer, want die wynpers het vol geword.+ Die parskuipe loop oor; want hulle slegtheid het oorvloedig geword.+ 14  Menigtes, menigtes is in die laagvlakte van die beslissing,+ want die dag van Jehovah is naby in die laagvlakte van die beslissing.+ 15  Die son en die maan sal beslis donker word, en die sterre sal hulle glans intrek.+ 16  En uit Sion sal Jehovah brul, en uit Jerusalem sal hy sy stem laat hoor.+ En hemel en aarde sal beslis bewe;+ maar Jehovah sal ’n toevlug vir sy volk wees+ en ’n vesting vir die kinders van Israel.+ 17  En julle sal moet weet dat ek Jehovah julle God is,+ wat woon op Sion, my heilige berg.+ En Jerusalem moet ’n heilige plek word;+ en wat vreemdelinge betref, hulle sal nie meer daardeur trek nie.+ 18  “En in dié dag sal die berge drup van soet wyn,+ en die heuwels sal vloei van melk, en al die stroombeddings van Juda sal vloei van water. En uit die huis van Jehovah sal ’n fontein uitgaan,+ en dit moet die stroomvallei van die Akasiabome natlei.+ 19  Wat Egipte betref, ’n verlate woesteny sal dit word;+ en wat Edom betref, ’n verlate, woeste wildernis sal dit word,+ weens die geweld teenoor die kinders van Juda, in wie se land hulle onskuldige bloed vergiet het.+ 20  Maar wat Juda betref, tot onbepaalde tyd sal dit bewoon word,+ en Jerusalem van geslag tot geslag.+ 21  En ek sal hulle bloed wat ek nie as onskuldig beskou het nie, as onskuldig beskou;+ en Jehovah sal in Sion woon.”+

Voetnote