Amos 1:1-15

1  Die woorde van Amos, wat onder die skaapboere uit Tekoʹa+ was, wat hy oor Israel in ’n visioen gesien het+ in die dae van Ussiʹa,+ die koning van Juda, en in die dae van Jeroʹbeam,+ die seun van Joas,+ die koning van Israel, twee jaar voor die aardbewing.+  En hy het gesê: “Jehovah—uit Sion sal hy brul,+ en uit Jerusalem sal hy sy stem laat hoor;+ en die weivelde van die herders moet begin treur, en die kruin van die Karmel moet verdroog.”+  “Só het Jehovah gesê: ‘“Weens drie opstandige dade van Damaskus,+ en weens vier, sal ek dit nie afwend nie, omdat hulle Giʹlead met ysterdorswerktuie gedors het.+  En ek sal ’n vuur teen die huis van Haʹsael+ stuur,+ en dit moet die woontorings van Ben-Hadad verteer.+  En ek sal die grendel van Damaskus+ verbreek en die inwoner uit Bikat-Awen uitroei en die houer van die septer uit Bet-Eden; en die volk van Sirië sal as ballinge na Kir+ moet gaan”, het Jehovah gesê.’  “Só het Jehovah gesê: ‘“Weens drie opstandige dade van Gasa,+ en weens vier, sal ek dit nie afwend nie, omdat hulle ’n volledige groep ballinge in ballingskap weggevoer het+ om hulle aan Edom uit te lewer.+  En ek sal ’n vuur teen die muur van Gasa+ stuur, en dit moet sy woontorings verteer.  En ek sal die inwoner uit Asdod+ uitroei en die houer van die septer uit Askelon;+ en ek sal my hand teen Ekron+ laat terugdraai,+ en die oorblywendes van die Filistyne moet vergaan”,+ het die Soewereine Heer Jehovah gesê.’  “Só het Jehovah gesê: ‘Weens drie opstandige dade van Tirus,+ en weens vier, sal ek dit nie afwend nie, omdat hulle ’n volledige groep ballinge aan Edom uitgelewer het, en omdat hulle nie aan die verbond van broers gedink het nie.+ 10  En ek sal ’n vuur teen die muur van Tirus stuur, en dit moet sy woontorings verteer.’+ 11  “Só het Jehovah gesê: ‘Weens drie opstandige dade van Edom,+ en weens vier, sal ek dit nie afwend nie, omdat hy sy broer met die swaard agtervolg het+ en sy eie barmhartige hoedanighede verderf het+ en omdat sy toorn tot in ewigheid bly verskeur; en sy grimmigheid—hy het dit vir altyd behou.+ 12  En ek sal ’n vuur in Teman+ stuur, en dit moet die woontorings van Bosra+ verteer.’ 13  “Só het Jehovah gesê: ‘“Weens drie opstandige dade van die kinders van Ammon,+ en weens vier, sal ek dit nie afwend nie,+ omdat hulle die swanger vroue van Giʹlead oopgesny het, om hulle eie gebied uit te brei.+ 14  En ek sal die muur van Rabba+ aan die brand steek, en die vuur moet sy woontorings verteer, met ’n alarmsein op die dag van oorlog, met ’n orkaan op die dag van stormwind.+ 15  En hulle koning moet in ballingskap gaan, hy en sy vorste tesame”,+ het Jehovah gesê.’

Voetnote