Amos 2:1-16

2  “Só het Jehovah gesê: ‘“Weens drie opstandige dade van Moab,+ en weens vier, sal ek dit nie afwend nie, omdat hy die beendere van die koning van Edom tot kalk verbrand het.+  En ek sal ’n vuur in Moab stuur, en dit moet die woontorings van Keʹrijot+ verteer; en met geraas moet Moab sterf, met ’n alarmsein, met die geluid van ’n horing.+  En ek sal die regter daaruit uitroei, en al die vorste daarvan sal ek saam met hom doodmaak”,+ het Jehovah gesê.’  “Só het Jehovah gesê: ‘Weens drie opstandige dade van Juda,+ en weens vier, sal ek dit nie afwend nie, omdat hulle die wet van Jehovah verwerp het+ en sy voorskrifte nie onderhou het nie; maar hulle leuens,+ wat hulle voorvaders gevolg het, het hulle voortdurend laat dwaal.+  En ek sal ’n vuur in Juda stuur, en dit moet die woontorings van Jerusalem verteer.’+  “Só het Jehovah gesê: ‘Weens drie opstandige dade van Israel,+ en weens vier, sal ek dit nie afwend nie, omdat hulle ’n regverdige vir blote silwer verkoop het en ’n arme vir die prys van ’n paar sandale.+  Hulle hyg daarna dat die stof van die aarde op die kop van geringes kom;+ en hulle maak die weg van sagmoediges krom;+ en ’n man en sy vader het na dieselfde meisie toe gegaan,+ om my heilige naam te ontheilig.+  En op klere wat as pand geneem is, strek hulle hulle langs elke altaar+ uit;+ en die wyn van dié wat beboet is, drink hulle in die huis van hulle gode.’+  “‘Maar wat my betref, ek het weens hulle die Amoriet verdelg,+ wie se hoogte soos die hoogte van seders was en wat vol krag was soos die groot bome;+ en ek het sy vrug bo en sy wortels onder verdelg.+ 10  En ek het julle uit Egipteland laat optrek,+ en ek het julle veertig jaar lank deur die wildernis laat gaan,+ om die land van die Amoriet in besit te neem.+ 11  En ek het van julle seuns as profete+ bly verwek en van julle jong manne as Nasireʹërs.+ Moet dit dan nie so wees nie, o kinders van Israel?’ is die woord van Jehovah. 12  “‘Maar julle het die Nasireʹërs wyn bly gee om te drink,+ en julle het die profete beveel en gesê: “Julle mag nie profeteer nie.”+ 13  Kyk, ek laat dit wat onder julle is, swaai soos die wa swaai wat vol pas gesnyde graan van ’n ry gesaaides is. 14  En ’n toevlugsoord moet vir die vinnige verlore wees,+ en geen sterke sal sy krag versterk nie, en geen sterk man sal aan sy siel ontkoming verskaf nie.+ 15  En geen boogskutter sal bly staan nie, en geen vlugvoetige sal ontkom nie, en geen perderuiter sal aan sy siel ontkoming verskaf nie.+ 16  En hy wat sterk van hart onder die sterk manne is, hy sal op dié dag naak vlug’,+ is die woord van Jehovah.”

Voetnote