Amos 3:1-15

3  “Hoor hierdie woord wat Jehovah oor julle gespreek het,+ o kinders van Israel, oor die hele familie wat ek uit Egipteland laat optrek het,+ deur te sê:  ‘Julle alleen het ek uit al die families van die aarde+ geken.+ Daarom sal ek van julle rekenskap eis vir al julle oortredings.+  “‘Sal twee saamloop tensy hulle mekaar volgens afspraak ontmoet het?+  Sal ’n leeu in die woud brul wanneer hy geen prooi het nie?+ Sal ’n jong maanhaarleeu sy stem uit sy skuilplek laat hoor as hy hoegenaamd niks gevang het nie?  Sal ’n voël in ’n valstrik op die grond val wanneer daar vir hom geen strik is nie?+ Spring ’n valstrik van die grond af op wanneer dit hoegenaamd niks gevang het nie?  As ’n horing in ’n stad geblaas word, bewe die volk dan nie ook nie?+ As rampspoed in die stad plaasvind, is dit dan nie ook Jehovah wat opgetree het nie?  Want die Soewereine Heer Jehovah sal niks doen tensy hy sy vertroulike saak aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie.+  ’n Leeu het gebrul!+ Wie sal nie bang wees nie? Die Soewereine Heer Jehovah het gespreek! Wie sal nie profeteer nie?’+  “‘VERKONDIG dit op die woontorings in Asdod en op die woontorings in Egipteland+ en sê: “Versamel julle teen die berge van Samariʹa,+ en aanskou die baie oproere daarbinne en gevalle van bedrog daarin.+ 10  En hulle het nie geweet hoe om te doen wat reg is nie”,+ is die woord van Jehovah, “dié wat geweld+ en plundering in hulle woontorings opgaar.”’ 11  “Daarom, só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Daar is ’n teenstander rondom die land,+ en hy sal beslis jou krag van jou wegneem, en jou woontorings sal geplunder word.’+ 12  “Só het Jehovah gesê: ‘Net soos die herder twee pootjies of ’n stukkie oor uit die bek van die leeu wegruk,+ so sal die kinders van Israel weggeruk word, dié wat in Samariʹa op ’n pragtige slaapbank+ en op ’n Damaskener-divan+ sit.’ 13  “‘HOOR en gee getuienis+ in die huis van Jakob’, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah, die God van die leërs. 14  ‘Want die dag dat ek van Israel rekenskap eis+ vir sy opstandige dade, sal ek ook van die altare van Bet-El rekenskap eis;+ en die horings van die altaar sal beslis afgekap word en op die grond val.+ 15  En ek sal die winterhuis+ saam met die somerhuis+ platslaan.’ “‘En die huise van ivoor sal moet vergaan,+ en baie huise sal tot niet moet gaan’,+ is die woord van Jehovah.”

Voetnote