Amos 4:1-13

4  “Hoor hierdie woord, o koeie van Basan,+ wat op die berg van Samariʹa+ is, wat die geringes te kort doen,+ wat die armes verdruk, wat vir hulle here sê: ‘Bring tog, en laat ons drink!’  Die Soewereine Heer Jehovah het by sy heiligheid gesweer:+ ‘“Kyk! Daar kom dae oor julle, en hy sal julle beslis met slagtershake optrek en die laaste deel van julle met vishoeke.+  En deur gate in die muur sal julle uitgaan,+ elkeen reguit vorentoe; en julle sal beslis na Harmon uitgewerp word”, is die woord van Jehovah.’  “‘KOM na Bet-El en begaan oortredings.+ Begaan herhaalde oortredings by Gilgal,+ en bring julle offerandes in die oggend, julle tiendes op die derde dag.+  En laat van iets gesuurds ’n dankoffer rook,+ en roep vrywillige gawes uit;+ verkondig dit, want so het julle daarvan gehou, o kinders van Israel’,+ is die woord van die Soewereine Heer Jehovah.  “‘En wat my betref, ek het julle ook reinheid van tande gegee+ in al julle stede en gebrek aan brood in al julle plekke;+ maar julle het nie tot my teruggekeer nie’,+ is die woord van Jehovah.  “‘En ek het ook die stortreën van julle teruggehou toe dit nog drie maande voor die oes was;+ en ek het dit op een stad laat reën, maar op ’n ander stad het ek dit nie laat reën nie. Op een stuk land het dit gereën, maar ’n stuk land waarop ek dit nie laat reën het nie, het verdroog.+  En twee of drie stede het na een stad gestrompel om water te drink,+ en hulle het nie genoeg gekry nie; maar julle het nie tot my teruggekeer nie’,+ is die woord van Jehovah.  “‘Ek het julle met verskroeiing en heuningdou getref.+ Julle tuine en julle wingerde het vermeerder, maar die ruspe het julle vyebome en julle olyfbome verslind;+ tog het julle nie tot my teruggekeer nie’,+ is die woord van Jehovah. 10  “‘Ek het ’n pes soos dié van Egipte onder julle gestuur.+ Met die swaard het ek julle jong manne doodgemaak,+ saam met die wegvoering van julle perde.+ En ek het die stank van julle kampe voortdurend laat opstyg, ja, tot in julle neusgate;+ maar julle het nie tot my teruggekeer nie’,+ is die woord van Jehovah. 11  “‘Ek het ’n verwoesting onder julle veroorsaak, soos God se verwoesting van Sodom en Gomorʹra.+ En julle was soos ’n stomp wat uit die vuur geruk is;+ maar julle het nie tot my teruggekeer nie’,+ is die woord van Jehovah. 12  “Daarom sal ek so aan jou doen, o Israel. Omdat ek so aan jou sal doen—maak jou gereed om jou God te ontmoet,+ o Israel. 13  Want kyk! die Formeerder van die berge+ en die Skepper van die wind,+ en die Een wat die mens vertel wat sy gedagtes is,+ die Een wat die dagbreek donkerte maak+ en die Een wat op die aarde se hoogtes wandel,+ Jehovah, die God van die leërs, is sy naam.”+

Voetnote