Amos 5:1-27

5  “Hoor hierdie woord wat ek as ’n klaaglied oor julle aanhef,+ o huis van Israel:   “Die maagd,+ Israel, het geval;+Sy kan nie weer opstaan nie.+Sy is verlate in haar land;Niemand help haar op nie.+  “Want só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Die stad wat met duisend uitgetrek het, sal honderd oorhê; en die een wat met honderd uitgetrek het, sal tien oorhê, vir die huis van Israel.’+  “Want só het Jehovah vir die huis van Israel gesê: ‘Soek my,+ en bly lewe.+  En moenie Bet-El+ soek nie, en na Gilgal+ moet julle nie kom nie, en na Berseʹba moet julle nie oortrek nie;+ want Gilgal sal vir seker in ballingskap gaan;+ en wat Bet-El betref, dit sal iets bonatuurliks word.+  Soek Jehovah, en bly lewe,+ sodat hy nie losbreek soos vuur,+ o huis van Josef,+ en verteer nie, en Bet-El nie sonder iemand is om dit te blus nie,+  julle wat geregtigheid in blote als verander+ en wat regverdigheid teen die grond gewerp het.+  Die Maker van die Kima-sterrebeeld+ en die Kesil-sterrebeeld,+ en die Een wat diep skaduwee+ in oggend verander en die Een wat die dag so donker soos die nag gemaak het,+ die Een wat die waters van die see roep, sodat hy dit op die oppervlak van die aarde kan uitstort+—Jehovah is sy naam;+  hy wat ’n plundering oor ’n sterke laat flits, sodat daar selfs oor ’n vesting plundering kom. 10  “‘In die poort het hulle ’n teregwyser gehaat,+ en hulle verfoei iemand wat volmaakte dinge spreek.+ 11  Daarom, omdat julle landhuur van ’n geringe afpers en die skatting van graan van hom bly neem,+ het julle huise van gekapte klip gebou,+ maar julle sal nie daarin bly woon nie; en begeerlike wingerde het julle geplant, maar julle sal nie die wyn daarvan bly drink nie.+ 12  Want ek het geweet hoe baie julle opstandige dade+ is en hoe magtig julle sondes is,+ julle wat ’n regverdige vyandiggesind is,+ julle wat swyggeld neem+ en wat armes in die poort weggewys het.+ 13  Daarom sal hy wat insig het, in dié tyd stilbly, want dit sal ’n rampspoedige tyd wees.+ 14  “‘Soek wat goed is, en nie wat sleg is nie,+ sodat julle kan bly lewe,+ en sodat Jehovah, die God van die leërs, met julle kan wees soos julle gesê het.+ 15  Haat wat sleg is, en wees lief vir wat goed is,+ en gee geregtigheid ’n plek in die poort.+ Miskien sal Jehovah, die God van die leërs, aan die oorblywendes van Josef+ guns betoon.’+ 16  “Daarom, só het Jehovah, die God van die leërs, Jehovah, gesê: ‘Op al die openbare pleine sal daar ’n geweeklaag wees,+ en in al die strate sal mense sê: “Ag! Ag!” En hulle sal ’n landbouer moet roep om te treur,+ en dié wat ervare in rouklag is om te weeklaag.’+ 17  ‘En in al die wingerde sal daar geweeklaag wees;+ want ek sal deur jou midde trek’,+ het Jehovah gesê. 18  “‘Wee dié wat smag na die dag van Jehovah!+ Wat sal die dag van Jehovah dan vir julle beteken?+ Dit sal duisternis wees en geen lig nie,+ 19  soos wanneer ’n man vir die leeu vlug, en die beer kom hom teë; en soos wanneer hy in die huis ingegaan en met sy hand teen die muur geleun het, en die slang het hom gebyt.+ 20  Sal die dag van Jehovah nie duisternis wees, en nie lig nie; en sal dit nie donkerheid hê, en nie glans nie?+ 21  Ek het julle feeste gehaat, dit verwerp,+ en ek sal nie die reuk van julle plegtige vergaderinge geniet nie.+ 22  Maar as julle heelbrandoffers aan my bring,+ sal ek selfs in julle offergawes geen behae skep nie,+ en julle gemeenskapsoffers van vetgemaakte diere sal ek nie aansien nie.+ 23  Verwyder van my die rumoer van jou liedere; en mag ek die melodieuse klank van jou snaarinstrumente nie hoor nie.+ 24  En laat geregtigheid voortrol net soos waters,+ en regverdigheid soos ’n standhoudende stroom.+ 25  Het julle veertig jaar lank in die wildernis offerandes en offergawes aan my gebring, o huis van Israel?+ 26  En julle sal beslis Sakkut, julle koning,+ dra en Kaiwan, julle beelde, die ster van julle god, wat julle vir julle gemaak het.+ 27  En ek sal julle anderkant Damaskus in ballingskap laat gaan’,+ het hy gesê wie se naam Jehovah, die God van die leërs, is.”+

Voetnote