Amos 6:1-14

6  “Wee dié wat in Sion gerus is+ en dié wat op die berg van Samariʹa vertrou! Hulle is die vooraanstaandes van die vernaamste deel van die nasies, en na hulle het die huis van Israel gekom.  Trek oor na Kalne en kyk; en gaan daarvandaan na die volkryke Hamat,+ en gaan af na Gat+ van die Filistyne. Is hulle beter as hierdie koninkryke, of is hulle gebied groter as julle gebied?+  Sit julle die rampspoedige dag uit julle gedagtes,+ en bring julle die setel van geweld nader?+  Julle wat op ivoorslaapbanke+ gaan lê en op julle divans uitgestrek lê en die ramme uit ’n kudde en die jong bulle onder vetgemaakte kalwers eet;+  wat volgens die klank van die snaarinstrument+ liedjies maak; wat, soos Dawid, vir hulle instrumente vir sang+ uitgedink het;  wat uit bakke vol wyn drink+ en wat hulle met die keurigste olies+ salf en wat nie weens die katastrofe van Josef+ siek geword het nie.  “Daarom sal hulle nou in ballingskap gaan aan die voorpunt van dié wat in ballingskap gaan,+ en die swelgery van dié wat uitgestrek lê, moet verdwyn.  “‘Die Soewereine Heer Jehovah het by sy eie siel gesweer’,+ is die woord van Jehovah, die God van die leërs: ‘“Ek verfoei die trots van Jakob,+ en sy woontorings het ek gehaat,+ en ek sal die stad oorlewer met alles wat dit vul.+  En as daar tien manne in een huis oorgebly het, moet hulle ook sterf.+ 10  En sy vader se broer sal hulle een vir een moet uitdra en sal hulle een vir een verbrand, om die beendere uit die huis uit te bring.+ En hy sal vir wie ook al in die binneste vertrekke van die huis is, moet sê: ‘Is daar nog by jou?’ En hy sal beslis sê: ‘Niemand!’ En hy sal moet sê: ‘Bewaar die swye! Want dit is nie die geleentheid om die naam van Jehovah enigsins te vermeld nie.’”+ 11  “‘Want kyk, Jehovah gee bevel,+ en hy sal beslis die groot huis tot puin platslaan en die klein huis tot brokstukke.+ 12  “‘Sal perde op ’n krans hardloop, of sal iemand met beeste daar ploeg? Want julle het geregtigheid in ’n gifplant verander+ en die vrug van regverdigheid in als, 13  julle wat julle verbly in iets wat nie is nie;+ wat sê: “Het ons nie in ons krag vir ons horings verkry nie?”+ 14  Kyk! Ek verwek ’n nasie teen julle,+ o huis van Israel’, is die woord van Jehovah, die God van die leërs, ‘en hulle sal julle onderdruk van die ingang van Hamat+ af tot by die stroomvallei van die Aʹraba.’”

Voetnote