Amos 7:1-17
7 Dit het die Soewereine Heer Jehovah my laat sien, en kyk! hy het ’n sprinkaanswerm gevorm toe die laat saaisel begin opkom het.+ En kyk! dit was die laat saaisel ná die gesnyde gras van die koning.
2 En toe hulle klaar die plante van die land opgeëet het, het ek gesê: “O Soewereine Heer Jehovah, vergewe asseblief.+ Wie van Jakob sal opstaan? Want hy is klein!”+
3 Jehovah het hieroor spyt gevoel.+ “Dit sal nie gebeur nie”, het Jehovah gesê.
4 Dit het die Soewereine Heer Jehovah my laat sien, en kyk! die Soewereine Heer Jehovah het geroep om ’n twis deur middel van vuur;+ en dit het die groot waterdiepte verteer en die stuk land verteer.
5 En ek het gesê: “O Soewereine Heer Jehovah, laat staan asseblief.+ Wie van Jakob sal opstaan? Want hy is klein!”+
6 Jehovah het hieroor spyt gevoel.+ “Ook dit sal nie gebeur nie”, het die Soewereine Heer Jehovah gesê.
7 Dit het hy my laat sien, en kyk! Jehovah het op ’n muur gestaan wat met ’n skietlood gemaak is,+ en daar was ’n skietlood in sy hand.
8 Toe het Jehovah vir my gesê: “Wat sien jy, Amos?” En ek het gesê: “’n Skietlood.” En Jehovah het verder gesê: “Kyk, ek plaas ’n skietlood in die midde van my volk Israel.+ Ek sal hom verder nie meer verskoon nie.+
9 En die hoogtes van Isak+ sal beslis in puin gelê word, en die heiligdomme+ van Israel sal verwoes word;+ en ek sal met ’n swaard teen die huis van Jeroʹbeam opstaan.”+
10 En Amaʹsia, die priester van Bet-El,+ het na Jeroʹbeam,+ die koning van Israel, gestuur en gesê: “Amos het binne die huis van Israel ’n sameswering teen u gesmee.+ Die land kan nie al sy woorde verdra nie.+
11 Want só het Amos gesê: ‘Deur die swaard sal Jeroʹbeam sterf; en Israel sal vir seker uit sy land in ballingskap gaan.’”+
12 En Amaʹsia het vir Amos gesê: “O siener,+ gaan, maak dat jy wegkom na die land van Juda, en eet daar brood, en daar kan jy profeteer.
13 Maar in Bet-El mag jy verder nie meer profeteer nie,+ want dit is die heiligdom van ’n koning+ en dit is die huis van ’n koninkryk.”
14 Toe het Amos geantwoord en vir Amaʹsia gesê: “Ek was nie ’n profeet nie, en ook was ek nie die seun van ’n profeet nie;+ maar ek was ’n veewagter+ en ’n prikker van die vye van wildevyebome.
15 En Jehovah het my agter die kleinvee weggeneem, en Jehovah het vir my gesê: ‘Gaan, profeteer teen my volk Israel.’+
16 Hoor dan nou die woord van Jehovah: ‘Sê jy: “Jy mag nie teen Israel profeteer nie,+ en jy mag geen woord teen die huis van Isak laat val nie”?+
17 Daarom, só het Jehovah gesê: “Jou vrou sal in die stad ’n prostituut word.+ En jou seuns en jou dogters sal deur die swaard val. En jou grond sal met die meetsnoer verdeel word. En jy sal in ’n onrein land sterf;+ en Israel sal vir seker uit sy land in ballingskap gaan.”’”+