Amos 8:1-14

8  Dit het die Soewereine Heer Jehovah my laat sien, en kyk! daar was ’n mandjie somervrugte.+  Toe het hy gesê: “Wat sien jy,+ Amos?” En ek het gesê: “’n Mandjie somervrugte.”+ En Jehovah het verder vir my gesê: “Die einde het vir my volk Israel gekom.+ Ek sal hulle verder nie meer verskoon nie.+  ‘En die tempelliedere sal in dié dag ’n geweeklaag wees’,+ is die woord van die Soewereine Heer Jehovah. ‘Daar sal baie lyke wees.+ Op elke plek sal hulle beslis uitgegooi word—stilte!’  “Hoor dit, julle wat na ’n arme hap,+ ja, om ’n einde aan die sagmoediges van die aarde te maak,+  deur te sê: ‘Hoe lank sal dit wees voordat die nuwemaan verby is+ en ons graansoorte kan verkoop?+ Ook die sabbat,+ en ons graan te koop kan aanbied; om die efa klein te maak+ en die sikkel groot te maak en die weegskaal van bedrog te vervals;+  om geringes vir blote silwer te koop en ’n arme vir die prys van ’n paar sandale, en sodat ons blote graanafval kan verkoop?’+  “Jehovah het by die Verhewenheid van Jakob+ gesweer: ‘Nooit sal ek al hulle werke vergeet nie.+  Sal dit nie hieroor wees dat die land in beroering sal kom+ en elke inwoner daarvan sal moet treur+ en dit in sy geheel beslis sal opkom net soos die Nyl en onstuimig sal wees en wegsak soos die Nyl van Egipte nie?’+  “‘En in dié dag’, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah, ‘sal ek die son op die middaguur laat ondergaan,+ en ek sal duisternis oor die land bring op ’n helder dag. 10  En ek sal julle feeste in rou verander+ en al julle liedere in ’n klaaglied, en ek sal op alle heupe saklinne laat kom en op elke kop kaalheid;+ en ek sal dit maak soos wanneer daar oor ’n enigste kind gerou word+ en die eindresultaat daarvan soos ’n bitter dag.’ 11  “‘Kyk! Daar kom dae’, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah, ‘en ek sal ’n honger in die land stuur, nie ’n honger na brood nie en nie ’n dors na water nie, maar om die woorde van Jehovah te hoor.+ 12  En hulle sal beslis van see tot see strompel en van die noorde tot by die sonsopgang. Hulle sal bly rondswerf op soek na die woord van Jehovah, maar hulle sal dit nie vind nie.+ 13  In dié dag sal die mooi maagde flou word, ook die jong manne, van die dors;+ 14  dié wat by die skuld van Samariʹa sweer+ en wat sê: “So waar as jou god lewe, o Dan!”+ en “So waar as die weg van Berseʹba+ lewe!” En hulle sal beslis val, en hulle sal nie weer opstaan nie.’”+

Voetnote